So waarom hou ek aan blog as dit soveel pyn veroorsaak?

Ek word meegedeel daar is gemeentelede wat van mening is dat ek te veel tyd op my blog spandeer. En op facebook.

Hoeveel tyd spandeer ek op my blog? Hoeveel op facebook? Wel, netnou gaan ek verder moet werk aan Sondag se preek. Facebook is oop op die agtergrond, daar onder MS Word versteek. Elke nou en dan rus ek ‘n bietjie om my gedagtes te orden. Ek minimise my preek, en lees wat my vriende te sê het. So nou en dan is daar ‘n private message van iemand wat iets wil weet. Ek antwoord hulle.  Op ons kerk se lentekonferensies die afgelope paar jaar was daar telkens werkswinkels oor die sinvolle gebruik van facebook in jou bediening. Dit gee maniere om met meer mense te netwerk. Ek het kontak met mense wat aan geen kerk behoort nie, dalk beteken ek ook soms net iets vir hulle- sien dit as ‘n stukkie bediening van my kant af, as jy wil.

Ja, ek spandeer baie tyd op die internet ook, waarvoor ek self betaal. EK lees baie. Ek lees die nuus. Ek lees teologiese artikels. Dit gee my soms bietjie meer diepte in wat ek preek, om dit meer by vandag se omstandighede toe te pas. En soms soek ek snaakse prentjies om in Powerpoints te gebruik vir die kere wat ek iets moet aanbied.

Hoekom is my blog vir my so belangrik? Dit is die een plek waar ek kon reflekteer en dink oor my lewe, my bediening, en die goeters wat vir my belangrik is. Dit is die een plek waar ek myself kon wees sonder maskers, dit was so lekker toe dit nog anoniem was voor ‘n sekere ateïs my by my kerkraad gaan verkla het. Daar is wel mense wat daarvan hou om my blog te lees.

Die bewering word gemaak dat ek my werkgewer se goeie naam in gedrang bring in my blog. Ek dog dan juis dat mense my kritiese solidariteit daarin sou raaksien- ek is baie lief vir my gemeente en my kerk, maar dink soms ons maak droog.

Son het op facebook ‘n artikel geplaas wat my net baie diep aanspreek, en dit is juis die redes waarom hierdie blog vir my so kosbaar is/ was?

 

 

http://m.guardian.co.uk/lifeandstyle/2012/feb/01/top-five-regrets-of-the-dying

In ‘n ondersoek na die dinge wat mense op hulle sterfbed graag sou wou verander, sê hierdie artikel:

  1.  Ek wens ek het die moed gehad om die ware EK uit te leef, en nie te probeer wees wat ander mense wou gehad het ek moes wees nie. 
  2.  Ek wens ek het nie so hard gewerk nie (manne)- meer tyd by die huis saam met gesin deurgebring
  3.  Ek wens ek het die moed gehad om my gevoelens uit te spreek.
  4.  Ek wens ek het in kontak gebly met my vriende.
  5.  Ek wens ek het myself toegelaat om meer gelukkig te wees.

Hierdie blog het my baie gelukkig gemaak.  Hier het ek dit gewaag om gevoelens uit te spreek. Hier het ek dit gewaag om ek te wees.  EK het baie nuwe vriende gemaak, en ek glo sommiges sal lewenslank dit bly.

Maar: eers het die Ateïste, en toe die Hipervromes by my kerkraad gaan kla oor my blog. Die vrees bestaan glo vir ‘n derde soortgelyke aanklag, daarom beland dit by my Diensverhoudinge voorsitter.

Ek weet totaal en al nie hoe om hierdie saak te hanteer nie.  Dit wat op die tafel is, is baie meer as net wat ek in my blog sou sê. Dit gaan uiteindelik oor wie ek IS. Ek wil nie met maskers leef soos gister se blog sê nie.

