die Jollie Jik en Vingers in vishoeke verander…

My naasteliefde het gister rock bottom geslaan… Die mooi goeters wat ek Sondag vir Sondag van die kansel af probeer sè is nou ernstig in vertwyfeling. Want ek is die bliksem in. En ek wil so graag twee gepigmenteerde here in ‘n silwer karretjie èrens in Brooklyn raakloop en hulle gesigte herrangskik sodat hulle ook beter kan sien, my kind.

My dogter studeer by een van die duurste moontlike plekke in die land. Nie oor ons grend probeer wees nie, maar oor dit die enigste plek was wat haar ‘n geleentheid wou gee. Met vier onderskeidings en twee Bks was sy mos nie goed genoeg vir die PUK nie. Soos elke Kovsie weet is die Puk in elk geval… Kom ons laat dit maar daar…

Die plek waar my kind bly, is 8 km van haar kampus af. Hulle is so klein hulle het nie koshuise nie. Soms moet die donkiemerrie met groot kunswerke klas toe gaan- ek kon nie vir haar net ‘n scooter gee nie. Ek wou betroubare wiele vir haar gee- haar ma se Corolla 1997 model. Ou lesers ken die trauma van sy wat daardie kar om ‘n splinternuwe Jetta gevou het op my verjaarsdag. Die kar was afgeskryf. Dit was ‘n helse stryd om die wrak by die versekering te koop, by scrapyards rond te hang, en die kar met groot moeite weer rybaar te maak.

Al hierdie dinge het veroorsaak dat ons op ‘n krans se afgrond loop wat ons geldsake aanbetref_ om vir ons kind ‘n toekoms te probeer gee.

Gistermiddag was my dogter by ‘n vriendin se huis reg agter Waterkloof N.G Kerk- hulle moet ‘n klomp praktiese werk inhandig vir eksamen.

Sipho en Vusi ry in hulle silwer karretjie daar in Brooklyn rond. Vandag gaan hulle weer die Whiteys ‘n ding wys. Hoekom mag ander so ryk wees en hulle so arm? Hulle het dan ook ‘n GG vir houtwerk gekry, nes Comrade Joelijas. Hulle wil ook in smart huise bly… Nes hy en die vader van die nasie…

Jojojo- kyk daardie wit Corolla! Kom ons vat hom, Whitey is mos ryk, hy sal mos maklik ‘n ander een kan koop. Hulle stop agter die corolla. En binne sekondes het hulle die deur oopgemaak met ‘n slimjim. Hulle probeer hom hotwire, maar daar is ‘n skelm skakelaar wat hulle nie van weet nie, uit frustrasie donder hulle die hele ignition housing op. Met hierdie geraas sien die bure se tuinwerker hullle- en hulle jaag weg.

Nou bel my kind my. Maar ek kan nie deurjaag stad toe nie, ek moet oor drie ure ‘n kerkraadsvergadering lei. Ek sit die nood op facebook. En Plasie ry al die pad van Pta Noord af om te haan help- ek waardeer dit BAIE, vriend! Intussen het die Polisie my dogter gehelp om die kar te hotwire sodat sy huis toe kan ry. Sy is geskok en die woorde vlieg tussen pa en dogter. Plasie vind haar blyplek, en kyk na die skade. Ons het gehoop vir ‘n tjiep universal ignition maar nee- alles is so opgef…oeter dat daar nou Toyota parte nodig gaan wees om alles in die stuurkolom bymekaar te hou. Duisende rande skade.

Ek kan nie voor Maandag stad toe gaan om te kyk of ek dalk tweedehandse parte teen 2/3 van die reuse prys kan kry nie. Ek is woes gefrustreerd daarmee, maar vanaand het ek alweer ‘n belangrike kursus wat ek deeglik voor moet voorberei.

Liewe Vusi en Sipho- my dogter dink ek is ‘n poepol omdat ek ‘n oplossing probeer soek van ver af. Die kar kan nou met ‘n skroewedraaier gestaart word deur enife iemand wat net die venster breek. Daar is nie geld vir ‘n ander kar nie. Julle het ook nou my bietjie geld vir ‘n moontlike vakansie gesteel. Ek is diep omgekrap, em dan raak my vrou moeilik met my oor die dominee nie net kan glo alles sal reg uitwerk nie.

So liewe Vusi en Sipho- in die gees van christelike naasteliefde- mag julle in interessante tye lewe. Mag die vlooie van ‘n duisend kamele in julle armholtes nes maak, mag julle skrotums vir ewig begin jeuk en julle vingers in vishoeke verander. Sela.

