Die einde van die Donkie.

Dit is nou vanmiddag mooi duidelik vir my gemaak dat ek mense te na kom met my blog. Sekere mense sal sekere van my blogs kan interpreteer dat dit skadelik vir my beeld as NG Dominee is. Sekere kere het ek woorde gebruik wat nie by my amp pas nie.

Vir al die seer wat my blog vir mense veroorsaak het, vra ek onvoorwaardelik om verskoning.

Vir die kere wat dit my werkgewer benadeel het, vra ek om verskoning.

Aangesien ek nie die professionele beeld kan handhaaf wat van my verwag word nie, is dit die einde van die pad.  Ek kan nie net ‘n masker opsit en praat presies soos die broers en susters dit wil hê nie.

Ek wil baie dankie sê vir baie goeie vriende wat ek gemaak het langs die pad. Dit voel vir my soos dood in die familie.

Vergewe my, maar ek kan net nie meer nie…

Vir oulaas

Die Donkie

 

45 thoughts on “Die einde van die Donkie.

  1. Vlooikind het niks woorde jou nie OomDoom.

    Vir my is dit ook soos dood in die familie, want hierdie was die eerste plek waar Vlooi die vrymoedigheid gehad het om haar eie masker af te haal.

    Mag die dogma en labels en boksies en maskers en glashuise en hope klippe en bitterbeker ‘n dood sterf sodat elkeen van ons mekaar ‘n ietsie kan gun in die lewe

  2. Agge nee!!!! Dis voorwaar n GROOT verlies in my lewe. Die donkie is die ligpunt van my week!! Doom, jy en donkie sal beslis baie gemis word. Ek kan nie glo “hulle” kry hulle sin nie!! Met groot smart! Totsiens!

  3. En so verloor ons alle juwele!!! Wel nie baie comment, maar elke liewe inskrywing van jou gelees. En jy is ‘n dominee, ‘n regte mense-doom. Ek kan sooo relate tot jou. Bitter baie sterkte en bly presies die mens wat jy is! Hoop ek lees jou volgende uiters “anonieme” blog waarvan jy gepraat het.

  4. baie jammer dat jy hier deur moet gaan – dit suck big time.

    hoop hulle voel nou mooi skoon en rein in hulle hartjies dat hulle hulle sin gekry het …

  5. Ek was gebore en getore in die NG Kerk en beledig en verneder deur die NG Kerk, ja my vriend en wat is ek vandag danksy die Christen Kerke want ek kan nog politiek ook insleep – ek is ‘n spirituele pagaan wat volgens 9 gebooie (Ou Testament, Eksodus) en die naaste en Chrtistelik vergeeflike filosofie van ‘n mens wat nooit gelewe het nie lewe en volg maar probeer lewe wat deur twaalf filosowe gepropageer was. Sterkte in jou stryd teen die fariseërs.

  6. Eintlik moet mense die wat kla jammer kry..waarlik hul is bejammerenswaardig, hul weet nie hoeveel vreugde hul misgeloop het nie. Wonder wat wil hul nou met die ds doen? In ‘n hokkie plaas..en kyk en bekyk en oordeel en veroordeel. Dit laat my dink aan ” laat die een sonder sonde die eerste klip gooi”
    Jy moet daar lewe , en beweeg tussen almal goed en kwaad , daarmee wens ek jou sterkte toe.

  7. Dit is uiters jammer dat daar in ons dag nog steeds oppervlakkige sensuur deur ons eie mense toegepas word ogv ‘n vals vroomheid. Indien hierdie soort sensuur op dominees toegepas word, wil ek vir die hoogeerwaarde broers/susters vra om dit tog ook met die Bybel te doen. Want hier mag ons nie woorde soos “voorhuide” gebruik nie Jos 5:3 Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.
    Ek aanvaar donder en bliksem is ook uit, dus skrap tog ook Mark 3:17 Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder”—
    Sulke ou bliksems, dis wat hulle byname was.
    Ai en was Paulus nie vreeslik onbeskof om die woord σκύβαλον in Fil 3:8 te gebruik het nie. So ‘n stouter! Gelukkig het ons vertalers dit mooitjies vertaal, eers met drek en toe met waardeloos.
    Ja ek is ook nou so kwaad soos Paulus in Gal 5:12 Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman!
    Ek het as kollega jou blog vreeslik geniet, dit was vir my tot meer seën as baie van die ander vroom snert waarmee ek al oorval was. Sterkte.

