Matriekafskeid

Cobra Starship kreun dit oor die dilapidated kegelspeakers uit:  “You make me feel… la la la la la…”

Oom Kallie se geleende, blinkgepoetsde Mercedes E 55 AMG brul met sy V8 kompressor enjin oor die rugbyveld, en kom tot stilstand voor die rooi tapyt.

Die effens verwarde graad 11 meisietjie met die mikrofoon roep hulle name uit, en vertel hoe hulle die rooi tapyt besit vanaand.

Hy klim uit met die Truworths Man broek, die Brooks Brothers hemp en Armani das. Die hare is netjies gejel, die Oakley Sonbril stewig op die neus vas.  Hy hardloop om die voertuig, om die deur vir Haar oop te maak. Die eerste span Hokkie kaptein. Lang, lenige sportiewe bene skuif eerste tot binne sig van die versamelde skare. Die fynste silwer sandale, tone wat die graad 8′ seuns in verwondering het. Die wynrooi rok, wat soveel maande lank sorgvuldig beplan is, word vir die eerste keer in die openbaar gesien.  Dit komplimenteer die blonde hare, wat vanoggend die hele salon in rep en roer gehad het.  Dis die tweede mooiste wat sy in haar lewe gaan lyk, daar wag eendag, in die toekoms, ‘n wit rok wat haar nog mooier gaan laat lyk…

Hy bied haar sy arm aan, en dan stap hulle op die rooi tapyt verby die pawiljoen, daardie sestig meter stappie wat gesamentlik R200 per meter gekos het…

Oor twee weke begin die matriek eindeksamen.  Die keuring vir Veeartseny is nog nie bekend gemaak nie. Maar met 8 potensiële onderskeidings sal daar waarskynlik weer ‘n briefie van Onderstepoort af kom: Jammer, as gevolg van akademiese redes het u aansoek nie geslaag nie.  Ook sy aansoek by die Vloot lê en wag tevergeefs- die Vloot neem net elke 2e jaar deesdae rekrute in- en dan moet jy reeds in besit wees van jou fisiese matrieksertifikaat, niks gaan dus voor Augustus 2013 besluit word deur die Militêre Hoofkantoor in Thaba Tswane nie…

Twaalf jaar se skoolopleiding is byna verby. Die pad van die toekoms, met al sy uitdagings en afdraaipaaie, sy hindernisse en slaggate lê voor die deur. Maar dit is nog ver…

Vanaand is wat saak maak! Hierdie 60 meter voor die kameras op die rooi tapyt. LMFAO featuring Natalia Kills trek los met “Champagne Showers…” Tree vir tree, terwyl die kameras flits… More is nog ver, vanaand is ons jonk en mooi. Vanaand gaan ons paartie, en dis al wat nou saak maak…

Ag dalk is dit nie die regte prentjie nie, dit was net vir my baie mooi! Kuns van Norman Engel.

 

 

 

Advertisements

16 thoughts on “Matriekafskeid

  1. Ai hoe verlang ek terug na my matriekafskeid-baie anders as vandag s’n. Die matrieks het self die saal opgemaak. 12 uur moes jy klaar wees en dan kon jy afkry om jou hare te laat doen. Daardie jare het Durban net 4 haarsalonne gehad in die stad. Daar was nog nie winkelsentrums in die ‘suburbs’ gewees nie. Pa het jou en jou metgesel geneem skool toe en 10 uur het hy jou weer kom haal. ‘After party’ – wat was dit? Tog was dit heerlik gewees om op te dress en net vir n aand soos n prinses te voel. Dankie vir die oopmaak van so n stukkie ‘Nostalgie”

    • Die dinge het darem baie verander- soos in BAIE duurder geword! Ek is net so dankbaar vir die baie moeite wat gedoen is om die Kinderhuis kinders ook net so mooi soos die dorpsjapies te laat lyk gisteraand- hulle elkeen was so spesiaal gewees in daardie paar oomblikke op die rooi tapyt. Dis wat my getref het- elke kind het hulle eie stukkie mooi…

  2. Die-een-wat-gehoorsaam-moet-word het gisteraand chauffeur gespeel vir haar niggie en dié se metgesel na hulle matriekafskeid toe.
    Sou ek braaf of dom genoeg wees om ‘n opmerking te maak sou ek waarskynlik onmiddelik deur die versamelde leërskare stilgemaak gewees het met “Sharrap. Wat weet jy? Jy’t dan nie eers kinders nie”
    So nou sharrap ek. Want ek weet niks, ek sien niks en ek sê niks.

  3. Hierdie is nie gebasseer op spesifieke individue in ons gemeenskap nie- maar ‘n mengsel van ‘n klomp verskillende baie nice tieners wat ek ken…
    MAAR: ek HET gisteraand in so ‘n AMG Merc gery- en nou sit ek en huil in die ou Corollatjie… Wat ‘n voertuig! sug…

  4. Baie mooi geskryf Oom Doom.
    Laat my terugdink aan my matriek afskeid. Behalwe dat ek daar ingekom het in ‘n VROT 1979 Ford Escort – baba blou met ‘n vinyl-top……

  5. Ek hoor hierdie skrywe asof dit in my eie huis gebeur het ! My Prinseskind is ‘en metgesel’ en ek het later radeloos gevra of sy bewus is dat dit ‘en metgesel’ is en nie Geliefdes ons is vandag hier saam teenwoordig om ….. *diepe sug* en dit was net ‘en metgesel’ – ek moet nog die ware jakob deurmaak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s