‘n Mooi feesseisoen word alle kriminele toegewens, soos in hier onder…

22 thoughts on “die Jollie Jik en Vingers in vishoeke verander…

  1. Ek sien daar is al klaar ‘n blogger met die naam Demoerin, anders sou jy vandag jou naam kon verander. Simpatie, Bileam. Jou frustrasie en woede is verstaanbaar. Ek hoop daar kom gou ‘n oplossing.

  2. Aai Dominee, dis vreeslik vir ons as ouers as slegte goete met ons kinders en hulle goete gebeur. Veral as dit bloedsweet van ons verg om dit te voorsien. Ons mag maar kwaad wees. Jesus het ook kwaad geword. Gisteraand opi nuus was weer misdaad statistiek…………afgewater dink ek, dis vreeslik dat ons land soooo verval. Het julle paspoorte? Ek hoor New Zeeland se Afrikaanse gemeenskap ontvang Dominees en hulle gesinne met ope arms….. En jy hoef nie jou huis kar en alles anders 24 7 toe te sluit agter slot en grendel nie! Ek dag ek se maar net.
    Jy doen duidelik iets so reg! Iets wat vir sekelstert dwars in die krop steek. Vandaar al die goete.
    Die Here maak altyd weer n deur oop waar ene toegaan.
    Strongs! Ek bid vir julle hele gesin!

    • Dankie Carin, dit lyk vir my of my plek maar hier tussen my eie mense is, die Here maak nie ander deure oop nie en ek het baie wonderlike mense in my lewe hier. Dis seker maar belangriker as al die misdaad- insluitend die President en die regering…

  3. Ai oom Doom, ek is jammer ek giggel…..
    Ons Pastoor reken die ander dag, hy was so kwaad vir iemand, hy wou hulle bless……. Met ‘n baksteen!!!!!!!!
    Kom loer maar bietjie by my nuwe tuiste in hoor 🙂

  4. Soms is dit moeilik om jou naaste lief te hê. Tog glo ek dat as jy vir Sipho en Vusi in die hande kry jy hulle behoorlik moet tugtig ( in liefde natuurlik ).

    Sterkte

  5. Jammer ek lag, maar jy kan jou kwaadgeid so mooi uitskryf. As jy sukkel met parte, kontak my skoonseun Japie op my Facebook, hy weet waar om enige iets itv tweedehandse karparte in Pretoria te kry. Sê vir hom sy skoonma het gesê hy moet jou help soek.

  6. Onse kind het ons een aand gebel – die kar (ook corolla net BAIE baie ouermodel )- WEG. Gelukkig het hy laataand gou oor die pad na iemand gestap en met terugkom gesien kar is weg en dadelik begin soek. Agv gearlock het hulle nie ver daarvandaan in sloot geland, kon hom nie uitkry en het nie kans gekry om lock te breek
    mens skrik jou eers boeglam en dan word jy demurin!
    Been there done it – Sterkte
    (en glo maar jou vrou – dinge werk op die ou einde uit )

  7. Jammer ek kon nie meer doen nie. As dit nie was vir die twee here se lastige tydsberekening nie, sou ek self vandag vir jou die part loop soek het. Sterkte daar, en bel as ek van hier af kan help.

  8. Dis ons @ hulle……..ons het ook al kwaai deurgeloop!!! Die flippen skelms!! Ek kan ‘n boek skryf. Weet nie waar dit gaan eindig nie. Is dankbaar dat ons kinders niks in die proses oorgekom het nie. Hoe raak mens ontslae van sulke frustrasies!!!!

  9. Ons vir jou …… SA …… se dinges…. Dis hartseer….gebeur elke liewe dag, en met hartseer gelees van die Ds van Harrismith, waar…gaan alles eindig?? Dankie Ds, dat jy in elk geval ‘n groot glimlag op my gesig gesit het.!!! so tussen die ‘hartseer’ van vandag se tye waarin ons leef….. 🙂

  10. Ek het gedink ek gaan n visvang storie hoor! Maar ai so jammer om te hoor, maar dankie dat jy ten spyte van jou m…righeid nog so n stunning les kon aanbied Don aand. Jy is voorwaar gebless! En ja Sipho en Vuzi – wel laat ons maar swyg want sulke mense is nie die moeite werd om oor kwaad te word nie. Sterkte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s