Fietsry Glorie en ander sportstories…

Ek lê nou in aanddiens tyd hier voor my televisie, met die laptop oop op die koffietafel. Ek het vir ‘n slag weer ‘n Migraine. Dit voel asof sewe mynwerkers met jackhammers in my skedel inboor. Die Myprodol wat my geliefde vir my gevoer het, laat alles so dof en ver voel.

Son sê so wreed op facebook dis van al die Olimpiese spele kyk…  Dalk is sy reg- wyse vrou daardie!

So ek wil nie baie hmm en haaa vandag nie. Ek wou net sê:

Padfietsry is my sport, al lyk ek soos die heel laaste ou in die wêreld wat dit moet waag. Dis die Argus se skuld, sien?! Daar is net niks lekkerder as dit nie! Die fietsry, en die kuier by wonderlike Kaapse pelle (wat ongelukkig almal vir die Stormers skree… maar wie het nou nie foute in die lewe nie?)

Ek wil net graag vir Alexander Vinikourov van Kazhakstan geluk wens met sy goue medalje gister. Ek het eerlik gedink Mark CAvendish gaan dit doen, op papier was hy die gunsteling. Vinikourov is afgskryf as te oud, en aan die einde van sy loopbaan.  Boonop was sy Tour de France nou nie opspraakwekkend nie. Maar op die dag wat dit saakmaak, het Alexander gewys wat nog in hom steek. Daar is net niks soos ‘n groot droom, gemeng met talent, fiksheid en vasberadenheid om jou heel beste te lewer nie. Baie, baie respek Alexander! En Fabian Cancelara. daardie val in die draai, waaroor jy so gehuil het op die eindstreep- dis nou waarlik ‘n hartebreker! Een sekonde se konsentrasie verloor en siedaar! Jammer ouboet!  Die skuif wat Vinokourov gemaak het om verby Uran Rigoberto van Columbië te kom toe hy anderkant toe gekyk het in die pylvlak, was briljant! Baie netjiese taktiese wen. Rigoberto het silwer gekry, en Kristof Alexander van Noorweë die brons. Die wentyd was 5 h 45 min 57 sekondes – baie goed gedoen!

Vanmiddag se vroue padwedren was net so skouspelagtig, indien nie beter as die mans s’n nie. Die vrou kry mos maar altyd die “raw deal” in die lewe- vandag het dit honne en katte en tannie Bets met knopkieries gereën- uiterste moeilike omstandighede om warm te bly, en om regop te bly in die draaie.

Die Nederlander Marianne Vos was die gunsteling, en sy het ook gewen. Baie goed gedoen op die nat pad!

Silwer medalje is die eerste vir Brittanje vir hierdie spele-  Lizzie Armitstead, en brons gewen deur Rusland se Olga Zabelinskaya.

Ek het ook nou gelê en hokkie kyk. Die Argentiniërs is darem besig om onse Protea alies lelik te skop- 5-1 ten tye van publikasie…

Ek wou net sê: Ek dink Suid Afrika se vroue atlete kry nie naastenby die erkenning van die manssportsoorte nie. Kyk watter staatmaker is Pietie Coetzee vir ons land se hokkie, al van 1995 af op die toneel om ons land te verteenwoordig. En ek was nie eers presies seker hoe sy lyk nie. As hierdie hokkiedames byvoorbeeld dieselfde salarispakkette sou kry as die Blou Bulle, of dalk die Springbokke- hoe sou die span dan daar uitsien?  Hierdie is Pietie se 3e Olimpiese spele, sy was ook in 2000 en 2004 in die span. 200 doele in meer as 200 internasionale wedstryde- dit wil gedoen wees!

Pietie Coetzee, ek salueer jou! .

Maar die mooiste Olimpiese sport bly maar:

Ek wonder hoekom?

4 thoughts on “Fietsry Glorie en ander sportstories…

  1. Die fietsry gogga het my ook nou gebyt! Wil volgende jaar my eerste Argus gaan doen. Dankie vir hierdie lekker oorsig – dis lekker man! Wel uit ‘n manlike oogpunt is die bikini girls van die voleybal span seker die mooiste…..ek dink weer swem en gimnastiek is aantreklik!

    • Verstaan nou BAIE goed waar die migraine vandaan kom!!! Maar sterkte, hoop dit wyk deur die nag. En dankie vir inspirerende kommentaar.

    • Gevaarlike byt daardie Erna, van 1995 af kon ek nog nooit weer nee sê vir die roepstem van die Argus nie… Ja nee, eintlik is elke sport vir my baie mooi- die toewyding en dissipline daaraan, soos in vanoggend se preek gesê… Ek hou verskriklik baie van die skerm ook, ek het dit in Std 6 en 7 gedoen daar in Natal- en dit is een van die mees onbekende sportsoorte in ons land!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s