Baie Dankie Londen 2012!!!

Ek het die Olimpiese Spele baie geniet. Ons het nuwe helde gevind- Cameron van den Burgh, Chad le Clos, ons roeiers, Burrie Stander, en vele vele meer van ander lande wat ons geïnspireer het.

Sommiges het groot terugslae gehad, maar teruggekom om klaar te maak. Soos Fabian Cancelara.

Ander was sommer windgat omdat hulle so goed is- soos Usain Bolt. Ander het met hulle medemenslikheid my hart aangeraak, soos Kirani James wat in die uitdun al sy nommer met Oscar Pistorius geruil het uit respek.

Oscar Pistorius staan vir my kop en skouers uit as my held vir die Olimpiese Spele 2012- hy het my geïnspireer met sy moed en sportmanskap.

En nou is dit verby…

Dit was vir my so aangrypend- die woorde van Jacques Rogge- “We call on the youth of the World, to gather in four years time in Rio de Janeiro, to compete in the 31 st modern Olympic Games… ”

Ja, ek weet dis tradisie om te nooi. Maar daar lê ook ‘n uitdaging in. Daar lê 4 jaar voor waarin jy die beste kan probeer word in jou sportdissipline, en dan gaan meeding teen die beste van die bestes…

Ek voel so geïnspireerd ek wil sommer ‘n haelgeweer gaan koop en begin kleiduiwe skiet… of ‘n boog of ‘n perd. Die hardloop en fietsry en swem sal nou nie werk nie… ouderdom en liggaamsbou…

Maar baie dankie. Al het die Engelse my weer verdomp tot 01h10 besig gehou vanoggend. Hoekom het al my musiekhelde so oud geword?

Die vlam is nou dood. Maar in my hartjie smeul ‘n vonkie…

5 thoughts on “Baie Dankie Londen 2012!!!

  1. My dokter het my verbied om hierdie jaar se olympics te kyk omdat die manne en maninne se pogings my miltsteek erg laat opvlam.

    Ek het baie sleg gevoel daaroor en het opsluit die naweek besluit om op te begin oefen sodat ek kykfiks genoeg kan wees om dalk nog hierdie jaar so 20minute van ‘n springbok wedstryd te kan kyk. Die gedagte aan oefen het my so uitasem gemaak dat ek maar bietjie moes gaan lê sodat die gevoel kan oorgaan.

    Duidelik het ek ‘n tydelike breinfloute gehad, maar ek is nou weer beter. Dié slag gelukkig sonder om nog ‘n duur klerestaander by die sportwinkel te gaan koop. ‘n Mens kan eenvoudig nie ‘n dieselenjin so over rev nie, jy sal die ding sieze…en my lieftallige vroutjie sê sy wil my nog vir so rukkie aanhou as mak huisdier.

    Ek luister altyd vir my lieftallige vroutjie.

  2. Dit was n herlike kyktyd gewees en ja n inspirerende een. Ongelukkig op my jare duur die inspairasie nie te lank nie – nie omdat ek nie wil nie, maar my lyf se vir my whoa! En die musiek helde wat so oud geword het – dankie tog daarvoor. Daardie pad is ons almal beskore en ek sien ek het nogal minder tekens van die mylafstand as wat sommige van hulle het. DIT is inspirerend!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s