Vrolike Vrydag

Iemand het die Donkie in die stal vergeet, Moet die dekselse Ruiter wees!

In elk geval, hier is dit nou weer Vrydag- die mooiste dag van die Week. Veral na Gisteraand.

Ons sit gisteraand so in die Hoërskool se saal, en bewonder die talente van die leerders tydens die Kultuuraand. Ons skool het ‘n jonge dame wat “Wrecking Ball” darem baie mooier as Miley sing, en dit met klere aan!  My oudste seun het sy ou vader ook bewoë gehad, want in die een toneelstukkie dans hy galant met ‘n pragtige blondine, en hy het dit so grasieus gedoen, en met soveel respek.

Maar een van die groot oomblikke in die konsert het die natuur voor gesorg. Dit is oom Paul Kruger se verjaardag gewees gister, en dan mag dit begin reën, volgens die spesiale dekreet van die ou Zuid Afrikaansche Republiek van Transvaal.  Amper soos die ander wet van Transvaal.  Dit MOET reën, anders dooi ons. En gisteraand het dit te heerlik gereën.

Ek kon weer met ‘n lied in my hart vanoggend die klein kameratjie gryp, en in die tuin gaan wandel.  Eers vir my tuiningenieur aan die werk sit met al die werkies in my groentetuin wat ek eerder voor betaal as om dit self te doen- soos onkruid uitspit, omspit en dies meer…

Die natuur is weer vars en nuut vanoggend…

IMG_0803

Hmm- ek sal ‘n meer fotovriendelike stal vir die Donkie moet kry… ek hou net so van hierdie ene se uitleg… Enige raad?

IN elk geval- hierdie naweek vat ons die belydenisklas bietjie Bos toe. Ons gaan kamp. Ons gaan nie tande borsel en skeer nie. Ons het nie meer geld om hulle Drakensberge toe te vat nie, maar ek sien nogal baie uit na hierdie naweek saam met die jong klomp. Ons het ‘n paar oulike monstertjies in ons gemeente.  Daar behoort ook lekker foto geleenthede te wees op die plek waarheen ons gaan, ek sien al so uit om weer in die veld te gaan stap met die Kanon.

Ons gaan ook eet… en ekke het so 4 groot varkboude van die Basaar gevat vir die doel. Saterdagaand maak ek vir die kiddies lekker gerookte varkboude in my Weber. Enige voorstelle om dit nog lekkerder te maak?

So, liewe getroue 3 lesers- Die Donkie Leef…   Dankie vir jou kuier hier. Kom ons skink nog ‘n koppie moerkoffie…

IMG_0805

12 thoughts on “Vrolike Vrydag

  1. Aai dankie tog vir klein genadetjies! Soooo baie bly die donkie het n slag uit die stal ontsnap! Ons het voorwaar soveel mooie talent hier in onse dorpie. Lynette Beer was gisteraan by onse Moedergemeente. Die groot witte! Sy kosbaar. Kyk en luister gerus bietjie na haar!

  2. Wat ‘n pragtige blom!

    Ek het ‘n baie sagte plek in my vir reën. Dankie vir die koffie DonkieDoom maar ek ruil dit vir ‘n beker tee = )

    Geseënde naweek vir jou saam met die gemeente-monsters. Ek het gisteraand in verwondering gesit en luister hoe my stilste kind wat in hierdie jaar nie ‘n enkele woord gespreek het in die Jeuggroep losstrek met die wysheid en insig van Salomo. Wat ‘n onbeskryflike WoW-moment as jy na 10maande hoor ‘n saadjie het kiem gevat.

    • Beslis, Natasha. Maar ruiters wat donkies in stalle vergeet, tel gewoonlik ook nie so goed nie😀 Geniet die naweek met die jongklomp, Ruiter! Sien uit na die foto’s. Lus word ek nou vir ‘n stappie deur die bosse….

  3. nee wat. Jyt darem meer as 3 lesers! Doen so voort en geniet die jeugkamp. So n klomp jongmense het darem n manier om hulke energie aan n mens af te smeer. Perfek vir die laaste pylvak van die jaar wat voorle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s