Maar ek het nou in ‘n situasie begin beland wat vir my baie seer is. Ek begin ernstig wonder of ek die Donkie nie maar moet verlos uit sy lyding, en totaal anoniem weer oor begin nie. Die ou bloggers gaan my in elk geval dadelik raaksien.

Die Donkie is ernstig siek…

Hierdie inskrywing het 7 minute van my tyd gevat…

27 thoughts on “So waarom hou ek aan blog as dit soveel pyn veroorsaak?

  1. Ek weet hoeveel rus ek al gevind het in jou woorde OomDoom.

    Die wat waag om eerlik opreg hulself te wees sal altyd gekruisig word. Die wat veilig in hulle leuns leef sal altyd maar altyd ‘n klip reg hê om te gooi na die wat nie aan hul sogenaamde standaarde en verwagtinge voldoen nie.

    OomDoom – luister na jou hart, nie na bemoeisieke gifgatte nie.

    ” Ek wens ek het myself toegelaat om meer gelukkig te wees.”

  2. FTP, WATP! (vir die wat nie weet nie, dit gaan oor People . . .)😉

    BsD, jy is eerstens mens en dan Doom. Sekere kere meer die een, ander kere meer die ander.

    Dis so hartseer dat ander mense so kleinsiellig en inhalig kan wees. Wat ander nie dieselfde son gun wat oor hulle ook skyn nie. Wat dalk self so diep in die donker staan, dat dit vreeslik alleen is en nou soek hulle geselskap.

    Moet asseblief nie verdwyn nie. Skryf is goeie terapie, ons weet van.

    En ons ♥ jou skrywes. En jou mensewees. En wie jy is.

    En ons sê almal so.

  3. Ai oom Doom. Ek wens ek kon verstaan watse genot mense daaruit put om elke plesiertjie in iemand anders se lewe te beny en ‘n aanspraak daarop te maak.
    Ek verstaan 100% waardeur jy gaan (jy weet dit), en ek ondersteun jou 150%!!!!
    Van wanneer af het enige iemand die reg om dit wat jy in jou persoonlike tyd doen, te bevraagteken?
    Ja, jy is ‘n Dominee, maar jy is nie enige iemand anders se besitting nie.
    Ek is so jammer jy gaan hierdeur, weet net die Here sien ALLES en dat Hy sal oordeel wanneer die tyd reg is.
    Die mense wat so vingers wys moet weer bietjie die Bybel gaan lees:

    LUKAS 6:41 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?

  4. DonkieDoom, ek het jou blog deur FB ontdek en begin volg. Ook die hele relaas van die Camino-ervaring gelees (dis ook op my lysie). Dis verfrissend om elke nou-en-dan eerlike (persoonlike) menings te lees. Moet asb nie ophou nie. Ek glo dis vir jou ‘n noodsaaklike uitlaatklep om ook jou werk beter te doen. En as daar enige rede in jou kerkraad, diensbestuur of wie ookal die onsinnigheid moet hanteer, bestaan, sal hulle dit ook van die tafel afvee. Baie sterkte! Daar is baie wat jou en jou gesin ook in gebed opdra.

  5. Hou so aan, doen voort – jy sal verbaas wees hoe jy gaan slaag met die terug plaas van die “ek” in die mens, steur jou nie aan die konformiste nie want hulle gesigte is almal bedek deur die masker van valsheid.

  6. Ek is bereid om die donkie veearts toe te vat ! Hy moet voortgaan ons hele huisgesin volg hom en lees en voel saam . Nee Bileam asb beur voort n donkie gaan nie le !!!

  7. Jare gelede is ek ook gekonfronteer omdat ek myself wou wees , soveel so dat dit my dag by die werk ondraaglik gemaak het en ek uiteindelik net wou vlug. Met die ondersteuning van my manlief het ek besluit ek is daar om te bly, ek het geweier dat enige persoon my intimideer juis omdat die Vader ons elkeen uniek skape met die talente wat Hy in ons skoot le. Ek ken jou baie goed, en jy het gekies om jou talent om mense op normale vlak te bereik sonder om vroom of skynheilig te wees, uit teleef en God se woord met liefde te verkondig. As kind was jy ‘n stoute klein rakker en juis daarom het ek soveel respek vir jou dat jy dadelik gevolg het toe jy geroep is.

