Maandag se inspirerende woorde…

Nee, dis te moeilik…

Ek is al weer in ‘n maalkolk in my kop die afgelope ruk.  Daar kom nie op die oomblik enige iets op om oor te skryf nie. Ek voel weer so “blank”- (lees in Engels… ) soos daardie ongelukkige gebeurtenis tydens die Ou Testament mondeling by Prof Fanie Snyman toe ek uitgejaag is om weer te gaan leer…

Daar is wel enkele dinge waaroor ek dankbaar is vandag:

  • My dogter is vir die week tuis- hulle vakansies is so week na gewone universiteite s’n. Ek en sy het vanoggend 6 km gaan stap en lekker gesels…
  • My swembad is amper weer blou, dit lyk nie meer soos ‘n baberdam nie…
  • Ek het Saterdag ‘n pragtige paartjie op ‘n Lodge getrou met die mooiste uitsig…
  •  Ek het gister ‘n doopdiens gehad, waar ek oor die seën van die Here uit 2 Korintiers 13:13 kon preek… Genade bly die mooiste woord in die Bybel vir my.
  • Ek was verlede week by Skoonma. Gelukkig is myne nie ‘n heks nie…
  • Dit is verskriklik warm in die Bosveld, en ons het nou dringend reën nodig. Die weervoorspelling sê dit lyk belowend vir die naweek…
  •  Vanoggend by die Ouetehuis gaan kuier, by ‘n dame van amper 97 en ‘n oom van 95.  Ek is dankbaar ek is nog nie daar nie!  Maar hulle twee hanteer dit met baie grasie, en dankbaarheid- ek voel altyd beter as ek daarvandaan wegstap. Wens alle ouer mense was so gewees!
  • More se Bybelstudie oor Johannes 7 se 2e helfte is klaar- dis eintlik baie fassinerend as ‘n mens die Loofhuttefees ken, en dan hierdie stuk in daardie konteks lees… Water wat lewe gee…

Dankie vir al die ander wat sulke inspirernde blogs op die oomblik skryf…

 

O ja- die GROOTSTE rede tot dankbaarheid: Ek is so bly ek hoef nie in ‘n Roomyskarretjie te werk nie… Dit is my naaste idee van wat die hel moet wees:

Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…

Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…

Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…

Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…

Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…

 

Die hele. hele dag lank…

 

11 thoughts on “Maandag se inspirerende woorde…

  1. Met apologie aan die Roomysman van Klerksdorp daar by die dam, en die ou in ons dorp met die pienk waentjie. Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe…Toedeloetoedoe toeloetetoe tetoeloetoetetoe… Respek broers… eerder julle as ek!

  2. Maal daai kolk! Ek is seker dit is dieselfde as roomys. Dit gee uiteindelik daai lekker curl op die cone. Ek stem veral saam met die Genade woord, as mens dit snap dan snap jy groot!

  3. ek dink altyd aan dit wat ek graag wou word, en elke dag sê ek dankie dat daar iemand was wat my daarvan weerhou het……… maatskaplike werkster!!!!

    die mensdom is so stukkend en verdwaal dat ek glo as ek daardie beroep gevolg het ek seker lankal in duisend stukkies gewees het…….
    ek het nog altyd gewonder doom donkie, hoe doen julle mense dit elke dag???????

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s