By die Sinode praat ons baie…

Op hierdie oomblik sit ek en my Swartbessie in die Noordelike Sinode se sitting by Weesgerus, Nylstroom.

Ek hou van die gesindheid van die Sinode. Toe ek destyds, 18 jaar gelede, my eerste Sinode bygewoon het, was dit nog in die Sinodale Sentrum in Visagiestraat, Pretoria. Ons moes nog in kerkpakke daar gaan sit in ‘n uiters formele omgewing, soos ‘n Parlementsgebou. Jare voor my tyd sou die manne (dames was nog nie toegelaat nie) in manelpakke bymekaar wees vir twee weke om Sinode te hou. As baie jong onervare domineetjie moes ons ook nog ‘n baadjie aanhê as ons sou waag om iets te sê. Die Sinode was deur die Ooms bestuur- die waardige OU here van die ou gemeentes in Pretoria. En die Profs. Hulle en waardige ouderlinge soos Generaals het gepraat, ons jonges het geluister en gesjarrap.

Dit het so baie verander! Die wit olifant, die Sinodesentrum, is verkoop. Dis baie goedkoper om die Sinode op die platteland te hou, as daardie duur sittings van destyds. Maar ek mis die Manhatten hotel se ontbyte!

Al is my huis baie naby, bly ek en kollega in ons karavane op die terrein, om deel te wees van wat gebeur.

Hierdie Sinode se karakter het verander. Weg is die pakke en die magsvertoon. Die tema van hierdie sinode is Gebrokenheid, Vrygespreek, Diensbaar. Ons wil nie meer heers nie. Ons is self gebroke. Maar ons wil so graag ‘n verskil in Afrika maak. Want ons is nou hier.

Ons sit nie meer in stywe rye nie. Ons sit om ronde tafels en luister saam na die Here in Jesajatekste, en na mekaar. Ons het gister begin met ‘n kerse aansteek seremonie as simboliek van ons voorbidding- vir die slagoffers van Marikana, maar ook die slagoffers van die jongste plaasmoorde in ons gebied in Brits… Vir die Paralimpiese atlete van Suid-Afrika, vir ons Jeug…

Gister was ‘n lang dag in sitting. Maar na die tyd was dit nog beter! My vrou se ou Speedqueen se stainless steel drom maak baie lekker vuur. En rondom die vuur kon ons by die karavane sit, saam met ‘n kollega van Zimbabwe en Ellisras, Tuynplaas en Levubu. Sommiges het koffie gedrink, sommiges Coke, en sommiges van die stoutes het die Hugenote Kollege se verslag deeglik bestudeer. Nee, dit was eintlik ‘n 3 jaar oue Kommissie van Waarheid en Versoening verslag…

Die wasmasjien balie het sulke oranje discoliggies geflits, die voggies het ons tonge los gemaak en groot waarhede is gepraat. Die netwerke wat so gebou word, maak so ‘n groot verskil in ons lewens. Daar is begrip vir ons situasie, empatie vir ons seer, nuwe gedagtes, nuwe drome wat ontstaan.

So, al is dit baie moeilik om so lank in ‘n vergadering te sit, gebeur daar nogal inspirerende dinge- dalk kan ons tog ‘n verskil in Afrika maak!

9 thoughts on “By die Sinode praat ons baie…

  1. my vermoede is dat te veel mense vir te lank gedink het oom dome en hul mede-predikers is nie ook mense nie 🙂
    ek hou van wat ek lees. dit maak my glimlag en besef – as net ek ‘n verskil maak is dit genoeg.

  2. Dit is mos nou hoe besprekings gedoen moet word, in my jare in die goverment se diens het ek altyd gesê daardie netwerk beteken meeste van die tyd meer as dit wat in die amptelike besprekings gesê word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s