Johnnie is nie dood nie…

Nadat ek Amos se Rolbos vanoggend gelees het, kom Koos Kombuis se liedjie op die wonderlike CD Bloedrivier in my gedagtes op.

Johnnie is nie dood nie… hy is net uitgepass…  Ek sit agter my lessenaar op my afdag, ek sit die Bloedrivier CD in terwyl ek enkele briljante blogs lees… en die volgende lied na Johnnie is: Waar is Mandela?

Mandela is in die Harthospitaal in Pretoria…  Johnnie is nie dood nie… maar ek ruik ‘n helse komplot tussen die gulsiges…

daar is diewe en hijackers in die strate, sing Koos… My dogter is gesmash en grab- nog ‘n spyker in my finansieële kis…

Obama land in Suid Afrika, en Cosatu protesteer- Ons soek seker nie nog jobs nie…

Net nog ‘n *** storie, sê Koos.  Ek sal maar die 1e lied nou skip, ek is nie heeltemal opgewasse vir die *kolsong nie…

Gisteraand het ek en enkele ander manne na Dawie Spies geluister oor die Manne van die Woord beweging. Ja- ek wil graag van Suid Afrika ‘n beter plek maak. Ja, ek wil graag by myself begin. Ja, ek wil graag hê my vrou moet weer opgewonde wees oor wie ek is. Ja, ek wil graag my kinders op die regte pad lei.

Die ander Koos se CD is darem so mooi, maar ek het hom nog nie. Daar waar Koos van Prophet vir Leonard Cohen in Afrikaans sing. Ek sal sommer op die motorfiets stad toe ry vir daardie een…

Die mooiste gebed in Afrikaans is seker maar nog steeds Koos se Mercy Me- daar op Bloedrivier… maar die enkel Gereformeerdes gaan nie daarvan hou nie. Daar is daardie een ou woordjie daarin. Maar die mees opregte gebed wat ek in ‘n lang tyd gehoor het…  genade vir my want ek het my pad verloor…

Anderkant die longdrop… daardie lied draai om een of ander rede al die hele week in my gedagtes rond….

In my siel se diepste dors…

Anderkant die longdrop gaan die son weer skyn, anderkant die longdrop gaan die vlieeë verdwyn…

Solank Johnnie net nie dood is nie…

Die pampoene op die dak en die perskes op die rak sê…

Wat gaan met die Donkie aan vanoggend? Ek dink dis tyd vir Huisbesoek…  daarna sal ek ‘n mooi blog skryf met al die regte klanke, vroom soos Jan de Wet…

 

 

9 thoughts on “Johnnie is nie dood nie…

  1. Ek het Bloedrivier net so geniet, Koos het net ‘n way met musiek en woorde.

    Het somehow Dertien gemis, sal gaan kyk vir hom die naweek.

    Hoop jy het ‘n lekker dag!!

  2. Vanoggend in my stilte tyd lees ek van Annanias en Saphira. Wat skynbeeldig vroom was. Wat soos die ander on hulle ook hulle grond verkoop het en die geld vir ‘die kerk’ gaan gee het. Want almal om hulle het dit gedoen. Maar hulle gee nie die volle bedrag vir ‘die kerk’ nie. Hulle hou ‘n bietjie terug vir hulle self.

    Ek dink die kruks is om eerlik te wees. Met jouself. En met God. Ek het ‘ n hekel aan die maskertjie christene. Die beter as ander christene. Hulle gee die res van ons ‘n slegte naam.

    Ek sal die ding ‘n bietjie beter gaan deurdink en dan my eie gedagtes daaroor blog.

    In the mean time my friend. Wees wie jy is. Wees eerlik met jouself en met God. As jy gatvol is is jy gatvol. Dis ok.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s