  8. Liewe donkie. Ek het ervaar dat diegene wat my ook byt en kap oor facebook, en my blog (een twee drie blok myself), nie regtig fboekers en bloggers is nie. Hulle sien ndie die genot en ook die waarde daarvan in nie. Dit mag selfs gebeur dat hulle aansienlik meer ure as ons spandeer aan dingetjies, onskuldige dingetjies, soos….. TV!!😯
    Dis wat blogging ook vir my beteken, dat ek ‘n platvorm gekry het waar ek my opinie mag spreek.

  9. Pingback: Sê my sê | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  10. Jy werk vir God – HY is jou werkgewer. Ek dink nogal God sal jou ‘n goerkeurende tikkie op die skouer gee, want jy het beslis al meer as een verlore skaap teruggelei na Sy huis.
    Die kerk en kerkraad is maar net instrumente in Sy hande. So, hulle moet eers hul kleinlikheid voor God se voete gaan lê en Hom vra wat dink hy daarvan – dat hulle jou so oordeel? Sou graag God se antwoord aan hulle wou hoor.
    Intussen, bly die Donkie ‘n wonderlike mens en hopelik gaan hy nêrens heen nie!

  11. Oom Biliam. Ek het nou so ‘n rukkie oor jou dilemma gedink. As dit vir jou veiliger is om dalk van ‘n donkie na ‘n ou Jerseybul te verander…. ons wil jou net nie HEELTEMAL verloor nie!!

  12. Don’t let people steal your joy and don’t allow people to stop you from doing something you enjoy – especially if it makes a difference in the lives of those who need someone to show them Jesus. I know it is tough, because you expected them to support you – in stead you got the opposite. Nothing you do or say will change their opinions – let go and let God.

  13. What is wrong with these people. I am a “kerkmens” , and the HONESTY of your blog is its attraction. It shows that you are a regular guy that people can relate to. Is our life not about being who we want to be within our own “aangeleerde” norms? This is your make-up… You are a blessing to those around you and enjoy your company througn your writings. Starkte

  14. Luister nou mooi Bileam, ook hierdie beker SAL verby gaan en jy GAaN NIE toelaat dat mense jou God gegewe talente onder n maatemmer laat wegsteek nie! Jou opregtheid maak n verskil in soveel mense se lewens en is die rede hoekom ek so gelukkig is in jou gemeente. Ek kry die kleinlikes so jammer want hulle mis so baie. Laat hierdie teenstand jou na nog meer hoogtes toe dryf want jy trap op tone wat dit nodig het. Ek bid dat hulle dit sal besef. Bid vir jou en glo jy is sterk genoeg om voort te gaan met hierdie wonderlike bediening – LW BEDIENING!!!

  15. Smaak my niks het verander in jou tuisdorp- diesulkes op jou Kerkraad en gemeente wat die tyd neem om hier te lees en dan kommentaar te lewer is niks beter as een van hulle eertydse vriende JOHAN die Modimolle monster- jy mors jou asem, talent en waarde om vir hulle te preek. Tyd is tyd, en wees verseker dat hulle meer mense uit die Kerk na Lucifer jaag, as wat hulle na Christus lei- gelukkig kan ek se wat ek wil – ffffffff…… Hul almal – dis regtig jammer dat hulle jou salaris betaal- so oordeel ons mnr Malema- gin wonder hy haat witmense so nie – hy ervaar dieselfde as jy- Sterkte- is rerig jammer ek is nie daar om hulle in hul moer te stuur nie!

