Poison Rally 2012 fotos

Ek is veilig terug by die huis, ek het niks verder aan die brand gesteek nie en nie in die tronk beland nie…

Dag twee van die rally het rustig vir my verloop. Ek het eers ‘n ontbytjie gaan eet by die Spur, en toe uitgery na Bossiespruit toe, waar ek as dienspligkapelaan ‘n jaar van my lewe deurgebring het.

Die res van Saterdag het ek maar mooi motorfietse gekyk, en die mense se vreemde doen en lates op ‘n afstand gesit en kyk.

So dis hoe ‘n mens in die kinderpoel speel?

Party ouens maak mooi met motorfietse…

Ander nie so mooi nie, maar geniet hulle steeds!

Ja, dis waarvoor ek rallys bywoon- Its all about the bike… (nie soos Lance nie…)

Hierdie Captain Morgan fiets het ‘n hele paar pryse by die Concourse gewen:

Dan is daar ook die ouens wat baie ernstig is oor motorfietsry! Hierdie ou Honda Goldwing is dalk nie meer so mooi nie, maar volgens sy eienaar het hy al oor die 1230000 km gedoen- een punt twee miljoen kilometer!

 

Ek het net baie hartseer dinge ook gesien. Manne wat uitpass daar in die kosarea, in die bloedige son. Ek dink dit kan lewensgevaarlik wees, weens ontwatering.  Ek het na familierusies geluister in die bure se tent, want dit was maar so 4 meter van myne af. Ek het gehoor hoe mense met mekaar praat na ‘n paar doppe, en ek dink nie daardie verhouding het eers ‘n medium termyn kans op oorlewing nie. Hoe kan mense mekaar so slegsê- weer woorde gehoor wat ek laas by Yskor se nagskof gehoor het as die hoogoond moeilik raak…

Hierdie keer wil ek graag dankie sê vir Danville se CMA- die koffie was lekker en die diens was uitstekend, baie dankie vir julle ouens se manier van operate!

Dankie vir die Alstom manne wat my genooi het vir ‘n dop en ‘n burger gisteraand, en die saamry vanoggend, ek was nogal eensaam op die rally tot julle my ingetrek het!  Maar ek dink ernstig ek gaan nie weer alleen na ‘n rally toe ry nie, as daar nie volgende keer ‘n paar vriende saamgaan nie, gaan ek ook nie. Ek is net nie so ekstrovert om vinnig nuwe pelle te maak nie!

Ek is jammer oor die twee manne wat reeds oorlede is teen Saterdagaand, en in Johannesburg vanoggend onder die een brug het dit na nog ‘n ernstige motorfietsongeluk gelyk.  Jammer vir al die families betrokke oor hierdie stuk seer!

Baie dankbaar om weer veilig by die huis te wees!

9 thoughts on “Poison Rally 2012 fotos

  1. Oom Doom, ek vermoed baie keer leef mense so ‘n groot leun dat dit soms ‘n tjortsie vat om die ware spreekwoordelike kleure na vore te bring. Dit is dan wat maande en jare se opvreet en stilbly en wees wat van jou verwag word soos ‘n sweer oopbars en mens wat van buite ‘inluister’ stom los.

      • Broer Boerbok, jou trike is skoon mooi van lelikgeit! Geen disrespek bedoel nie hoor! Ek het baie bewondering vir jou trike, en vir jpu wat die vermoè het om hom self te kon bou! Mag jy baie veilige kilos met hom ry, en op die volgende rally wat ek jou raakloop koop ek vir jou ‘n bier!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s