Vieruur in die more

Is die wêreld maar ‘n donker plek!

In Lynnwoodweg skree die alarms. Motors waar daar ingebreek word. Polisie wat die kapers jaag. Ambulanse wat die beseerdes na die Wilgers hospitaal toe jaag…

Ek is in Pretoria vir die kerk se Lentekonferensie. Die tema is iets in die lyn van “Hoop in tye  van Wanhoop…”

Gister middag se laaste sessie het ons in ‘n werkswinkel gekyk na Nelson Mandela se toespraak voor die Algemene Sinode van 1994, kort na hy President geword het. Hy het verskoning gemaak vir sy Afrikaanse uitspraak, en tog die moeite gedoen om sy hele toespraak in Afrikaans te doen. Hy het gesé ons almal is welkom in hierdie land. Hy het die kerk gevra om te help om die nuwe Suid Afrika op te bou. Het ons? 

Johan v.d. Merwe het Tim du Plessis aangehaal wat gesê het party menwe het geëmigreer. Party het gewens hulle het geëmigreer. En party het na binne geëmigreer. En nie een van die groepe is deel van die oplossing hier nie… Ek het nie ‘n enkele woord gesê in die werkswinkel nie. Dis nie jy nie Johan, ek was skaam…

Ek het ook ingeskryf vir Elize Morkel se werkswinkel oor die geregtigheid vir vroue in ons land.  Dit is skrikwekkend hoe paternalisties ons samelewing in die breë is, en hoe moeilik dit die lewe vir vroue maak omhulle volle potensiaal uit te leef. Ons het so grootgeword, en soma is ek ook skuldig daaraan. Dis waar Elize mens so uitdaag om vars en nuut te dink. Hoekom is daar so min by hierdie werkswinkel? Waarvoor is ons bang?  Soos altyd wil die Donkie so graag deel van die oplossing wees vir die seer van vroue, en nie deel van die probleem nie. Ek kry dit nie altyd reg nie- jammer!

Ons het ‘n verantwoordelikheid en ‘n rol om te speel, hier en nou…

Dis half vyf in Lynnwoodweg. Die voëltjies sing en die horison word rooi…

12 thoughts on “Vieruur in die more

  1. Maak nie saak hoe donker en vreesaanjaend die nag was nie, wanneer die son sy eerste rooi kwashaal oor die horison trek is dit ‘n nuwe dag en ‘n nuwe geleentheid om die dingetjies reg te maak waarmee jy gister dalk nie nie goed gevaar het nie. It’s a beautifull system

  2. Net die feit dat jy daar is en dat daar n begeerte in jou hart brand maak n verskil. Jy maak n groot verskil hier in ons gemeente en in ons dorp. Wees jy net jy want dit is hoe die Here jou gebruik. Sterkte vir die res van die konf. Ek weet jy gaan baie slimmer terugkom!!!

  3. Die oormag van donkerte het baie wat wou probeer eerder na binne laat geemigreer. Die boodskap wat oorgekom het is een van “no matter what jy probeer it aint gonne be ok”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s