Baie geluk met jou verjaardag… moenie slaan nie…

Kom ek nou die dag weer in die moeilikheid by een van die hiper vromes van die Here se kindertjies.  

Ek het dit gewaag om daardie persoon “Geluk met jou verjaardag” toe te wens. 

Christene praat mos nie so nie! Weet julle hoe gevaarlik is die geluksgod?  Hoe kan ‘n mens iemand se toekoms op “geluk” toevertrou, so asof die toeval sal voorsien in al die seëninge wat die persoon nodig het om sinvol te lewe?  Om geluk met iemand se verjaardag toe te wens, is om die Here uit die pad uit te skuif, en die noodlot die laaste sê te gee… 

Isit? 

Wel, daar is ook ‘n ander manier om na die saak te kyk.  Ons een ou probleempie in Afrikaans is dat ons as ‘n jong taal baie minder woorde het as die ou gevestigde wêreldtale soos Engels en Spaans. 

“Geluk”- as jy nou regtig wil, kan jy dit bedoel met wat die Engelse “Luck” voor sê.  Toevalligheid. Noodlot. ‘n Kans. Gelukkig in daardie sin is “lucky”- iets buiten die gewone het toevallig oor jou pad gekom. 

Maar- “Geluk” is ook die stam van die Afrikaanse woord “Gelukkig”, dit wat die Engelse met “Happiness” sou vertaal.  In die Bergrede het Jesus telkens gesê: “Gelukkig is hy… “

Geluk in hierdie konteks is ‘n diepe tevredenheid met jou lewe. ‘n Stuk dankbaarheid teenoor die Here  vir al die mooi seëninge wat jy in jou lewe beleef.  ‘n Stuk vrede in jou gemoed oor die verhouding met God/ jou naaste/ jouself in harmonie is.  Geluk in hierdie konteks is ‘n sinvolle lewe, ‘n lewe vol betekenis. 

So ek gaan nie anders praat nie. Geluk met jou verjaardag! VAt dit soos jy wil! 

Image

14 thoughts on “Baie geluk met jou verjaardag… moenie slaan nie…

  1. Ag my liewe aarde! O togga, dalk is daar iets groot verkeerd mee om van die liewe aarde te praat.😦 Soms kan ‘n mens maar net jou hande saamslaan en jou kop skud. GELUKKIG hoef ‘n mens jou nie aan alles te steur nie!

  2. Sjoe, Bileam se donkie, klink die storie in die skakel hierbo, nie bietjie dik vir ‘n daalder nie? Daar is soveel feite wat nie rym nie. Ek wonder so bietjie of dit nie ‘n scam is nie.

  3. Baie geluk DonkieDoom dat jy gelukkig genoeg is om jou nie aan hiper vromes wat net so plek plek lees en onthou soos dit hulle pas nie.

    Baie geluk met jou verjaarsdag ook en dankie vir die gelukwensing van myne – ek bêre dit vir wanneer dit aanmeld

    Grond mens kry wragtag kleinlik anale mense in die lewe – tsk wee’ jy

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s