Vandag was anders as bepland…

Spreuke 16: 9 verkondig die groot waarheid: “Die mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy  loop...”

  • Vandag sou ek vroeg opgestaan het, en 30 km gaan fietsry het.

  •  Vandag sou ek by ‘n hele paar mense gaan huisbesoek doen het.
  •  Vandag wou ek by ‘n paar siek mense uitgekom het.
  •  Vandag wou ek saam met my vrou gaan koffie drink het by ‘n koffieshop.
  •  Vandag wou ek tyd saam met ‘n vriend deurbring.
  •  Vandag wou ek ‘n goeie boek lees.

Daar was baie dinge op my dagboek en wenslys vir vandag.

Gister wou ek my vrou die moeite spaar om kos te maak. Ek het vir ons borde kos by die Supermark gekoop. En ons het meer gekry as wat ons gebargain het voor. Gisteraand het die hele gesin, uitsluitend die jongste wat weer nie wou eet nie, lekker rondgehol met omgekrapte mage.

  • Vandag kon ek dit nie verder as 20 meter van die badkamer af waag nie. Verseker nie op ‘n fiets nie.
  •  Vandag het ek duiselig gevoel, en lekker pap.
  •  Vandag het ek nie my erf verlaat nie.
  •  Vandag kon ek en my vrou net tuis koffie drink.
  •  Maar vandag het ek ook ‘n lekker boek gelê en lees in my bed.

Vandag was so totaal anders as wat ek beplan het.  Maar dit is OK. Want vanaand voel ek beter, en more is ‘n nuwe dag.

  • Vandag het nie almal lewendig tuis gekom in ons land nie.
  •  Nie almal wat vandag by dokters was, het goeie nuus gekry nie.
  •  Nie almal wat werkaansoeke ingestuur het, was vandag suksesvol nie.
  • Nie almal slaap vanaand langs die persoon vir wie hulle regtig uit hulle harte uit lief is nie…

Ek het steeds vandag baie om voor dankbaar te wees.

  • Ek het een daggie siekteverlof minder, was in elk geval baie naby aan die maksimum dae beskikbaar- dit is ook rede vir dankbaarheid.
  • Ek het kos beskikbaar gehad vandag, al wou ek nie eet nie.
  •  Ek het al my kinders vanaand onder my dak, al kompeteer hulle  ook vir die toilet…🙂
  • Ek het more baie werk wat wag, en dis ‘n voorreg om werk te hê in ons land.
  •  Ek slaap vanaand langs die liefde van my jeug, al gaan ons dalk net weer lê en kreun.

Vandag se pad het glad nie geloop soos ek hom wou hê nie. Maar ek is tevrede. Ek was in my Herder se hande. En dit is genoeg…

 

 

14 thoughts on “Vandag was anders as bepland…

  1. Naand oom. Ek het oom se blog so tydjie terug opgespoor via die Camino posts. Ek is self ‘n teologie student (nou besig met M.div) so dit is vir my baie lekker om oom se posts te volg. Vanaand was verfrissend om weer oom se optimisme oor die lewe raak te lees. Selfs in die regte slegte dinge, soos ‘n magie, sien oom die goeie raak. Baie dankie dat oom daardie dinge met ons deel! Groete, Francois.

  2. Harde waarheid hierdie. Daar is nie net sleg nie, maar goed ook. En partykeer moet ons net onsself herinner om ook ‘n bietjie die mooi raak te sien. Dit is nie maklik nie, maar nie onmoontlik nie. Ek probeer tog myself gedurig herinner…daar is altyd iemand daarbuite wat slegter daaraan toe is, as die nietigheid waaroor ek nou wil kla.

  3. Bileam – my hart hoor hierdie woorde vandag. Vroeg oggend toe die nag nog saggies sy stories vir my vertel het ek stil geword en dankie gesê vir wat ek het en wat my bekommer erken en weggesit.

    Ek het steeds meer as wat baie het.

  4. “•Nie almal slaap vanaand langs die persoon vir wie hulle regtig uit hulle harte uit lief is nie…” – daai is my grootste rede vir dankbaarheid! Uiteindelik ken ek daai ook!
    Vir die res weet ek uit persoonlike ondervinding dat die Here my geleer het dat Hy met baie meer bless as Hy my dankbaarheid vir die klein dinge in die moeilike tye sien. Is maar net hoe dit is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s