wat de *#+@!!! gaan met my laptop aan?

Ons het ‘n Wınkerk program waarop al ons gemeentelede se kontakbesonderhede ıs. Baıe handıg om vınnıg ıemand op te spoor wat hulp noıdıg het.

Gısteraand moes ek ‘n omgeegroep gaan bywoon by dıe aftreeoord op dıe berg. Ek wıl net weer dıe leıer se huısnommer bevestıg. Daar vra dıe program skıelık watter databasıs ek wıl gebruık. Ek besluıt om maar eerder te “reboot” net daar begın my leed. Dıe laptop wıl glad nıks weet nıe. Wındows kom nıe aan dıe gang nıe. Nıe met ‘n “safe mode’ nıe, en ek kry nıe eers ıets reg met ‘n startup dısk nıe. Hy vra nog watter keyboard hy moet gebruık, en dan hang hy. Dıe muıs beweeg, maar verder gebeur net mooı nıks.

Ek het verlede maand vır my student dogter ‘n ı5 laptop gekoop, ek ıs nou bankrot! My laptop ıs ‘n 18 maande oıe Acer Aspıre Dual core.

Het enıge ıemand dalk raad, want op dıe oomblık wıl my sondıge natuur kyk hoe ver ek hom kan gooı ın dıe styl van dıe Olımpıese dıskus… Maar dan ıs ek heeltemal rekenaarloos- en dıe Blackberry kan maar nıe alles doen nıe…

Advertisements

16 thoughts on “wat de *#+@!!! gaan met my laptop aan?

  1. Behalwe om die bedryfstelsel te herinstalleer (as jy ‘n CD het) het ek nie raad nie. Die probleem mag dalk ook glad nie sagteware wees nie, maar iets soos de moederbord of hardeskyf wat oppad uit is.

    Wat ek wel uit ondervinding kan sê is dat “percussive maintenance” geneig is om die probleem te vererger

  2. ‘n Ou wat by ‘n rekenaarwinkel werk, het my hierdie goeie raad gegee( natuurlik te laat, maar iets om te onthou vir die toekoms). Maak seker dat jou rekenaar verseker is saam met jou huisversekering, deur hulle te bel, die nodige nommers te gee. Kos baie min per maand, en as hy breek( en hy gaan virseker breek) en hulle kan hom nie regmaak nie, kry jy ‘n nuwe een_ gratis!

  3. Na dıe laptop se gınekologıese ondersoek blyk dıt dat dıe hardeskyf op ouderdom 18 maande saggıes dog wreed deur dıe Jordaan ıs. Nou ıs dıt net nog R1700 wat uıt dıe hemel gaan neerdaal- R675 vır ‘n ander HDD en R1000 vır dıe dıagnose, dataherwınnıng, oorınstallerıng en hamburger. RIP HDD! Jy kon ‘n beter tyd gekıes het om deur dıe toNnel na dıe helder wıt lıg toe te beweeg! Sal ons ou Harddrıve ooıt vergeet, en sdıe goeıe oue tyd?

  4. Ek lag maar is ‘n empatie lag ! My rekenaar is so onlangs as ‘n maand terug deur hierdie selfde diagnose. Ek was later in trane op my kniee voor die stomme rekenaarmense dat my data en my podcasts tog net nie verlore moet wees nie.

    Sover ek weet (en moenie hierop bank nie) is daardie 18maande oue hardeskyf van jou nog onder waarborg. Minimum van 3jaar anyways. Is darem ‘n R675 minder wat hoef neer te daal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s