Gemengde gevoelens op die Saadrag aand…

Ek probeer darem nou een keer ‘n week by die Donkie uitkom, om vir hom kos te gee. Maar hierdie week is die gedagtes so bietjie moeilik en deurmekaar geklits…

Daar is wonderlike dinge aan die gebeur:

  •  Ons hele gemeenskap is so trots op Arno Botha se debuut in die Springbokspan vanaand teen Italië- ons ken hom goed en hy is darem net een van die ouens wat die hardste gewerk het daarvoor. Hy bly nederig, en toeganklik vir almal van ons!

  • My oudste seun speel heel netjiese rugby- op die bank vir die Hoërskool se eerste span. (In Arno se ou posisie…) Hy is baie beter in die spel met die ovaal bal as wat sy pappie ooit gehoop het om te wees.
  •  My jongste seun het vandag sy rugbyloopbaan by die Laerskool afgesluit- volgende jaar moet hy by die Hoërskool gaan inskakel as ‘n onder 14. Hulle het lelik pak slae gekry by Laerskool Phalaborwa, maar hy het, behalwe vir die 2 knocks en 1 gemiste tekkel, darem baie mooi vir sy pa gespeel!
  •  My skoonma is vandag 82 jaar oud. En anders as die meeste van my pelle het ek nog nooit moeilikheid met haar gehad nie- ek hoop sy word nog lank vir die familie gespaar.

Daar is ook spannende dinge aan die gebeur:

  •  Madiba is alweer in die hospitaal, en die oubaas lyk nie goed nie.
  •  Ek het die lelikste maagkrampe, en begin vermoed ek het ‘n koring weerstandigheid- ons het juis weer so lekker weggelê aan ons plaaslike bakkery se croisants en vetkoeke vandag. Dit raak al meer gereeld dat ek so voel na broderige kos… die gemene deler begin na koring lyk…
  •  Ek beleef een van die heel spannendste tye in my lewe hierdie week- erens in die nabye toekoms kan ‘n enkele telefoonoproep alles verander… ek kan eers heelwat later daaroor gesels… bid maar vir my/ons…
  • My Corolla se agterbande is klaar en ek moet self binne die volgende 1500 km die 105000 km diens betaal…

Daar is lewensveranderende besluite nodig:

  •  Ek het alweer onfiks geraak, en is nou behoorlik gatvol vir my eie slapgatgeit… (skies sensitiewe lesers- effe donker Afrikaans…)
  •  Ek kyk na gesinsfotos, en lyk glad nie sportief en fiks nie. Dit moet nou begin verander want ek wil waaragtag nie so op AL die gesinsfotos lyk nie.
  •  Ek kort dringend bietjie orde in my studeerkamer- die kat sal nie haar kleintjies hier kry nie…
  •  Ek moet dringend weer ‘n goeie boek kry om te lees!
  • Ek wil weer dringend aandag gee aan my tydsbestuur-  ek kan beter doen as wat ek nou doen.
  •  Daar is ‘n paar groot veranderinge nodig in my kop- die manier waarop ek dink is nie lekker op die oomblik nie.

So liewe vriende, die Donkie is ok maar nie so lekker nie…  dalk, as DAARDIE stukkie onsekerheid uit die weg uit geruim word, kan ek weer voluit aangaan met my lewe!  Intussen hoop ek die lewe behandel jou nog mooi, dat jy goeie gedagtes dink en soms iets lekkers aanvang ook.

5 thoughts on “Gemengde gevoelens op die Saadrag aand…

  1. Ai ou vrind, nou maar toe jong kom, kom probeer 1 keer ‘n week in die middel op ‘n fiets en dan 1 keer ‘n week ‘n kilometer of wat stap. Begin daai studeerkamer uitsorteer, jy sal moet 1 van die dae. En kry daai koppie skoon jy het bewys jy kan.

  2. Gister sê ek vir my sielsvriend – ek het nodig om te regroup en te recentre. Iewers het ek nagelaat om die binnekant vol te maak en is dit nou leeg.

    Onsekerheid ry vir jou bloots in die nag en rondomtalie met jou gedagte wêreld dat jy stil op die stoep eindig.

    Mag jou vrede gou aan die deur klop OomDoom.

  3. eish – i know what you mean hey.

    die gluten intolerance ding – nie lekker en maklik nie, maar doenbaar – inbox my – ek sal jou ‘n paar tips gee – ek is in dieselfde bootjie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s