Dit is te ver bo my begrip… Psalm 139:6

Dis Saterdagmiddag laat. Die Springbokke speel op Mbombela stadion. Almal juig en skree.

‘n Jong moeder is met haar babadogtertjie op pad huis toe. DIE baba is veilig in ‘n karstoeltjie vasgemaak. Daar is baie kruideniersware agter in die kar.

DIe res het ek uitgevee…

DIe babadogtertjie het ‘n paar kneusplekke op haar kop, en ‘n sny op haar een voetjie… Dis ‘n wonderwerk- sy leef!

Ek moet Vrydag iets sê, en ek…

8 thoughts on “Dit is te ver bo my begrip… Psalm 139:6

  1. Dit is hierdie deel van ons lewe op aarde wat ek nie kan verstaan nie. Ek weet God is in beheer en ek weet Hy tree op en laat dinge toe om te gebeur omdat Sy liefde vir ons bitter groot is en Hy die Ewigheidsplan ken, maar….

  2. Baie dankie julle! NA ‘n baie lang nag se worstel dink ek ek gaan maar Psalm 139 preek oor die Here se teenwoordigheid… ek hoop daar kom nog baie inspirasie voor Donderdag middernag!

  3. Sjoe, dis nogal ’n moeilike posisie om in te wees. Wanneer hierdie onbegryplike dinge gebeur probeer ek myself herinner aan wat Job my alles geleer het:

    – Slegte goed gebeur met goeie mense ook.
    – Wat jy saai sal jy maai – werk nie altyd nie, dis nie altyd waar nie.
    – Dis menslik om, in ’n oomblik van diepe benoudheid, God te bevraagteken.

    Ons kan hoofstuk na hoofstuk debatteer oor hoekom die ellende ons op so manier moes tref, maar op die ou end:
    – God is God, en ons, duidelik nie. Punt.
    – Ons kan Hom nie manipuleer nie of met Hom stry asof Hy ons gelyke is nie. Hy is aan ons geen antwoord skuldig nie.
    – Ons kan iets van Hom verstaan (dit wat Hy ons wys), maar ons kan Hom nie verklaar of voorspel nie.

    Ons wil so graag verstaan hoekom gebeur wat gebeur, ons wil so graag hê dinge moet sin maak, maar soms kan ons eenvoudig nie. Ten spyte van God se almag, liefde en teenwoordigheid is daar soms nie ‘n antwoord nie. Soos Job, moet ons soms net stilbly, ons praat eenkant toe skuif en net oorgee aan die Here.

    Weet jy: Dis my eerste keer dat ek hier by jou kommentaar lewer, maar beslis nie die eerste keer dat ek hier lees nie. Ek is self nie seker waarom ek juis vandag voel om te reageer nie, miskien omdat Psalm 139 by vêr ’n persoonlike gunsteling is, miskien omdat ek dit juis gekies het die dag toe ek my boetie, en (twee jaar terug) ook my ma moes groet, of miskien sommer net omdat ek dink dis ’n gepaste vers vir enige begrafnis. Nietemin, ek dink nie jy maak ’n fout met Psalm 139 nie. Wat my betref word daar heeltemal te min oor hom gepreek.

    Sterkte vir môre.

    En, dankie vir die pitkos wat jy hier vir ons ander los. En as jy dalk nie weer van my hoor nie beteken dit nie dat ek nie meer hier lees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s