Aan die brand!

Ek is vanoggend sesuur by die huis weg, en het nou in Klerksdorp aangekom. Maar nie heeltemal veilig nie…

Ek het sulke tjiep tjiep panniersakke wat my al jare irriteer. Met groot gesukkel is hulle op die fiets vasgemaak.

Vanoggend op die bult net voor Petroport vrek die motorfiets se enjin net. Geen petrolliggie het aangekom nie… ‘N BMW kar vol swartmense stop by my. Oh-oh groot probleme, dink ek… Die een kom dringend na my toe aangestorm- vandag speel ek seker harp, dink ek. “Weet jy dat jy aan die brand is?” Vra hy benoud en wys my. Die linkerkantste paniersak het in die ry afgewikkel tot hy aan die uiaatpyp raak. Hy smeul nie net nie, hy BRAND! Vlamme! Ek maak so vinnig as wat ek kan los, en kyk… Al my netjiese nuwe golfhemde en kortbroeke is aan die brand! Alles in daardie panniersak is deur die jordaan. Ek het niks om dit mee te blus nie, los dit net daar langs die pad. Maak die res so op “n manier vas.

Raai wat? Toe alles weer veilig vas is, staart die BMW met die eerste druk van die knoppie. Ek stop by Petroport- daar is nog 3 liter petrol in gewees.

As ek aanhou ry het, het alles en dalk selfs ek aan die brand geraak. Hoe, vra ek, verklaar jy dit? Maar ekke weet…

15 thoughts on “Aan die brand!

  1. weet jy doom donkie ek mis jou kuier daar by my, ek sien jy gat klerksdorp toe en alles, en jy laat jou spoortjies by sommige bloggers maar elke keer as ek dink vandag sali donkie kom kuier……. niks net mooi niks, ons is almal op ‘n avontuur trip, en ek sien en hoor niks van jou nie…….

  2. Ek glo liewe Jesus het vanoggend n hele ‘army’ van Sy engele opdrag gegee om saam met jou te ry want Hy het geweet-hier kom n ding! Jammer oor die nuwe hemde en kortbroeke maar dankbaar dat jy ok is. Ry veilig voort en geniet dit.

  3. …en is jou aanvanklike reaksie op die stoppende BMW nie tipies van hoe ons ons mede-burgers (gereeld verkeerdelik) aan sien nie. Dis nie kritiek (teen jou) nie, maar tekenend hoe ver ons as wit Afrikaners nog moet gaan om te besef 95% van ons mede landsburgers is net soos ons: wil graag deel van ‘n suksesvolle land wees, wil met alle mense in vrede saamleef, wil die beste he vir hulle kinders. Keer op keer dink ek aan ons as die Jode en Samaritane van ouds, en ek wonder

    • ‘N’mens sien dit nooit in die media nie, maar dis absoluut die waarheid. Ons beleef dit ook hier op die rally- al die rasse is saam hier en wat ons saambind is die liefde vir bikes- hier is nie rassevoorvalle nie, net gesuiptes wat mekaar wil slaan oor onbenullighede… Die oorgrote meerderheid Suid Afrikaners IS nice mense, met enkele groot uisonderings….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s