  16. Donkie ek dink dat jjy verkeerd is om weer anoniem te begin. Satan sal enige iets probeer om jou goedgeid te probeer wegsteek. Toe die vreksel dit nie kon regkry met de ateïste nie het hy plan gemaak met gif in die gedagtes van die mense naby jou boesem, medegelowiges.
    Sterk staan. Hou jou arms omhoog soos Aäron in die stryd, die bloggers sal ondersteuning bied.

  17. Baie dankie vir die ondersteuning julle, ek waardeer dit regtig baie. Maar kalm met die veroordeling asb, ek is regtig steeds lief vir hierdie mense! Ons kan hulle nie in hulle moer in stuur nie, broer Pieter, die Here is steeds lief vir hulle, al like ek hulle nie almal elke dag nie…

  18. o my jinne, een van my dinge hierdie jaar en ‘n nuwe seisoen is vir my om nie meer by debatte betrokke te raak en my op te werk oor goed wat anyway nooit sal verander nie.

    maar laat ek net gou vir ‘n wyle my voorneme eenkant toe sit. ek sal opstelle hieroor kan skryf, but i’ll try and keep it brief.

    om dit nou te se soos wat dit is – en ek doen dit gewoonlik nie – hierdie tipe dinge wil my laat kots … een van die baie redes hoekom ek nie meer aan die kerk met die bakstene behoort nie. ek is verseker deel van die liggaam van Christus, maar o wee – hierdie tipe goed was aan die orde van die dag my hele lewe deur – no more, thank you very much. ek is tevrede waar ek is, ek is tevrede met my besluite, ek het 100% vrede, en voel ‘n veer wat ander dink en se daaroor. ek word amper veertig en apparently gebeur dit dat ‘n mens so raak op hierdie ouderdom. 😉

    as verkramptes net by hulle eie dinge kan berus, sal dit great wees. hulle moet maar net seker maak dat hulle reg lewe, dat hulle nie judge nie, want die ou versie van haal die balk uit jou eie oog uit voor jy die splinter uit iemand anders se oog haal, sal ek ook mos nou begin rondgooi, as hulle versies wil begin rondgooi.

    daar is ‘n plek vir die kerk met die bakstene – totally, as dit vir jou werk, great. maar daar is ‘n plek vir mense wat nie daar inpas nie en ek wens net die bakstene-groep wil net oor hulleself kom en ophou om die “ander” te probeer regwys en regbid en eintlik freakin judge. hulle gaan baie verbaas wees om ons klomp wat hulle so probeer regmaak, saam met hulle in die hemel te sien.

    wens net hulle wil wakker skrik en sien dat tye verander het – jy en ‘n paar dominees wat ek ken (jy weet wie), wat mense net onvoorwaardelik liefhet en grace het vir hulle, bereik ‘n sekere tipe mens. maar nee – as julle nie die flippen resep volg nie, dan word julle aangespreek. dit maak my very nauseous.

    die Here het vir ons elkeen ander tipe persoonlikhede gegee, en dankie Vader dat daar ‘n klompie van julle is wat ons ‘alternatives’ let be … jy tel onder daai baie min van wie ek altyd praat en vir ander van vertel. julle het nie hidden agendas nie, you’re being yourself, you’re being real, you’re reaching people, you’re loving others unconditionally, you’re not judging, you’re being Jesus to other people by being who God created you to be – met JOU unieke persoonlikheid. ek is so moeg vir die boksies en die reseppies en die kak – ja, ek het kak gese ..!!

    doe zo voort bileam – i have no doubt that you are doing what you need to do and what you are called to do … en ek glo baie mense sal dieselfde vir jou. vat eerder hierdie as confirmation, as daai ander kleinlik-geit … vrekkit.

