Dis Arc de Triomphe tyd op die Tour de France!

Dis weer tyd vir my jaarlikse geloofsworsteling. Gaan ek soos ‘n goeie gelowige vanaand se aanddiens bywoon in die gemeente? Of gaan ek aan die versoeking toegee, en enduit die Tour de France geniet, tot die laaste televisieonderhoud met die helde uitgesaai is? Soms is dit net voor die kerkdiens, net-net klaar, meestal nog nie…

Vanjaar se Tour was wel effens voorspelbaar- ek het aan die begin gesê ek stem saam met die kommentators dat dit Bradley Wiggins se jaar vir die geel trui is. Ek het wel gedink Cadel Evans gaan tweede wees, maar dit was nou nie bedoel om te wees nie. Maar wat ‘n verrassing was Christopher Froome van die Sky span nie gewees nie! Gebore in Kenya, grootgeword in Suid-Afrika, nou ‘n Britse burger. Hou hom dop vir ‘n toekomstige wenner!

Die gentlemen’s agreement van die Tour de France is: die Tour is gisteraand reeds gewen.  Bradley Wiggins moet net half nugter en regop oor die wenstreep op sy fiets bly.  Op hierdie oomblik is hulle 69 km van die eindstreep af. Daar word nie vandag teen mekaar gejaag nie. Tot by die laaste 8 laps van die Tour de France op die Champs Ellysee.  Dan is dit volspoed al die pad- dit is ‘n saak van eer om die laaste stuk so in die openbaar te wen. Ek raai: Hou vir Mark Cavendish vanmiddag daar dop!  Bradley Wiggins sal waarskynlik bietjie veiliger speel en nie te hard druk nie. Niemand wil egter vandag daar val nie- die Olimpiese spele is binne ‘n week vir hulle- en dit bly die enkele eer wat dalk net groter as ‘n Tour Wen kan wees… Nah… ek dink die Tour is die toppunt- dis darem net soveel meer werk as een glorieryke daggie in Londen!

Wat die Tour so goed maak, is ook die televisiedekking. Het jy al mooi geluister na die kommentaar van Phil Liggitt en Paul Sherwen? Om so interessant te bly praat vir ure aanmekaar! Die twee manne doen ‘n uitstekende werk om die Tour te verduidelik en ons op hoogte te hou. Ek geniet dit so dat hulle hul huiswerk so goed doen, en vir ons al die besienswaardighede langs die pad so mooi beskryf, met geskiedkundige detail en interessante koeitjies en kalfies oor elkeen…

Wie is dié manne? Paul Sherwen het sewe keer die Tour  gery. Nooit gewen nie. Hy woon in Kampala, Uganda, waar hy ‘n aandeel in ‘n goudmyn het.

Paul Sherwen
Foto- Wikipidea

Phil Liggitt  is nou al 69 jaar oud!  Hy was ‘n amateur fietsryer, maar het eerder gekies om professioneel in die uitsaaiwese in te gaan.  Dis so lekker dat sy stem elke jaar ook op die Argus se kommentaar gehoor kan word.  Hoekom praat hy elke keer van die Suid Afrikaanse vlag? Want hy is die meeste van die tyd hier! Hy het ‘n huis in die Suid-Kaap en ‘n wildsplaas op die grens van die Kruger Wildtuin. Dankie Wikipidea, ek het dit ook nie geweet nie!

Phil Liggitt-
Foto- Wikipidea

Hierdie twee kommentators maak die Tour soveel interessanter- baie dankie vir hulle!

Om die liefde vir die Tour de France te verstaan- gaan lees gerus Lance Armstrong se boeke: It’s not about the bike, en Every Second count.

Daar is agter die skerms sulke wonderlike tradisies  en gentlemen’s agreements. Ja, dis ‘n harde wedren. Spanwerk is uiters belangrik.  Maar waar dit jou nie benadeel nie, help jy ander in nood. “Give an inch, gain a friend…”

Daar is gewoonlik baie respek tussen die ryers, en as iemand selfsugtig is, is daar maniere om hom weer terug te bring aarde toe.

Die manne kom nou in Parys al hoe nader aan die 8 Champs rondtes- en dan gaan ek nie hier sit en tik nie, dit gaan al my aandag trek!

Daar is die bordjie- D1- Paris Centre…  Daar is die Eiffel Toring nou!

So van my kant af: baie geluk Bradley Wiggins- uitstekende wedren!
Baie geluk Chris Froome- dit was ‘n wonderlike ry, en ek het respek oor hoe jy Bradley ondersteun het in die berge, selfs die skofoorwinning  wat jy opgeoffer het om ‘n goeie spanmaat te wees.

Dalk die laaste woordjie- hierdie ene was nie so opwindende Tour soos voriges nie- dalk net te voorspelbaar? Ek mis die vuurwerke van Andy Schleck en Alberto Contador- soos daardie roemryke dag teen die Col de Tourmalet uit!

Ek wens die manne wil nou ophou met die “doping”- niemand wen op die lang termyn daarmee nie.

Dankie vir elke Sportman en -vrou wat deur harde werk en toewyding my inspireer met hulle deelname in hulle dissipline van sport!

49.7 km oor- daar gaan hulle verby die goue standbeeld van Jeanne de Arc- hier kom dit nou!  Champs Ellysee! Team Sky neem die voortou, en gee vir George Hincapie die voorpunt- dit is sy laaste Tour van 16!  Hier kom die vuurwerke nou!

Vive la Tour!

12 thoughts on “Dis Arc de Triomphe tyd op die Tour de France!

  1. 9 kilometer oor. Wat ‘n wonderlike toer vir Peter Sagan- groentrui wenner (meeste punte) – hy het die meeste punte vir ‘n groen trui sedert 1982! En dan natuurlik: Thomas Voeckler die polkadot trui (koning van die berge)- hierdie manne het uitstekende toere gehad.
    Respek vir Darryll Impey van Suid-Afrika, wonderlike toer gehad en ons naam hoog gehou. En jammer vir Robbie Hunter vir sy vroeë uittrede uit die Tour na drie groot valle!

    • Na Contador is enige iets seker moontlik. Maar ek gaan my dood huil as dit waar is- ek het die wêreld se respek vir Lance… Ek volg hom op twitter, en hy is redelik omgekrap oor hierdie dinge deesdae…

      • Wat my nogal met hierdie stories bekommer, is hoeveel van dit toegesmeer word omdat daar groot borgskappe en groot maatskappye betrokke is. Ek lees die naweek dat Phelps nie regtig by daai Olimpiese spele 8 medaljes gewen het nie, maar 7. Wat nogsteeds ongelooflik is, maar nie so goed lyk soos 8 nie. Ek sidder om te dink wat REGTIG daar buite aangaan in die sportwêreld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s