Waarom is my kop so groot?

So maak ek toe vanoggend die tweede troosdiens in twee dae klaar. Toe is ek ook sommer klaar. Miskien was ek dalk nie so eerlik gister toe ek gesê het sulke dienste is so maklik nie… die een ding wat ons in enige hulpverlenings beroep leer, is om empatie te hê met mense. Maar nie om hulle las op ons eie skouers te pak en vanaand daarmee te gaan slaap nie… Ek kry dit nie altyd reg nie. Mense se seer raak my maar altyd, diep.

Van Standerd 8 af was daar een manier wat my koppie weer laat ophou raas het. Adrenalien. Soos in Motorfiets gaan ry. Vrydag is mos eintlik my afdag, behalwe wannneer dit nie my afdag kan wees nie- soos in ‘n troosdiens, sien? Soms sê ons ons wens mense wil net ‘n maand voor die tyd aansoek by die kerkkantoor doen om hemel toe te gaan, dan kan ons dit beter skeduleer op ons dagboeke…

My een goeie vriend, ook my Diensverhoudingsbestuurder, is op verlof. En hy ry ‘n baie mooi nuwe Truimph 8oocc dueler. Dis sy laaste werksdag af- en hy sê vroeër in die week ons moet gaan ry. Kollega het onlangs ook ‘n 8oo cc gekoop- ‘n antieke Suzuki, ek dink ‘n SV. Hy wil ook saamgaan.

Die troosdiens begin 11 uur, ek hou nooit sommer langer as 1/2 uur aan nie, mense kan mos maar net soveel hanteer op so ‘n hartseer dag. Ek gaan drink ook tee saam met die familie, en is net voor 12 tuis. Wat ‘n kontras! Een oomblik by ‘n troosdiens in ‘n baadjie en das. Die volgende oomblik in my denim, veiligheidskoene, Poison Rally T-Hemp, Motorfietsbaadjie… Van Dominee na Biker in 10 minute…

Nou is daar ‘n probleem. Ek het my motorfietshelm nodig om te gaan ry. En daardie dekselse 16 jarige seun van my het MY heml gevat om skool toe te ry. In my huis is daar omtrent 7 verskillende helms. Myne is die enigste een wat nog ‘n “visor” ophet. En boetman kry koud in die oggend op pad skool toe. Toe vat hy maar myne.

Dis waar die groot kop inkom. Nee, ek dink regtig nie ek is beter as ander mense nie. Nee, ek het niks om oor snobisties te wees nie, behalwe dalk my pragtige nuwe amper 5 jaar oue Corolla. Maar Steve Hofmeyr het lank gelede al gesê manne wat wit Corolla’s ry is vervelig … ek sal my vrou nog eendag daaroor moet vra as sy in ‘n goeie bui is…

Nee, ek het fisies ‘n groot kop. En lekker bak ore soos radarskottels op Mariepskop. En dit maak dat ek ‘n XXL helm nodig het om al daardie verstand, of Torcelli se lugleegte, veilig op ‘n motorfiets wettig te mag vervoer. Byna niemand wat ek ken, besit XXL helms nie. My liewe seuns kan almal in ‘n Medium inpas. Die Hoërskool is ‘n totale afstand van 720 meter ver. Oopgesig helms sal jou nie in die Bosveld hipotermie gee in 720 meter nie.

Dis toe die probleem vanoggend in die pastorie. Pa wil dringend saam met sy vriende gaan bike ry. Boeta het die helm. Pa is die duiwel in, en dreig met gesinsgeweld. Uiteindelik het die groen monster op die erf opgedaag, Pa sy helm gegryp met ‘n beduiwelde gesinsuitdrukking…

Maar weet julle, selfs as die ou 650 cc’tjie opstaart, dan begin die lewe baie beter voel! Daardie gevoel van die wegtrek, die eerste draai. Die wonderlike gevoel om uit die dorp se grense uit te ry. Daar is sulke pragtige bome in ons gebied. Die mooiste maroelabome. Wilde olyfbome. En soveel ander wat jare gaan vat om te leer. Langs die pad speel rooibokke. Die pad kronkel so lekker deur die rante na die buurdorp toe. In my truspieëltjie die ligte van die twee 800 cc’s- my vriend op die Truimph is maar baie versigtig! En kollega se Suzi kan seker nie…🙂

Ons het die wonderlikste ritjie gehad tot by die Dokter in die buurdorp. Daar het ons van oom Charles se lang glase koeldrank geneem, en ‘n bordjie tjips. Daarna die pad terug huis toe. By die huis het ek aangekom, verfris, vervars, en gereed vir my middagslapie…

Nou hoekom het ek tyd om sulke nonsens te skryf? Want my vrou het my alweer verlaat… Ousus is terug in Gomorra, ouboet werk by die restaurant, en die jongste twee lê en slaap hier voor die televisie… Ek kyk ‘n fliek wat opgeneem is, Vince Vaugh is irriterend maar Jennifer Connely is altyd pragtig…
Ek voel eensaam sonder my vrou, die bed is koud, en die ysbere is baie…

Gelukkig het sy net saam met haar suster na haar ma se huis toe gegaan, om weer totsiens te sê vir haar Ierse sussie… Sy is Sondag weer terug…
So… eensaam en verveeld… jy seker ook as jy so ver gelees het!

Nommer Drie…

en Nommer 4…

7 thoughts on “Waarom is my kop so groot?

  1. So verlig daar was nie gesinsgeweld nie. Ek het dit mos in my aard om altyd ‘n oplossing te soek…. al waaraan ek kan dink is ‘n M helm met die nodige.. wat noem jy dit?

  2. ja nee kyk, jy moet ook nie met my man en sy bikes en helmets sukkel nie – he-he. darem nie so erg nie, hy kom net alive op sy bike. ek hou ook daarvan, maar ek ‘n fairweather biker, definitief nie in koue en reen nie, maar ja – daar is niks om jou stresvlakke te laat daal soos op ‘n bike nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s