Dinsdag se dankbaarheid…

Sekere dae in ‘n mens se lewe is mos net totaal anders as alle ander dae…

Vanoggend het begin met ‘n baie lekker Bybelstudie saam met my gemeentelede oor Johannes 13- Jesus wat voete was, en sê as jy belangrik wil wees in sy koninkryk, sal jy jou naaste dien.

Daarna was ek en kollega by die dame wat more 100 jaar oud word. Dit was aangrypend- die eerste persoon in beide die ouetehuis en ons gemeente wat 100 jaar oud word. Daar is in haar hart soveel dankbaarheid vir soveel mooi tye.

Ek het huisbesoek gedoen by ‘n paar uiteenlopende gesinne deur die dag. Verskillende stories gehoor van hoop en hartseer, van drome en nagmerries- ervarings van menslike bestaan oor die hele spektrum.

Vanaand was die groentjiekonsert van hierdie jaar se nuwe Graad 8’ ies in die Hoërskool, ‘n klug gebasseer op Romeo en Juliette, wat plaasvind in ‘n groentetuin. Talent was daar dalk nie so baie nie, maar entoesiasme in emmers vol.

En toe… die hoogtepunt- ek lees al hoe lank in boeke verwysings na die fliek “Il Postino”- die Posman. OM beslis nie te verwar met Kevin Costner se gelyknamige poging nie. Ek het baie lank gesoek na “Il Postino”. Ek kry hom nie in een van die DVD winkels nie. Ook op ebay ontglip hy my elke keer.

UIteindelik het ek dit maar op die Internet opgespoor, en op my laptop gekyk.  Ek is seker besig om oud te word, of my kind se kunstenaarsgene het my seker teruggeklap. Deesdae is ek baie meer lus vir vreemde taal kunsflieks met Engelse onderskrifte- dis dalk net ‘n fase. Op die oomblik doen flieke soos Trois Coleurs Blue (Three Colors Blue) met Juliette Binoche dit vir my. Ek het al drie in die reeks op ebay gekoop. Ek het uiteindelik ook Babette’s Feast in die hande gekry verlede jaar.

Maar hierdie Italiaanse fliek is voorwaar ‘n meesterstuk. ‘n Mens wil omtrent ‘n afdruk hê van elke raampie, so mooi is die fotografie. Die menslike interaksie, die plotontwikkeling, die emosie, die musiek, die danse- dit het sommer net dadelik diep in my hart gekruip.

Toe praat ek met my vriend in Melkbosstrand. Nou het ek heimweë vir die Kaap! Vir die vriende, vir die berg, vir die yskoue water, vir die bier op Blue Peter se stoep as die son sak agter Robbeneiland, vir Ons Huisie se snoek en patatkoekies, vir die rum en coke by Moyo’s, vir die wyn daar by Villiera, vir die koffie by Oom Samie saam met Son, vir die boekefees, vir die Suidooster wat my op my motorfiets rondpluk. Ek verlang nou Kaap toe…

5 thoughts on “Dinsdag se dankbaarheid…

  1. Il Postino is brilliant. Ek dink ek moet dit weer kyk🙂 Toe jy hierdie blog geskryf het was ek en Wyseman in Blouberg. Ek het snoek en patatkoekies by Ons Huisie ge eet (eerste keer) en daar op die strand geloop. Nogal aan jou gedink wat so lief is vir Blouberg. Daardie turkoois water en uitsig op die berg is onbeskryflik spesiaal.

  2. Ek sal daardie fliek moet kry- het al baie van hom gehoor. ‘n Franse fliek wat jy gerus kan kyk, sommer vir die lekker, is “The intouchables”. Dit is ‘n ware verhaal van ‘n man wat van sy nek af verlam is en sy welsyngeval ‘Carer’. ( maar dis glad nie depressing nie, hoor!) Frans met Engelse onderskrifte, en op Pirate Bay beskikbaar Dalk net wat jy nou nodig het om jou bietjie op te cheer..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s