    • Jou inskrywing laat my dink aan my kleinsus se graad 2 juffrou. Sy het die verhaal van Ragab gelees en een outjie wou weet wat ‘n “hoer” is wat die juf toe moes verduidelik. Later die dag in Afr moet hulle woorde maak met “oe”. Een van kleinsus se woorde was toe ook die nuwe een wat sy geleer het:hoer. Die juf het my pa geken en ‘n sin vir humor gehad en se vandag se werk moet deur pappa gemerk word. My pa het amper van sy stoel af geval en wil dadelik by kleinsus weet waar sy aan so ‘n woord kom?! Waarop sy toe baie trots laat hoor;”Uit die Bybel natuurlik!”

  8. ‘n Stem in die duister van die kuber-wêreld wat ‘n boodskap van liefde oordra…en dis ‘n bedreiging vir d Kerk? Wat jou dwing om om verskoning te vra en die stem stil te maak? Dit laat mens wonder. Wat word van ‘n dominee verwag? O ja. Die masker. Ek het vergeet van die masker, askies. Die masker van perfeksie, van skynheiligheid, van onbetrokke korrektheid. Die masker wat vir die wêreld vertel jy het ‘n unieke, persoonlike band met God wat jou bo normale mense verhef as foutlose ambassadeur. Die masker wat nooit twyfel of vrae toelaat nie. Dis die masker wat mense wil sien, want dan sterk dit hul geloof, sien? Hulle wil nie ‘n normale mens hê wat die Woord oordra nie, hulle soek ‘n superwese met ‘n masker. Calvyn het ook nie gehou van hierdie masker nie.
    En dan is daar die bewaarders van die Woord. Nee, ek praat nie van die predikante nie. Dis die mense wat die predikant bewaar van onheil – of wat hulle as onheil beskou. Die sondeloses wat met klippe mag gooi, hulle het immers die reg daartoe. Die oordelaars en die agteraf-konkelaars wat saamsweer om die Herder te ‘herder’.
    Daars een troos. Dit het al in Bybelse tye gepla, hierdie ding. Lev 19:16 , Job 5:21, Job 42:10, Psalm 12:3, Ps 15:3, Ps 34:13, Ps 50:20, PS 54:4, Spr17:4, Matt 15: 10-20, en 3 Joh 9-10 (wat sê trots is die oorsprong van skinder) … en hierdie is net ‘n paar voorbeelde.
    Hoe ook al, dis deur foltering dat mens gelei word na die waarheid. Jy word gedwing om te sê wat nie in jou hart is om te sê nie. Dis woorde wat sekeres wil hoor sodat hulle kan voel hulle het nou ‘reg’ opgetree. Dis ‘n teken – aan jou kant – van bereidwillige nederigheid. Vrede is herstel en daar is deur ander huistoe gegaan met die selfversekering dat hulle die Here se wil gedoen het. Maar nou moet die liewe Donkie in die stilte van sy binnekamer die waarheid soek. Wat wil die Here van jou hoor? Wat is die woorde (Jy weet dit reeds) wat jy teenoor Hom wil uitspreek. Ek glo dis nie woorde van verlossing nie. Dis Dawid se woorde van beskerming teen die vyand.
    En so, my liewe vriend, dra ek jou in my gebede. Ek ken die gevoel waarmee jy nou worstel. Dit het my vervreem van mense en ‘n gelukkige lewe verwoes. Mag dit nie so wees met jou nie.
    Ek bid vir jou….

  9. Totsiens Donkie. Sien jou in die kuberhemel sonder jou masker wat jy in hierdie blog moes dra. Liefde vir Ewald. Weet hulle dan nie ‘n nuwe blog is net ‘n knoppie vêr nie? DRUK DAAI KNOPPIE!

  10. Here , vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Hierdie blog het al meer as een verlore skaap teruggelei na U. Bewaar die Donkie en lei hom om altyd getrou te bly aan homself.

