Om te ês, of nie te ês nie, vra die Wikkelspies…

Ek en kollega gaan kuier vanmiddag by ‘n legendariese biker/blogger. En die twee vat my toe sommer net daar aan oor ek so Ingels geword het deesdae, en nie meer die Afrikaans gooi nie. Hulle wil graag sien dat die Donkie soos Lasarus maak, en uit die dood opstaan…

Die Donkie weet nog nie of dit so goeie idee is nie.  Dis wat die laaste keer in die Donkie se lewe gebeur het…

OL-Donkey-CartSo hierdie is nog nie ‘n lewendige Donkie nie. Hierdie is ‘n Dooie Donkie wat gewonner het of dit darem lekker sal wees om vir ‘n slag te lewe…

Dooie Donkies kan nie dink nie.  Mense skop nie dooie Donkies nie…    Maar dalk het die Donkie gevoel hoe voel dit om ‘n Perd te wees, en skop hy nou terug waar nodig, sou daar wel ‘n ressureksie  van ‘n aard plaasvind…

Laat ‘n mens Dooie Donkies lê? Of moet lui Donkies opstaan?  Wat dink jy?

22 thoughts on “Om te ês, of nie te ês nie, vra die Wikkelspies…

  1. Hierdie donkie moet dadelik opstaan en sy plek volstaan! Ek dink nie ek het al ooit in my lewe ‘n donkie so gemis nie.

  2. Sien ek wat ek sien??? Ek kan my die beste in sang uitdruk, so….. OOOOOOOOOOo, die donkie, Jaaaaaa die donkie!!! Die Donkie is ‘n wonderlike ding…… 🙂

  3. Met die grootste respek donkiedoom, maar is jy totaal van jou sinne beroof!? Daardie kleingeestige blikslaer(s) wat jou laaste keer byna jou werk gekos het, wat jou familie se welstand in die gedrang geplaas het, sit nogsteeds in die voorste banke van jou kerk en fynkam nogsteeds jou skrywes vir ammunisie om na die eerwaarde kerkraad toe mee te hardloop. Soveel as wat ek jou blog geniet, wil jy dit werklik aan jouself doen? Indien die antwoord hierop steeds ja is, stel dan asseblieftog ten minste net die blog op privaat en gee vir die mense wat hier wil wees die wagwoord.

    • Soos hy sê OomDoom

      en

      Daar is ‘n tyd en plek vir alles in die lewe en om te kies om weer met dieselfde klippe gegooi te word is effe nie vars nie.

      Ek mis die Donkie, maar om te luister hoe iemand met ‘n lat geslaan word deur ‘n klomp skeinheiliges is nie die woorde werd nie

  4. VERSEKER moet die dooie donkie opstaan!!! Please, ek dink ek kan namens ALMAL sê: ons mis jou vrek erg, oom Doom!!!

  5. Wil ek nou sommer soos daai pappegaai in die ou NBS advertensie skreeu “YES, YES, NBYES!!!!!!!!!!!”

    (Ek stem wel saam met Korrelkop se voorstel!)

  6. Die donkie wil hom nie laat begrawe nie. Twee aande gelede delete ek so ewe die donkie se naam van my lysie af, en hier herrys hy uit die graf.

    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

  7. Ek het my hele blog onder dirkieduplessis, gaan afhaal toegemaak oor mense …en ek huil nou nog oor verlore skrywes en gemak wat ek toe mee geskryf het, heeltyd gevoel daar word oor my skouer geloer en gelees en dit wat kosbaar vir my was, is weg oor sielloosheid. Het empatie, niks kan soos voorheen wees , besluit eers nadat jy die’ doring in jou vlees’ direk gaan konfronteer het, minstens kan jy oogkontak maak met die persoon , as dit ‘n plus is.

    • Hi Dirkie- ek het dit daardie tyd al gedoen, en al die mense betrokke een tot een gesien… goeie kontak met almal wat destyds betrokke was daarby, my hart is skoon…

  8. Ek het nou al die kommentaar gelees en ek is “in two minds”. Ek wil die donkie bitter graag terug hê, maar nie ten koste van jouself nie. maar dalk, na Junie? Wie weet 😉

  9. Dankie julle- ek mis ook die Donkie… dalk maar ‘n weeklikse enetjie op Vrydae probeer vir eers…
    Die rede vir die Engelse blog- baie wyer leserskring, kommunikasie met die wêreldreisigers wat my in die eerste plek laat blogs lees het. Binne 4 maande het die Engelse blog ook 3X meer lesers as Bileam. Maar ek mis die Afrikaans baie!
    Korrelkop- die geslote blog gaan nie werk nie, want ek weet nie eers presies wie is al die mense hier bo nie.

  10. Ek se ook ja!!! Laat donkie terugkom, maar stem ook saam dat jy op n manier jouself moet beskerm. Daar moet tog n manier wees in hierdie gevorderde tegnologiese eeu waar jy kan besluit wie kan inkliek en wie nie. Ek is in daardie afdeling totaal gestremd, so vra maar vir die slimmes. Maar maak baie seker oor jouself en besluit dan wat om te doen. Sterkte. Bid vir jou en weet jy sal die regte besluit neem.

  11. Kon my eie twee oë nie glo nie!! Ek het gister na die gallery-blog gewonder of die donkie nie dalk maar iewers lê en wag dat iemand hom so liggies ophelp nie. Bileam, ek het hierdie blog verskriklik geniet – ook oor al die ekstra teffies wat jy uitgehang het, sodat ek anders oor goed kon dink. Ek hou van die Ruiter en al die vreemde plekke waar hy galop. As jy kan, as jy veilig voel, asseblief!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s