Daar is besondere kreatiewe mense in hierdie wêreld!

Vrydagaand was daar ‘n kompetisie van die distrik se Blommerangskikkings vereniging in ons kerkgebou. Die ooreenkoms met hulle is dat hulle dit dan tot Sondag los dat ons gemeentelede dit ook kan geniet.

Een van die rangskikkings het dadelik my aandag getrek. Iemand het ‘n DONKIE gemaak! Van stukke Bosveldhout. Daar is geen kwas en verf gebruik nie, dis alles die natuurlike vorms en skakerings van die hout. Daar is net so bietjie regte donkiehare bo vasgemaak. Dit was nou vir my, en baie van die gemeentelede wat na kerk van naby gaan kyk het, iets regtig unieks en besonders!  Ekskuus vir die slegte fokus en beligting, dis maar die BB wat so sukkel, ek dra gewoonlik nie een van my Canons saam kerk toe nie!  Net sodat julle die idee kan kry!

En sy ou gesiggie van naderby:

Ek weet nie wie die kunstenaar was nie.

Maar ek wil net sê: die Donkie is ‘n wonderlike ding!

 

5 thoughts on “Daar is besondere kreatiewe mense in hierdie wêreld!

  1. ek doen die boeke van ‘n boer hier in my omgewing en hy het so van dryfhout ‘n groot perd gemaak, en een of ander kuns scout het dit raakgesien en geweet dit is net wat haar kliënt soek en dit vir ‘n vinnige R70duisend verkoop…… ongelooflik hoeveel tallent sommige mense het, die donkie hy es di wonderleke dengggg…. hallo da doom donkie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s