Oktober, die mooiste mooiste maand…

Ja, ek is maar nog steeds stil.  Steeds besig om die rasende koppie te probeer uitsorteer.

Ek was ook stomgeslaan deur:

  •  Felix BAumgartner se Valskermsprong- WoW!
  •  Lance Armstrong se grootste val
  • Die verlaging van Suid Afrika se kredietgradering met ons wêreldwye vryval in gewildheid as beleggingsbestemming
  • Die eerste lentereën in Nylstroom wat alles van baie stowwerig na baie groen toe geneem het…
  •  Die wonderlike musiek van Arvo Pärt- soos https://www.youtube.com/watch?v=B8qg_0P9L6c
  • Die kultuuraand van ons Hoërskool, met die kinders se gewoonte om dié wat sukkel maar probeer het, die hardste te “cheer”… dit was aangrypend mooi!
  • Gisteraand se prysuitdeling, met soveel talent. Nie net die twee jonge dames in Graad 9 en 10 wat byna al die pryse gewen het nie, ook die outjies wat daar was vir ‘n brons sertifikaat vir rugbypogings… Daar is ‘n wonderlike potensiaal in ons land se jongmense. En dit was so lekker om swart leerlinge net so te sien presteer- ons sportman van die jaar is swart, hy was 3e in die SA’s in die 800 m. Daar was baie swart leerlinge onder die top 10 van elke graad- op meriete! Vir sulke mense moet die regstellende aksiebeleid ‘n belediging wees- hulle het dit deur harde werk self verdien. Mag sulke leiers eendag hierdie land oorvat van die regstelendes…
  • Die boek “Kite Runner” van Khaled Hosseini het my absoluut weggeblaas. Wat ‘n ongelooflike boek van skuld en skaamte, verhoudings en restitusie…  Om te dink hoe wonderlike plek Afghanistan kon gewees het,  en watse aashole die Taliban eintik in werklikheid is! ‘n 18 jarige met wattewolletjiesbaardjie en ‘n stok wat enige dame op straat slaan as sy nie na sy sin reg optree of toe genoeg aangetrek is nie… watter tipe wêreld is dit???!!!
  •  Van die Taliban aashole gepraat (nou gaan Ahmed seker die Midde-Ooste afbrand!) wat ‘n verskriklike skande vir Pakistan dat die Taliban vir Malala Yousafzai kon skiet. ‘n 14 Jarige meisie wat die guts gehad het om op te staan vir die regte van dogters om ook skool toe te gaan.  Sy is ‘n ware heldin, en ek bid sy word mooi gesond daar in Engeland. Maar mag die vlooie van ‘n duisend kamele die Taliban besoek…
  • Die wonder van Stationripper om lekker musiek af te laai!
  • Die wonder dat iemand ‘n trein kan afbrand omdat hy wil staak, en dan die volgende dag moan dat daar nie vervoer vir hom werk toe is nie- so iemand verdien die Nobelprys vir briljantheid…
  • Ek hoor Renosterpoacher horing fyn gemaal is glo baie goed vir allerlei onnoselhede se kuur…
  • My moedertjie word vandag 72 en werk nog steeds as matrone van ‘n aftreeoord siekeboeg in Gomorrah, sal na skool maar deurry en gaan koek eet…
  • Ek het vanoggend my fietsryklere vir die eerste keer van die Argus af aangetrek. Net om te ontdek albei my fietse se wiele “buckle”.
  • Tullian Tchividjian is Billy Graham se kleinseun. Hy het vanoggend so ‘n mooi ding vir my getwitter:
    “Living faith involves two confessions: “I can’t” and “God can.”
    Ek het dalk vir ‘n ruk te diep vasgeval geraak in die “I can’t…” Dit geniet tans aandag…

  • Standbeeld in die ruines van die katedraal by die Hill of Slane in Ierland. Geleen by die Roomse gevaar, saam met hierdie pragtige gebed:
    We beseech Thee, O Lord
    that our fragility may be upheld
    by the remedies of Thy mercy,
    so that what of itself is falling into ruin
    may, by Thy clemency, be restored.”
    Soos opgesit deur Father Mark Kirby

So ek leef nog, en die gedagtes vlieg teen die spoed van wit lig deur my jong onskuldige gemoed.

Hê ‘n fantastiese naweek!

8 thoughts on “Oktober, die mooiste mooiste maand…

  1. Mooi dit klink vir my asof die donkie nog baie skop in hom het! Ek is bly jy het weer geskryf. Het jy al die fliek van Kite Runner gesien? Om dit so visueel te beleef, was vir nog meer skokkend as die boek.

  2. Dit is goed om ‘n oog te hê vir al die dinge wat om ons gebeur, veral vir die dinge wat positief is en waar mense vooruitgaan (wie hulle ook al mag wees!). Hou jou oë oop Bileam en die woorde sal kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s