Die grootste stryd is die een in myself…

Dis alweer belydenistyd. Ek sukkel. En daar is niemand anders te blameer nie.

Oor ses weke is dit die Argus 2013. Ek het hierdie droom om 21 Argusse in ‘n ry te doen, dan kry ‘n mens ‘n blou nommer en word sommer soos ‘n eregas oorlaai met hartlikheid- die afsetter groet jou sommer op die naam as jy wegspring. Ek is mooi op pad, hierdie jaar is nommer 19.

Maar die oefenry! Ek sukkel om hierdie jaar aan die gang te kom! Ek het op hierdie oomblik 187 km vir Januarie gery, en my doelwit is ten minste 1000 km vir Januarie en Februarie.  Maar aai. Vrydagoggend was daar ‘n elektriese storm. Saterdag was ek na ‘n troue toe in Gomorrah, en ek moes vroeg ry om van my dogter se goetertjies terug te vat vir nog ‘n jaar op Universiteit. Sondag was ek nie lus nie. Maandag was die pap wiel episode. Gister was dit reënerig. Vanoggend is dit bewolk. .

Daar is mense wat in die hael en sneeu en Suidooster op fietse klim, en gaan oefen. Selfs al sou die wêreld op 21 Desember geëindig het, sou sommiges nog steeds gou ‘n laaste oefensessie wou gaan inwerk! Ek kry dit net nie meer reg nie. Ek is bang vir weerlig op ‘n fiets, iets te doen met die hoeveelheid mense wat doodgeslaan is deur weerlig waar ek in Noord-Natal grootgeword het.  Ek hou nie van natreën op die fiets nie. Dan koel ‘n mens verskriklik vinnig af, en kry krampe, en kry verkoue. Jy sien ook nie die pothole raak as dit baie gereën het nie. En magtag, julle moet sien hoe loop die slange rond in die Bosveld op die oomblik, daar lê juis weer ‘n moerse pofadder doodgery net hier buite die dorp. Hulle is nog vriendelik, die mambas is nie so lekker nie… En so sit ek en praat myself uit vanoggend se oefensessie uit, vanmiddag gaan dit weer erger reën. Ja, daar is so baie goeie verskonings… maar Suikerbossie wag…

Dis waaroor ek vanoggend sit en wonder. Hoekom het party mense daardie dryfkrag om groot suksesse te maak van alles wat hulle aanpak? Is deursettingsvermoë geneties, is dit persoonlikheid, is dit houding in die lewe?

Ander kere dink ek oor daardie stryd wat maar alewig in my gedagtes is. Hoekom kan party mense so gemaklik met hulleself saamleef, en ander, soos ek, voel die hele tyd of iets jou jaag? Ek sien dit ook in my kinders. Twee van hulle het totale rustigheid en vrede, met donderbuie plek-plek, net soos hulle ma. En twee is sommer die hele tyd van die prêm af, en altyd bedonnerd, soos hulle pa.

Wat kan ‘n mens self kies om te verander?  Wat is net ‘n houdingsaanpassing? Ek kan amper net dink wat sou Karen Brynard dit genoem het…  En waarmee moet ‘n mens maar rustig vrede maak, en weet jy gaan nou maar hierdie omie in die ouetehuis wees wat eendag nog steeds wonder: “What happened?”

Miskien is dit so eenvoudig soos hou op nonsens skryf op jou blog, en gaan ry 30 km fiets, reën nat as dit dan moet… sonder om te veel te tob daaroor…

22 thoughts on “Die grootste stryd is die een in myself…

  1. More se. Vanoggend gaan ek so biki diep praat. Ek lees n baie kontroveriele boek, maar wat my geleer het om dinge te sien soos hulle is. Alles begin by n gedagte wat tot n woord oorgaan en dan in n aksie ontaard. Begin by die aksie en laat dit na n gedagte oorgaan. Voorbeeld. Jy dink dit is reenerig, se dit en die aksie is om te bly waar jy is. Toe jy opgestaan het was jou EERSTE impuls miskien gewees “Ek wil vandag 100km gaan ry” Doen jou eerste impulswant as jy dit nie doen nie gaan jou gedagtes dit dood maak. Besluit voor jy dink en doen baie vinnig naders gaan jou gedagtes daardie besluit kelder. Sterkte en ja jy gaan nr 19 doen!!

  2. Bileam Bileam Bileam, kry jou tarries op daai fiets en maak gou! Hier in die Kaap ry ons hael, storm, wind maak nie saak nie. Op die ou end wil jy tog Suikerbossie met ‘n mooi glimlag uitry. Moet ek nou vir die oorblywende tyd opkom en jou help oefen?

  3. Ek het op die beste van tye ‘n ysere wil. Maar tans is ek net nie lus nie. Vir niks nie. Ek dink as ek eers hierdeur is sal dinge in daardie opsig verander. Dit voel net asof ek eenvoudig nie krag het nie. Simple as that.

    Maar moenie dat ek jou afbring nie – gaan doen jou ding. Jy het motivering.

  4. Ek het altyd gedink ek het ongelooflike deursettingsvermoë, omdat ek tegelykertyd twee kleintjies op bottels en (lap)doeke gehad het, self huishouding gewerk het, nuwe huis en tuin gekoop/gemaak het en voltyds gewerk het, terwyl ek my graad klaargemaak het, sonder om ooit ‘n vak te druip. Deesdae sien ek dis nie waar nie, daardie dryfkrag geld beslis net vir sekere dinge, wat ek baie graag wil hê.

  5. Fietsry is baie lekker as ek fiks genoeg is broer Kahuna!
    Darem intussen 31.11 km gery in 1 h 28:22. Ja, dit het gereën, maar dit was toe baie lekker sagte reën. Miskruiertjie gesien wat sy bolletjie in die pad afrol, bosveldvisvanger wat vir 100 m langs my vlieg, en baie verskillende helderkleurige voeëls. Sulke dinge is baie lekker!

    • Ek skat daar lê die antwoord. As jy genoeg joy kan vind in die uitstappies op jou draadkameel, en jy bly daarop fokus, behoort dit geen moeite te wees om te gaan oefen nie. Dit het sekerlik tot dusver vir my gewerk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s