  19. Liefste Ds Ewald, my hart breek vir jou. Jy is voorwaar n dissipel in die ware sin van die woord. Soos Jesus, is jy ook in die bediening vir ons sondaars en seerkry, swaarkry mense. Moet asb nooit swig voor die “masker brigade nie”. Jy doen soos Jesus ook sou doen, hier en nou in hierdie aaklige wereld. Laat die “skrifgeleerdes” en” farisieers” van ons gemeente hulle self ondersoek. Hulle is in elk geval te belangrik en gegoed om hulle met ons gewone mense op te saal. Jesus het self gese hy het gekom om die wereld te verlos en vir ALLE mense(sondaars) lief te wees. Dankie Ds dat jy die opregte mens is vir ons ou gewone mensies van jou gemeente so baie lief is!

  20. Ek het baie jare terug vertroue in die kerk en dominees / pastore / predikante, verloor (nie in God nie). Die duiwel werk ook deur mense, al besef hulle dit nie – so moet jou asseblief nie steur in wat hulle doen nie. Ek het nadat ek jou raakgelees het met ander oe na dominees begin kyk en alhoewel sommige steeds my wese laat kriewel, het ek al ‘n paar teegekom, wat nes jy, net ‘n mens is soos enige ander. As die kerkmense hier lees, hoop ek hulle sien hoeveel mense jy aanraak, en dit net deur eerstens mens te wees wat deur God geroep is om ‘n dominee te wees. Hopelik reis ek eendag deur julle dorp en kan ek na jou (julle) kerk gaan, dit is nogal ‘n wens van my om jou te hoor preek – as jou preke so oop en menslik is soos jou blogs, kry ek dalk vertroue in die kerk ook terug.. Indien jy besluite om ‘n ander anonieme blog te begin, asseblief e-pos my – dit was juis erg toe jy weg is by Litnet, gelukkig het ek jou vinnig deur ‘n ander blog weer raakgelees (jammer almal, ek is nou wraggies een van daardie ware rooflesers)

  21. Pingback: My Eiertjie « Somtyds

  22. Daar’s groot fout met leiers wat na stories van onvergenoegde lidmate luister en dit nie summier in die kiem smoor nie. Ongelukkig die probleem met baie kerke. Mag God jou en hulle wysheid gee om die saak op ‘n manier wat God eer, te hanteer.

  23. Dit help seker nie ek begin nou ‘n preek afstuur oor die balk in jou eie oog en so aan en so aan nie. Party naastes maak dit tog so bitter moeilik vir mens om vir hulle lief te bly😆

  24. Jy is as mens tussen mense geplaas deur jou roeping. As daar een ding is (as ek moet kies), en wat ek respekteer is dit jou eerlikheid en die feit dat jy in touch is met jou menslikheid. Jy het nog nooit jouself op ‘n troontjie geplaas of as ‘n Demi-God beskou nie. Jou gebrek aan skynheiligheid dwing slegs bewondering af. Kudo’s vir jou, warts and all!

  25. Ja, dominees en die moderne tegnologie…

    Ek hoor en sien en voel waardeur die donkie moet gaan. Nog nooit was ‘n wyddenker baie geliefd nie. Danksy tegnologie het ek dié donkie leer ken (per internet) toe ek deur die wyse Russiese vlaktes met my motorfiets oppad was. Danksy tegnologie kon ek hom “verder gee” aan baie ander vriende. Skielik was sy stem nie net beperk tot Modimolle nie maar oor die hele wêreld kon mense lees wat die donkie dink.

    Ek was NG, het die NGK reeds in die vorige eeu (met liefde) afgelê, myself belowe dat ek genoeg gehad het van alles behalwe van God se Liefde. Nadat ek Ewald ontmoet het, het ek selfs gewonder of ek nie die (NG) man moet vra om die laaste woorde oor my lewe te moet sê as dit sover sou wees nie. En dit alles danksy tegnologie.

    Ewald, Jesus het `n donkie verkies om hom in te bring Jerusalem toe, nie ‘n Land Cruiser of Merc nie. Bly maar die donkie en slaanding van baie. Wat ‘n voorreg dat almal nie met jou saamstem nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s