  11. Ai, Ore, ek stem saam met al die mense wat al hier voor my kommentaar gelewer het- en ek het ‘n vorige keer al gepraat oor die ouens wat die eerste klip wil gooi. Maar dit is so, jy is afhanklik van hulle vir jou brood en botter, so, preek asb vir hulle ELKE Sondag oor vergewensgesindheid en daardie stukkie van” moenie oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie’ , die klippe wat hulle nie mag gooi nie, die Liefde van God wat selfs die sondige vrou vergewe, die 70×7 keer vergewe ens, Sjoe, jy het genoeg preke vir jarre!
    Ons ander sal jou mis. Laat weet ons asb van jou nuwe blog!

  12. Ek hoop die kerklike se stem (alles kleinletters) kom ook so sterk deur oor die groter euwels van ons tyd wat volgens die diknekke (ook kleinletters) “reg en goed” is.

    Sterkte.

  13. Ja, en so word jou werkgewer armer, en armer. Miskien moet ek my werk ook so ernstig opvat, en kerk (klein letters) toe bring. Die bedrading is verouderd, ligte werk nie, oorbelaai- fire die flippen dominee hy maak van die NG kerk n gevaarlike plek om in te sit- Flippen belaglik- gaan oefen julle werk by die werk en laat GOD se geregtigheid geskied en oordeel geld. Julle wat die klag bring gaan n goeie prokureur en korrupte landros(wat nie daar bestaan) nodig he vir die lewe hierna- shame!

  14. Dis ongeloofik dat so iets nog vandag kan gebeur. Sterkte vir jou. Dankie dat ons die mens agter die masker kon leer ken. (Haal dit so nou en dan af en steek tong uit vir al die skynheiliges.)

  15. Totsiens Donkie (vee traan af) Baie dankie vir alles wat jy gedeel het, ek het regtig jou blog geniet, die ligter inskrywings en ook die meer ernstiger dae! Kan mens iewers as Afrikaner bedank? Sal dit help om van die kleinsieliggheid af weg te kom?

  16. Die trane loop al heel aand . Ek het vir oulaas afskeid geneem van familie wat reeds in NZ bly en net vir hul seun se troue RSA toe gekom het – hulle kom nie sommer weer terug na volgende Dinsdag nie. En nou lees ek hierdie raak en die trane loop net ‘n bietjie vinniger. Weereens, nooit se ek veel nie, maar het jou altyd raakgelees, hoop gekry vir die kerk – nou weereens die versekering gekry dat ek beslis nie in ‘n kerk hoort nie, veral nie as iemand soos Ds Donkie soos drek behandel word nie. Ditto al die comments hierbo. Gaan jou geweldig, hoop ek kry ‘n notifikasie as ‘n anonieme blog gestig word.

  17. Ja Donkie, my hart is baie seer en ek is baie kwaad – kwaad omdat mense hulself die reg toe-eien om hulle kleinlikheid aan die groot klok te hang. Dit kon in n persoonlike gesprek met jou uitgesorteer en afgehandel geword het. Ek is kwaad omdat ek ook n ‘professionilitaliteit’ (weet nie eers of daar so n woord is nie maar dit is wat dit beteken) het om te handhaaf en daarom nie mag se wat op my hart was nie. Maar weet net jy mag voel dat jy verloor het, maar jy tree as die oorwinnaar uit hierdie stryd. As ek net kyk na die kommentare hierbo dan sien ek hoeveel lewens jy net hier aangeraak het – kan die aanklaers dieselfde se? Bid vir jou en weet jy gaan hierdeur kom en sterker anderkant uitkom en mooi asseblief hou aan om te preek oor wat die Here op jou hart le want jy het obviously op tone getrap. As jy n ander BAIE ANONIEME blog begin wil ek asb weer deel daarvan wees. En ek ondersteun elke kommentaar wat hier gelewer is.

  18. Pingback: Hoop by kaal meisies « Eelt

  19. Sulke mense is die rede vir die afname in NG Kerk in besonder, en die Kerk in die algemeen se lidmaat getalle. Dankie Vader, ek behoort nie aan hierdie groep kleingeestige mense nie!

  20. Donkie, hou jou oog gevestig op Jesus, op die einddoel, op vergifnis (nie maklik nie). Om nie bitter te word nie, maar beter. Jy gaan nooit alle mense se goedkeuring vind nie. Mag die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, by jou die wag hou, jou versterk, jou vul en jou oorstroom!

