Die kerk vandag…?

Apology- this picture belongs to Daniel B Lane, but it really really was exactly what my mood felt like today. Sorry Daniel!

  •  In die tradisionele kerk wil almal graag terugsit, en bedien word.
  •  Die dominee word betaal om my te maak op die swaai.
  •  As die laaste ou lekker swaai, het die eerste ou alweer heeltemal tot stilstand gekom…
  • As die dominee my nie maak nie, dan loop ek…

Party dae words ‘n mens hartlik moeg daarvoor om agter almal aan te hardloop, en nêrens heen op pad te wees nie!

En dit, liewe Inkwisisie, is hoekom dit lekker sou wees om wel nog anoniem te wees.  Ek wou graag hier kon sê as ‘n mens die dag lekker gatvol vir die mensdom is, sonder dat dit ‘n Buitengewone Ringsitting word…

Ek het gedog kerkwees gaan so lyk:

 

11 thoughts on “Die kerk vandag…?

  1. Ek verstaan presies hoe jy voel. Soms wens ek ek kon anoniem vir mense sê hoe hulle moet ophou om hulle soos paloekas in gastehuise te gedra, hoe hulle moet ophou om my kussings om te ruil mnet hulle eie voosgeslaaptes, ophou snotbolletjies op die vloere skiet, ophou chips vreet in die bed en die tamatiesous op die beddegoed blerts, ophou naels verf en my beddegoed/yskaste/meubels bederf, ophou om ekstra kinders in te smokkel en dan op banke laat slaap en en en. Maar mens kan nie eintlik nie…

  2. Ek het die voorreg (?) om met die jeug te werk. In kerk verband.

    Wee die een wat buite die tradisie tree. Wee die een wat nie met ‘n ‘band’, slideshows, dvd’s en ‘n ligvertoning die Woord vir my ‘lekker’ maak nie. Wee die een wat van my verwag om self die Woord te lees. Wee die een wat my nie opgefire kry vir die week nie.

    Ek het ook gedink mens wil bietjie self effort insit in die lewe

  3. Ek hoor jou! Ek raak omgekrap as ek in my spreekkamer soveel seer sien onder kinders. Ek wil sommige ouers aan hulle kele gryp en hulle skud tot daar niks oor is nie, maar ek kan nie. Daar is n groot leemte in ‘parenting skills’ vandag en dis tyd dat baie ouers wakker skrik en hulle Godgegewe taak volbring. Hoekom is daar so n slapgeit? Omdat God nie meer vir mense belangrik is nie. Soos jy se hulle wil bedien word in die kerk – gesus word en hoor nie meer die stem van die Here nie. Sterkte vir jou en doet so voort al veroorsaak dit n Buitengewone Ringsitting!

  4. Is dit net ek wat so dink, of bepaal ‘n mens se opvoeding dan nie hoe jy jouself gedra op enige plek nie? En dis nou van gastehuise tot in die kerk. Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek ook kwaad was vir die kerk oor die dominee, maar gelukkig het ek intussen groot geword. ‘n Dominee is nie God nie en ook maar net mens. Give the man a brek!😉

  5. Hier is ek Plasie, kerklo(o)s. God(de)loos selfs word daar beweer.
    Ek het so gemaak nie oor die dominee nie, nie oor die kerk nie (hoewel ek aanvanklik so gedink het) maar omdat ek gevoel het – en steeds so voel – dat ek meer vir die mensdom in die algemeen beteken as ‘n “free agent” as wat ek kon vermag as lidmaat van ‘n spesifieke Godsdienstige groepering.

    Dus, vir jou wat geroepe voel tot die bediening en daarom daardie frustrasies daagliks moet trotseer. My innige simpatie.

  6. “Die waarheid sonder empatie skep brutaliteit in verhoudings.
    Empatie sonder die waarheid maak verhoudings vol van stroperige sentimentaliteit.
    `n Goeie mengsel van empatie en waarheid skep kwaliteit verhoudings. ”
    het die gay dominee op LitNet blogs nou die dag geskryf. Hoekom is ons te bang om eerlik te sê wat ons dink? Veral in die kerk? Miskien bang vir judgement?

  7. Dis vir my ‘n groot bekommernis. Ek kry die gevoel dat ons westerlinge so gepaai moet word, so net gepreek moet word soos wat ons van God wil hoor, ons skep eintlik ons eie god wat presies so is soos ons daarvan hou. Solank die “show” goed is, is dit oraait. sjoe!! Gaan ek nou aangekla word dat ek oordeel? Dan is dit reg so. Maar ons sal ons oogklappe moet afhaal. Die vyand is besig om ons baie vinniger te bekruip as wat ons dink. ek kry julle so jammer wat soveel moeite doen en dan net ‘n spul dikbekke kry daarvoor.

  8. Weet jy hoe verfrissend dit is ‘n dominee die kerk-masker afhaal en weer mens word? Mag meer manne (en vroue) van bedienings (van dominee tot in die kleinste omgeegroep) jou eerlikheid aangryp, en gemeentes inspireer om te besef die roeping is nie net die predikant s’n nie, maar vir elke lidmaat. Die waarheid, so sê ‘n spreekwoord, sal eers seermaak en dan vry maak. Dankie hiervoor…

  9. So ‘n bek kort jam. In hierdie metafoor moet ons maar soms onsself maak en partykeer die ouens wat dit nie kan doen nie, leer om hulle self te maak. As die speelgrond so baie swaaie op het en net een ou wat maak is dit ‘n total waste. As die ouens mekaar maak en beurte neem om te oefen totdat altwee dit self kan regkry dan kan almal mos eventually lekker saam swaai.

    Ons leef op ‘n oorlogskip en nie ‘n dekselse passasierskip nie. Ek weet van geen oorlogskip waar die kaptein die matrose met ‘n skinkbord bedien en sal toelaat dat enige een van die outjies hom aanvat oor die roete wat hy ry nie. Ek het nog baie te se oor die metafoor maar sal self daaroor blog.

    dankie vir jou insig wat jy deel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s