Oom Barrie se Bybel

Ons dominees se werk is nou nie altyd maanskyn en rose nie. Partymaal kan ons ook maar murmereer soos die Israeliete van ouds in die woestyn.

Maar soms het ons ook met wonderlike oomblikke te doen.

Een van die mense wat my baie diep aangeraak het met sy menswees, was oom Barrie Barnard gewees. Oom Barrie het baie gekrimp met die jare, hier teen die einde was hy baie kort gewees. Maar ‘n man van groot statuur in die gemeenskap. Oom Barrie was baie lief vir die Here gewees. En hy het vir lank gesit en skrywe in die aande. Sommer baie van daardie eksamenblokke vol geskryf met sy vulpen.

Elke keer as ek hom gaan besoek het, het die besoek nog meer vir my beteken as vir hom Hy was een van daardie mense wat altyd vriendelik was, en nooit gekla het nie, selfs as die gesondheid baie pla. Oom Barrie kon ook later nie meer hoor nie. Maar sy oë het altyd geblink as mense met hom praat, hy was baie lief vir mense. Oom Barrie is so twee jaar gelede oorlede, toe hy al goed in die negentigs gevorder het.

Sy weduwee, tannie Rachie, is net so ‘n kosbare mens. Sy is vol liefde teenoor almal, en sy is altyd vrolik. So sê sy ek moet bietjie vir haar kom kuier, sy wil graag vir my iets wys. Vanoggend na die Bybelstudie maak ek toe ook so.

Hulle seun Gerhard, ‘n leraar van die Kaap, het al die geskrewe eksamenblokke geneem, en dit baie professioneel laat bind.  Die geskryf was toe al die tyd die hele Bybel, wat oom Barrie woord vir woord oorgeskryf het met sy vulpen. Alles so netjies, soos oud-onderwysers soms maar maak…  Ek het toestemming gevra, en oom Barrie se Bybel met my selfoon afgeneem. Gerhard leen vir sy ma die Nuwe Testament, die ou Testament is glo in nog drie sulke volumes gebind.

So lyk oom Barrie se Bybel:

20130723_10405320130723_104101

 

20130723_104036Die woorde van Matteus 1:1, en so gaan die hele nuwe Testament handgeskrewe voort tot aan die einde van Openbaring 21. En daarna die wonderlike kort gebed:

20130723_104146” Dankie Here vir die genade aan my om die skryfwerk en studie te kon voltooi” en geteken L. G. Barnard

Dit is ‘n kosbare nalatenskap vir sy familie, en ek is so bly Gerhard het hierdie potensiaal raakgesien in die hope ou eksamenblokke.  Dit was vir my aangrypend mooi, en dit is vir tannie Rachie net so kosbaar om dit met my te kon deel.

20130723_104158

 

Oom Barrie se getuienis was soos Psalm 119:103 sê: “Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.”

 

 

28 thoughts on “Oom Barrie se Bybel

  1. Ag en daar pik ek wragtag ‘n traan vir Oom Barrie wat met liefde elke aand sy Vader se Woord geskryf het

    Dankie DonkieDoom – Vlooi moes hierdie sien vandag

  2. Ek sit ook met daardie knop in die keel. Daar is seker nie ‘n beter nalatenskap as ‘n lewe so na aan die Here nie. En natuurlik die handgeskrewe bewysstuk om ons te inspireer.

  3. Ag hoe mis ek nou my oupa… Ek onthou hoe ons hom altyd moes gaan roep vir ete of die nuus daar war hy gsiten skryf het…en dan het hy altyd so skelmpies sy boonste laai oop getrek en vir ons een van sy lekkers of blokki sjokolade gegee wat hy weggesteek het… what a man.

  4. Hier sit ek en ouma Rachie en lees al die boodskappe oor my oupa se spesiale nalatenskap. Ons het sopas hierdie mooi blog inskrywing op facebook gedeel met my oom Gerhard, my ma Mariaan en op my eie. Vir die hele familie was oupa ‘n seën en ‘n voorbeeld van ‘n man wat met God geloop het (en ouma is steeds vir ons ‘n blessing). Ouma het hierdie nou so geniet en waardeer en sy wil net dankie sê!

    • Dankie dat jy dit vir haar gewys het, Rachel! Jou ouma is net so ‘n blessing in my lewe, sonder mense soos sy sou ek al lankal iets anders vir ‘n lewe wou gaan doen het!

  5. Hi, my name is John and I live in Sydney, Australia. Can you please tell me if this is the same Mnr L G Barnard that was a teacher at Goudveld Hoerskool in Langlaagte Johannesburg?

    • Wow, John! What an amazing surprise!! Could you please email me (rachelmaritz@telkomsa.net)?. I am sure my mother and grandfather would love to get in touch with you and find out if you knew my grandfather. I followed your link and found my grandfather – what a wonderful, unexpected gift!

      • Wow, John! What an amazing surprise!! Could you please email me (rachelmaritz@telkomsa.net)?. I am sure my mother and grandmother would love to get in touch with you and find out if you knew my grandfather. I followed your link and found my grandfather – what a wonderful, unexpected gift!

        • Liewe Rachel,dit was vir my wonderlik om so van jou oupa te lees.Ek en jou ma hulle was almal saam met my broers en ek en my sus op skool. My ouers en jou ouma en oupa was groot huisvriende. Jou ouma sal my onthou as Tokkels, dogter van Deon en Debbie Krige. Groete aan die familie. Susan Krige van Huyssteen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s