  21. Bileam, hierdie boodskap is nie vir jou nie maar vir jou werkgewers wat die blog lees en hopelik ook die kommentaar hierop lees. Dit is as gevolg van hierdie tipe kleinsieligheid en klein burgerlikheid dat daar ‘n stoflagie oor my sitplek in die NG Kerk is. Dit het ook die gevolg dat verskeie N G kerkgeboue leeg en geabandoneerd staan oor Suid- Afrika en ek verwys spesifiek na die gebou in Langlaagte, ‘n geskiedkundige gebou verkoop aan die Moslems.

    Vir jou, Bileam, wil ek net se dat jou eerlikheid en gebrek aan skynheilighed vir my hoop gegee het vir die N G Kerk, maar jou werkgewers se optrede het nog ‘n kersie doodgeblaas. xR

  22. Ai Donkie, ek onthou nog hoe daar so 150 jaar gelede ook ‘n kerklike besluit geneem is “ter wille van die swakheid van sommiges”. Dit is ‘n besluit wat die skeidings en onderskeidings soveel momentum gegee het. Om die eerlike donkie wat nie altyd die “mould” pas nie uit te sit, resoneer nie met my nie. Maar dit verbaas my nie. Soos ‘n wysgeer eens gesê het, daar is geen “fun” in fundamentalism” nie. Daar is ook geen salf te smeer aan diegene wat kies om seerkry wanneer iemand eerlik en outentiek lewe nie. Die ironie is dat hulle sal aanbeweeg tot ‘n verdere geleentheid om hul skietgoed uit te haal. Sekerlik het ons almal ons krom en skewe woorde en by tye mag wat ons skryf dalk kontroversieël wees. Maar ‘n eerlike worsetlinge met ons eie swakhede, ons verklaring van ons liefde en verstaan van ons lewe op aarde is sekerlik meer van waarde as om dieselfde te doen as wat donkie dalk van die preekstoel verkondig?

    Ek is jammer Donkie. Ek gaan jou skrywe en journeys mis. Ek het ook eens by ‘n kruispad gekom na 6 jaar se wonderlike teologiese studie en skielik die lig gesien. Ek het besluit om die kerk se werks-aanbod vriendelik van die hand te wys. Ek mis steeds die teologie. Ek leef egter my beroep en die lewe. Ek hoop die donkie gaan under-ground en skryf iewers, al weet nie een van ons dissipels daarvan nie. Ek weet dit sal donkie laat lewe en jou bewussyn van lewe, menswees, verhoudinge, goeie wyn en vryheid om jou bike saambind.

    En soos Bob Marley gesê het, “You can please some of the people some of the time, but you can’t please all the melon-farmers all of the time” [soos Scaramouche aangepas]….

  23. Dankie, Bileam. Jou donkiewysheid is vir my kosbaar. Ek hoop ek hoor weer so terloops van ‘n BAIE ANONIEME blog. My mooiste wense vir jou en jou gesin in ‘n onlekker tyd. Maar, daar sal ook ‘n einde aan kom. En ek glo jy sal nogsteeds dieselfde Bileam donkie-sonder-masker wees. Mooi loop!

  24. Ja ou donkie! Hulle het jou pels lekker deurmekaar gekam. Net jammer jy skop nie terug nie. Jinne ‘n donkie skop seer! Wat my dronker as dronk slaan is dat daar ‘n generasie bestaan wat niks weet of verstaan van die krag van die internet en sosiale media nie, dit is hoekom ons jongmense in die kerk verdwyn. Sou graag wou weet wie is die suurknol wat probeer terpentyn onder jou stert smeer?

  25. Ag nee toggie. Miskien het al die waarheid net te seer gemaak. Miskien vergeet almal dat ‘n Dominee ook net ‘n mens is. Ek dra dus dan nou amptelik my nuwe storie wat ek bandag plaas aan jou op! 😆 Nogal getiteld: Hel In Die Kerk.

  26. Van ‘n kollega…
    Ek verstaan jou omstandighede en waardeur jy gaan al te goed. Het self die padjie gestap – ek het net nie my blog heeltemal opgegee nie.
    Dis ‘n jammerte dat jou stem gaan stil raak – ek wonder soms ernstig of die kerk die hart het waaroor hulle so graag preek? Ek vra: Hoekom het kollega’s nie die liefde van die Een waarvan hulle so dikwels praat nie?

    Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s