Watter land sit sy helde in die tronk en los sy misdadigers op straat?

Baie maklik, maar toe nou nie hierdie keer nie! Nee, dis nie Suid Afrika nie.

Geval 1:  Sersant Danny Nightingale van die SAS.

Hy het ‘n Glock pistool by die Irakse weermag gekry om dankie te sê vir uitstaande diens. Maar handwapens is onwettig in Brittanje. So nou sit hy in die tronk.  Lees die storie hier… http://www.telegraph.co.uk/news/9669051/SAS-war-hero-betrayed-by-the-Army-says-wife.html

Geval 2- Abu Qatada van Al Kaïda- op straat losgelaat- die hele BBC is op die oomblik vol daarvan! Daar is nie twyfel dat hy Al Kaida bande het en bose plannetjies beraam teen die UK nie, hy was glo ook al stout in Amerika, en hulle wil hom graag spreek. Die hof in Engeland het egter besluit Aikona, hy het ook menseregte… hy is net onder huisarres, hy mag nou nie meer aan die VSA uitgelewer word om verhoor te word vir sy planne nie… lees meer daarvan hier: http://www.bbc.co.uk/news/uk-20295754

Wie sit in die tronk, en wie is op straat? Hoe verstaan ‘n mens hierdie wêreld deesdae?

Ek verstaan die Engelse nie meer mooi nie!?  Soos my held Asterix al amper 2000 jaar terug gesê het: “These Britons are Crazy!”

8 thoughts on “Watter land sit sy helde in die tronk en los sy misdadigers op straat?

  1. Danny Nightingale is seker onregverdig behandel, maar ek kan nie sien dat hy ‘n held is net omdat hy aan Anglo-Amerikaanse kolonialisme in Irak deelgeneem het nie.

    • my punt is nie ‘n regverdiging van die Irak oorlog nie. Maar ‘n SAS soldaat het my respek vir wat hulle alles moes deurmaak om deel van die Regiment te wees. Hulle is van die wêreld se heel beste soldate, en tree op onder bevele van hulle regering. My punt is dat die man in die tronk sit vir ‘n toekenning wat hy vir goeie diens ontvang het, terwyl iemand soos Abu Qatada vry op straat rondloop- lees gerus David Cameron se opmerking in hierdie verband. Dit korreleer nie vir my in dieselfde staat nie.

  2. Die redanasie vermoë agter verskeie besluite wat die media aan ons voorhou as waarheid verstom my male sonder tal.
    Somtyds is dit waarlik net eenvoudiger om jou kop te skud en aan te beweeg as om te probeer verstaan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s