‘n Dag van drome…

Ja Nee, vandag is sover ‘n dag van drome:

Eers het ek en my seuns die Bloubulle teen die Crusaders gekyk. Dit was ‘n nagmerrie.

Toe kyk ons die Sharks teen die Reds- dit was ‘n lekker droom.

Daar is ‘n “Fly Inn” by ons vliegveld vandag. Die Harvard klub is hier. Om vliegtuie te gaan kyk, is altyd vir my baie lekker- die droom wat ek nie genoeg nagejaag het in die lewe nie.

Die wonderlike nuus is: ‘n mens kan vir ‘n draai in die Harvard gaan. Een van die vlieëniers saam met wie jy kon vlieg, is die kaptein van die Boeing 747 wat in 1995 so laag oor Ellispark met die wêreldbeker gevlieg het! Dit moet ‘n droom wees! Toe die nagmerrie- Dit kos R1700 vir so kwartier se draaitjie… As ek nou R1700 gehad het, het ek dit ingesit vir ‘n nuwe kamera se deposito! Maar dit moet baie, baie lekker wees…

‘n Ander vliegtuig waarmee ek so verskriklik graag vir ‘n draaitjie sou wou gaan:

Die vliegveld was ‘n droom, behalwe dat ek nou nie kon bekostig om in enige vliegtuig te spring nie!

Om halfses vanmiddag gaan ons in die kerkgebou ‘n wonderlike stukkie bediening bywoon- “Van binnekamer tot Troonkamer” wat oor aanbidding deur koordanse gaan. Ek sien baie daarna uit, dis vir my altyd een van die mooiste vorms van aanbidding!

En dan gaan ek by ‘n goeie vriend wors braai terwyl ons die Hugenote kollege ondersteun…

Dan gaan ek weer alleen in my bed klim vanaand… ‘n nagmerrie…

6 thoughts on “‘n Dag van drome…

  1. Ek sien nou die wedstryd was nog erger vir Bjorn Basson as vir my- hy is geopereer vir geskeurde ingewande in ‘n NZ hospitaal, sal ten minste 5 dae in die hospitaal moet bly en nog 5 in NZ herstel voor hy gereed sal wees om huis toe te vlieg. Ek bid saam dat dit met hom goed sal gaan!

  2. Onlangs kon ek ‘n bucket-list vrees-droom afmerk toe ek onverwags genooi is vir ‘n helikoptervlug. Sommer so vir niks kon ek inklim vir ‘n joyride. Om so om die draai van my geliefde berg gezhush te kom en dan die bloue see te sien lê kan nie in woorde vasgevang word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s