Nee!!!!

Elke vier minute word ‘n vrou in Suid-Afrika verkrag. Met elke verkragting word ‘n vrou se lewe verwoes!

ELKE vrou wat verkrag word, is een te veel!!!  Elke Anene Booysen en die ander 1/3 vroue van Suid-Afrika wat verkrag word, is ‘n skande- wat sê dit van die manne van Suid-Afrika???

Ek voel so magteloos- wat kan ‘n mens doen om dit te verander? Ek kan net self elke vrou met respek behandel. Ek maak my seuns groot om respek vir vroue te hê. Ek verkondig respek vir vroue in my gemeente…

Ek en my seuns- ons sal vroue respekteer. En deel wees van die oplossing sodat elke vrou in ons lewe veilig sal wees, en gelukkig kan wees as mens.  Ek wil deel wees van die War Against Rape, op watter maniere ook al ‘n mens ‘n verskil kan maak vir die vroue van Suid-Afrika!

 

 

6 thoughts on “Nee!!!!

  1. Nie net die vrou nie Bileam. Haar hele gesin, haar vriende, haar naastes – almal word geraak daardeur. Dan word sy vanvoor deur die ‘regstelsel’ verkrag as sy ‘n saak maak.

    • Ek sien daardie ding in my werk Vlooi, dis so waar- die skade van wat ‘n mens dit ook al noem, verkragting, molestering, seksuele teistering- dit vernietig lewens- en raak regtig almal in haar familie en vriendenetwerk se lewens ook ingrypend!

  2. Groot waarheid- die tjol is net dit: voor hierdie uiterstes gebeur, is daar tonne geestelike en sielkundige verkragting- daai is nou vir my scary- en dit gebeur om ons en jy kan net mooi NIKS daaraan doen nie- want Menslike stelsels verhoed dit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s