Die Nagtelike besoeker

So is ek mos nou heel vroom op die Sinodale Predikante Wegbreek op ‘n Lodge net buite Vaalwater. Dit is ‘n wonderlike tyd van stilword, diep dink, diep drink uit die fontein van wysheid, en weer naby die natuur kom.

En so lé ek aan die einde van die dag rustig en lees voor Klaas Vakie my kom meesleur. Ek raak dors- ek wil net ietsie in die yskas gaan haal. Stap kaalvoet langs die bed verby, en sien ‘n beweging langs my tas. Ek sleep die tas weg, en sien… Die natuur het bietjie te naby gekom! Die grootste skerpioen wat ek nog ooit gesien het. Gelukkig het ek nie soos ‘n tienermeisie gegil in ‘n TwiLight fliek nie. Nee, soos Indiana Jones het ek die ongedierte kaalhand aangepak, eintlik met my skoen doodgeslaan. Dalk is dit ‘n bedreigde spesie. Sorry. Werry Sorry. Ek is ook ‘n bedreigde spesie- daar is net een van my.

Die Bosveld is nie vir sissies nie… Maar as dit ‘n Swartmamba was het ek soos ‘n tienermeisie gegil en dan soos ‘n ou oom ‘n skoon broek nodig gehad wanneer hulle my drie kilometer verder inhaal…

21 thoughts on “Die Nagtelike besoeker

  1. hond se doily, ek sou gegil het…..
    ek hou niks van goete met pote en vlerke nie, hulle vang my altyd onkant en dan skree ek erger as ‘n tienermeisie!!!!!!!
    rustige klein woensdag vir jou doom donkie

  2. Hi shame, die arme skerpioen – het net n koel plek gesoek en toe verruil hy die nou vir die ewigheid! Toemaar ek deel nie n vertrek met n skerpioen, slang of spinnekop nie. Geniet die wegbreek. Sien uit om nog stories volg wk by Bybelstudie afsluiting te hoor!

  3. Ons het een aand in die bosveld onder ‘n groot boom in ‘n kring gesit, en ploeps val ‘n slang tussen ons. Hoe hy daar uitgevoeter het weet niemand, maar ek dink nou skielik, iemand het in die boom geklim en hom uit ‘n sak gegooi…

  4. Haai dis ek die: Ons het een aand in die bosveld onder ‘n groot boom in ‘n kring gesit, en ploeps val ‘n slang tussen ons. Hoe hy daar uitgevoeter het weet niemand, maar ek dink nou skielik, iemand het in die boom geklim en hom uit ‘n sak gegooi…

  5. hierdie ou goed bygekom. ek sou dit ook so doen nadat ek my keel hees geskree het. Het al gehoor dat groot knypers aandui dat ta minder giftig is.(wie wil dit op die proef stel!)

  6. Ek sien die voorwerp van die amper-gil is nou ‘n papperig gemors! Ek bang nie goggas en goed nie, maar vir sekeres is ek versigtig en skriwwejoene (dis wat ek hulle noem) is een daarvan. Een van my vriende het ‘n paar dae in ICU gele na ‘n onderonsie met ‘n joen. Morfieninspuitings het nie eers gehelp vir die pyn nie, en hulle moes senuweeblokkasies doen om die pyn te verlig.

  7. in geen onsekere afrikaans wil ek net noem dat ek met die grasie van ‘n ballerina vir jou ‘n tortelduif met blinkvere so skeid as ek daardie meneer moes teëkom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s