Maandagoggend se begeerte vir ‘n Tattoo…

Ek het weer ‘n besondere naweek in my lewe beleef. Daar het so baie dinge in die 48 uur gebeur van Vrydagaand tot Sondagaand.

Eers het my Biker vriende ‘n klein, dog baie suksesvolle Rally aangebied net buite die dorp- die Pork Chop Rally. Daar was so 249 inskrywings as ek reg onthou. Dit is baie kleiner as die Poison of Rhino of Buff… maar dit was tog baie lekker so op ons voorstoep. DIt is die beste bygewoon deur die Ghost Riders klub, gevolg deur verskeie takke van die Road Hogs…  Ek het dit geniet om daar te sit, so bietjie seerowerkoeldrank te drink en oor mooi Bikes, Spoed en derglike dinge te gesels…

Saterdagoggend was daar weer by die baie klein plattelandse buurgemeentetjie ‘n basaar met ‘n bergfiets wedren. EK woon dit elke jaar by, want so drie jaar gelede het my jongste ‘n pragtige Silverback bergfiets ter waarde van R3500 in die gelukkige trekking gewen- ek sou nooit vir hom self so ‘n mooi fiets kon koop nie! Maar die probleem is: elke jaar hierdie tyd is ek lekker onfiks. EK het my Schwinn Fastback se voorwiel op 11 Maart op die Kaapse Waterfront uitgehaal, en nog nooit weer teruggesit nie!

Verlede jaar ry ek saam met jongste. My bergfiets het Continental Town & Country bande op- nog geskik vir harde grondpad, maar sand? Nee… Ek het binne 3 kilometer 3 keer geval verlede jaar. Gelukkig was ons toe al ver agter, want ek het baie donker Afrikaans gebesig daar in die middel van die mielieland!

Hierdie jaar het ek sommer tjiep Swallow Knobblies opgesit. Maar my vriend by die fietswinkel leen toe vir my sy ordentlike ouer bergfiets- ‘n Giant met skyfremme voor en agter, asook skokbrekers voor en agter. En sandbande… Die fiets ry fantasties! Die probleempie is- die boer om wie se groot mielieland ons ry, het sy grondpaaie langs die landerye ook gedis- weet jy hoe voel kilometers aanmekaar in dik sand as jy onfiks is? My longe brand nou nog! Ek het so 6 km uitgehou, en toe besluit om maar eerder saam met die boer in sy bakkie te gaan ry. Jongste is lekker fiks, hy doen landloop, en is baie, baie ligter as sy pa- hy het sommer so oor die sand gesweef tot by die wenstreep, baie ingenome met homself!

Gister was ‘n harde dag in die lewe van ‘n DOOM! Ek het die oggenddiens gepreek, toe die belydenisklas gevat, en weer die aand gepreek- twee splinternuwe preke vir die week, niks Canfruit gebruik nie!  Intussen het Federer ook gaan staan en verloor!

Gisteroggend se preek het oor Johannes 6: 60-71 gegaan. En more hou ek Bybelstudie- ook oor hierdie gedeelte. Onse krag gaan 10uur tot 16h00 afgaan vandag, en ek wou die Bybelstudiemateriaal maar vroeg uitwerk om betyds deur die kerkkantoor uitgedruk te word vir almal. Ek sit elke week ook ‘n toepaslike prentjie by.

En so, terwyl ek ‘n prentjie soek oor Petrus se pragtige belydenis in Johannes 6:68, kom ek op hierdie tatoeërmerk af op die Internet. Ek weet, ek weet- dis mos die duiwel! Veral op die platteland gaan die mense nie so gemaklik wees soos by my goeie vriend in Bloubergstrand nie… En tog- ek sou regtig baie daarvan hou om so ‘n tatoeërmerk te hê! Nou wat staan in Johannes 6:68? Dis die vraag…

9 thoughts on “Maandagoggend se begeerte vir ‘n Tattoo…

  1. My volgende ‘ink’ is geteken en as die vondse uit die hemele daal gaan ek dit opsit *smile*

    Reken as jou ink ‘n belydenis is vs ‘n fashion statement is dit each to his own.

  2. Dis n stukkie persoonlike belydenis en as jy goed genoeg daaroor voel om dit te dra ten aanskoue van die wereld, dan DOEN dit. Dit is jou keuse en besluit en basta met die res – jy gaan altyd teestand kry. Maar asb in verstaanbare afrikaans!!! Kan nie wag om ons doom met n tattoo te sien nie. O wee ek kan al die kommentaar hoor, maar wat wou. Go for it!!

  3. ja, jou vriend in bloubergstrand se tattoos is very nice …😉

    ja man, kry een – lekker. of twee of drie. ek het een en maak gereed vir die tweede een en my man het drie, en maak gereed vir die vierde een.

    ek het om my pols – Jehovah Jireh – want ek is ‘n groot stresser en dan moet ek daagliks remind word hieraan …😉

    my man was moslem gewees en het tot bekering gekom met isaiah 43:1 – dis op ‘n kruis op sy arm. so, ons is ook “kerkloos” – die een met die bakstene – die tattoos maak altyd gesprekke oop – veral omdat ons ‘n moslem van het en my man ‘n baie moslem naam ook het …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s