60 Minute voor opdraftyd…

Ek weet ek is maar baie stil deesdae hier rond. Sorry.  Ek het net baie lanklaas so ‘n tyd in my bediening beleef.  Daar het seker 8 maande verby gegaan wat almal in die gemeente mooi aan die lewe gebly het. En toe kom Augustus!

Elfuur het ek my sesde begrafnis in vier weke.  Donderdag oggend die sewende een.

Augustus is al klaar die moeilikste maand van die jaar, want op die eerste Saterdag van September hou ons Fees, beter bekend as kerkbasaar. Ek is verantwoordelik vir die vleis op die basaar. En ek moet sorg dat daar nie minder as R120 000 van die vleis af inkom nie. Daarom was die vorige twee weke, tussen die begrafnisse deur, gevul met vleis werkery.

Vanoggend se begrafnis ruk my weer baie. Behalwe dat ek nog glad nie die griep afgeskud het nie, sukkel ek met vanoggend se diens. Ek begrawe ‘n jong man van 39. Hier in ons gemeenskap was hy stil en rustig. Maar ses jaar gelede het hy nog bomme onskadelik gestel in Irak.  Met al daardie spanning in sy lyf het hy maar gesukkel met maagsere.  Een het gebars, en na binne die buik moeilikheid veroorsaak. Hy het septisemia opgedoen, wat sy organe lelik aangeval het- die jong man is in 40 dae in die ICU in Polokwane se staatshospitaal deur 7 hartaanvalle.  Hy het verlede week nie die operasie oorleef om die voedingsbuis te skuif nie.

Ek het twee weke gelede sy vrou se pa ook begrawe, na ‘n stryd teen kanker verloor is.  Hulle het die pragtigste 5 jarige dogtertjie.

Party mense loop darem net sulke baie seer paaie in die lewe.  In sulke tye in my lewe lees ek maar Philip Yancey se boeke. “Where is God when it hurts” het al vir my so baie beteken. En soms, as ‘n mens lekker opstandig raak oor die wêreld so reuse gemors kan wees by tye, “Dissapointment with God”…

Dit bly seker maar die grootste worstelstryd in my gemoed- die vraag hoekom lyding in hierdie lewe so erg kan wees.  Ek het baie mooi preke daaroor gemaak- Psalm 23 waar die Here saam met ons in die donker dieptes is.  Die vierde man saam met Daniël se vriende in die vuuroond, wat soos ‘n hemelse wese lyk.  Vanoggend se preek- Romeine 8: 37-39- Meer as oorwinnaars, selfs in lyding…

Ek weet ook Khalil Gibran het so mooi geskryf dat pyn die instrument is wat ons uithol sodat ons meer vreugde kan bevat…

Al hierdie dinge is sekerlik waar. Ek is nie ‘n goeie pastor nie. Mense se seer kom klim in my lyf in.  Ek kan nie net vergeet as ek van hulle af wegstap nie.  Ek lê in die aande en dink aan hierdie dinge, en bid…

Maar net soms wil ek ook maar net langs die waters waar daar vrede is, onder die wilgerboom op die groen gras gaan lê, en kyk hoe die swane stadig verby swem…

Beautiful photo by: dailyphotostream.blogspot.com

13 thoughts on “60 Minute voor opdraftyd…

  1. “Ek is nie ‘n goeie pastor nie. Mense se seer kom klim in my lyf in.”

    My liewe Oom Doom – DIT is wat jou ‘n goeie pastor maak. Om mense se seer in jou binneste te voel is net so groot las as wat dit ‘n genadegawe is.

    Ons weet baie dinge Bileam ons verstaan nie. Ek dink ons is nie veronderstel om altyd te verstaan nie. Ons moet glo. Dit is net so vrek moeilik somtyds.

  2. Ditto wat Vlooi hierbo sê.
    Jy het ‘n kapasitiet vir empatie wat heelwat groter of beter ontwikkel is as die gewone ou, en dit laat ‘n blywende indruk op almal met wie jy in aanraking kom. Daarvan kan ek getuig. Dit maak jou allermins ‘n slegte pastor, so laat staan maar daai gedagte.

    Dat dit jou binnegoed op ‘n knop jaag kan ek wel verstaan, en dit is nogal ‘n stywe prys om te betaal. Die wêreld het heelwat meer van jou soort nodig, of ten minste vir jou nodig vir nog so paar dekades, so haal asem, spandeer tyd met jou ondersteuningsnetwerk en pas jouself op.

  3. Bileam, ek dink (voel en glo) dat “pastore”/pastors in verskillende vorme kom. Jou stuk hierbo (en die trane in my oë) wys hoe jy geraak word deur mense, hulle stories en die dinge wat oor hulle pad kom. As mense iets van wat jy hier skryf in jou oë of lyf kan sien of dalk jou woorde kan hoor, is ek seker hulle is dankbaar vir jou teenwoordigheid in dié donker tye.
    Die goed is darem maar net hartseer …

  4. Ek dink aan jou en jy is in my gebedjie vanaand. As mens nie self kan voel nie, kan jy nie met mense simpatiseer en empatiseer nie. Mag jou gebeentes sterk wees om die ander se seer te help dra.

  5. Jy is n mens met soveel diepte en omgee dat dit seermaak! Maar weet net jy word waardeer en jou liefde en empatie is so deel van jou soos jou geliefde ysterperd. Ons sal nooit pyn en lyding verstaan nie maar dir is hoekom die Vader vir ons mense soos jy gegee het om ons in seer tye te help. Dit is hoekom ons – deel van die donkie brigade – daar is om jou in ons gebede op te dra en te weet die Vader dra jou. Dankie vir wie jy is.

  6. Ek voel ook deesdae asof ander se seerkry my onderkry. Doen op die oomblik ‘n kursus van Beth Moore genaamd, ‘To LIve Is Christ’ oor die lewe van Paulus (Handelinge en sy briewe) en kry heeltemaal ‘n ander perspektief oor swaarkry 2 Kor 1:8 sê Paulus hul het deur hardship gegaan, far beyond wat hulle kon endure, “so that we despaired even of life”. Ons dink partymaal as jy ‘n Christen is mag jy nie wys jy word oorweldig nie, in elk geval gaan mense dink jy’t nie genoeg geloof nie. Ek dink die essensie is dat ons moet leer van liefde, God se liefde vir ons en hoe om liefde te gee vir onsself en ander. En dat dit altyd vir ons HOOP sal gee. Daar is altyd HOOP.

  7. Jesus het jou geroep om in sy voetspore te loop…. en sy hart vir mense in jou binneste te voel klop. Groot roeping. Dra jou op voor die Troon.

  8. Pingback: Lees-en-Waardeer « Kouevuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s