het ons nog ‘n apie in die berg gevang en hom mak gemaak…
Toe:
Ons maak grappies, maar eintlik- eintlik het ons 13 jaar terug groot genade ontvang.
- Groot genade, dat hy in Pretoria-Oos hospitaal gebore is, en nie in ‘n staatshospitaal nie.
- Genade dat daar ‘n hartmonitor band om my vrou was.
- Genade dat die suster aan diens wakker was om te hoor daar is groot fout met die baba se hartklop.
- Genade dat die ginekoloog naby was, en dadelik ‘n noodkeiser kon doen
- Genade dat hy nie ‘n minuut later gebore is nie.
Want daar was twee knope in sy naelstring, wat styf getrek het met die geboorte. Dit het sy suurstof afgesny. Toe hy gebore is, was hy potblou van asemnood. Die Here se genade was baie groot, en die ginekoloog en die mediese span was uiters professioneel daardie dag.
En ek as pa was wit geskrik- dit kon so maklik anders gewees het. Klein bietjie langer, en hy was nie vandag hier nie. Of nie ‘n normale, windgat dertienjarige seuntjie vandag nie.
Ons is diep dankbaar as ons na hom kyk, wonderwerke gebeur nog steeds…
Sy naam beteken “Oorwinnaar”…
En nou gaan ek saam met hom fees vier…
Die Dankbare Donkie
PS- Foto nou net saam met sy Ouboet geneem- dit is 37 grade vandag hier by ons…
Reblogged this on The Rider and commented:
I hope the English Translation function works today- we are so thankful for our son’s 13th birthday, that he survived a traumatic birth and is normal and going strong…
Oe, verskoon my en my stoute skoene, wil julle nie ook vir Zuma vang nie en hom hervorm nie?
🙂 Nee, dis ‘n wonderwerk bo my “paygrade”…
Bwhahahahahahaha!!!!!!!!!!!!
Geniet die feesvieringe! Dit is baie goed as daar dinge in die lewe is wat regtig werd is om te vier.
Ag wow. Sommer nou hoendervleise.
Geniet die spesiale dag!
Dankie Natasha!
Gefeliciteerd en geniet van deze speciale dag.
Baie geluk aan die pa en ma. Ek weet die jongman gebruik sy tweede kans. Lekker vier in ons Bosveldse hitte!
Baie dankie Lodie! Maar hierdie ou Bosveld is darem rof vandag op ons, né!
Die Here se genade is eindloos en vandag herinner jy my daaraan – dankie DonkieDoom
Blessed happiness vir julle almal = )
en daardie bosveld hitte kan jy maar net daar hou – dit is ‘n yskoue mislike winter reëndag en dit is honkey-dorey met my
Dankie Vlooi, ons sweet!
Ek het geheel ‘n truitjie aan getrek vir hierdie dag ! = )
Dit is werklik n wonderwerk, ek stem saam. Baie geluk met sy verjaarsdag wat nou al 13 keer gevier is.
Net weer n bewys dat daar nog elke dag wonderwerke gebeur! Geniet jou kind e baie geluk aan julle as ouers met sy geboortedag
Pragtige seuns en foto’s en baie geluk met sy verjaardag. Ek glo julle het dit vreeslik geniet. 😀
Dankie Sonel, dit was ‘n kosbare dag!
Reblogged this on justiceforkevinandjenveybaylis.
Soos ek verder gelees het, het die kommentaar in my kop verander.
1 Soek die verskille …. jammer, ek kry nie verskille nie 😉
2. Dankbaar DANKBAAR vir die genade. Wat ‘n genade! Sjoe!
3. 2 Pragtige seuns. Hierdie mal oor tiener tannie sal met hierdie twee manne regkom. 🙂