Gaan na die mier en word wys…

“Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys.”  So het die Spreukedigter dit 3000 jaar gelede al genoem. (Spreuke 6:6)

My seun, luister na die verordeninge en insette van jou wyse vader.  Soos ek en jou moeder dit vanmiddag in die pastorie se agterplaas weer geobserveer het.

PAsop, my liewe seun, vir dinge in die lewe wat te goed lyk om waar te wees…

So het die grastermiete vanmiddag baie opgewonde geraak. Hulle hoef nie meer die hele grasperk te gaan opdon… foeter nie… Kyk net, halleluja, die kos het tot by die voordeur gekom!  VAt net en eet, soveel as wat jy graag wil hê. Magie dik, ogies toe. Vir altyd…

Maar die BB Toorts kan nog mooi fotos neem!

  •  Niks in die lewe kom sommer net vanself nie.
  •  Gratis geskenke is nie altyd goed vir jou nie.
  •  Pasop vir die vriendelikheid van sekere mense…
  •  Moenie sommer enige gemors huis toe bring nie.
  •   As jy nie versigtig is nie kan jy jou gat sien…

Enige ander wyse raad wat julle graag met my seun wil deel?

8 thoughts on “Gaan na die mier en word wys…

  1. Ek wil byvoeg:
    1. Die listige vrou wat jou beursie annekseer.
    2. Brannas het nie brieke nie.
    3. As jy in ‘n geselsskap in stap groet met die hand: “More oom, my naam is…….
    4. Daar is geen vinnig ryk word skema nie.
    5. Respek word verdien

  2. Wees ongelooflik versigtig waarvoor jy wens – jy mag dit dalk net kry

    As jy ongelukkig is – verander jou keuse

    As jy val staan op

    As jy seerkry huil ‘n rivier, bou en brug en stap weg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s