So aan die begin van die nuwe jaar…

is die Donkie nog maar stil…

En tog is daar so baie, baie dinge aan die gang op die oomblik.

Ek probeer fiks word vir my 20e Argus. EK het nou al die 500 km merk verby gesteek. Maar hierdie is al weer een van daardie weke. Maandag het dit gereën, en ek is soos ‘n kat oor water- hou nie van nat paaie nie, sien nie die pothole nie… Disndag het ek alweer maagmoeilikheid gehad, dit kan gerus nou maar ophou. En vandag reën dit alweer. Ek kla nie, die reën is wonderlik, en bring nuwe lewe (en rus…)…

Vanoggend het ek en my twee kollegas heerlik ontbyt gehad hier in my lapa. Ons het die jaar se Woensdagoggend byeenkomste afgeskop, dis ‘n goeie geleentheid waar ons weekliks saam dink, beplan, bid, grappies maak, preke uitruil, preekbeurte uitruil…

Dis maar net: die jaar begin met so ‘n gejuig, veral volgende week as die skole weer oopmaak. Dan lê daar weer lang, lang dae voor, en baie, baie vergaderings. ‘n Mens kan so vaskyk in die dinge wat ons doen, dat ‘n mens vergeet waarmee jy eintlik besig is.

So sien my vrou gisteraand iets op televisie raak wat sy nie kan wag om met my te deel nie. Een van die karakters vra: Wat sou jy hierdie jaar gedoen het as mislukking nie ‘n moontlikheid was nie? Sy het eers gewag op my antwoord, en toe die tweede deel gesê: “Now go and do it…” (Ek dink nie dit was Bart Simpson nie… dalk Homer?)

Dit het my nogal woes laat dink gisteraand… Wat sou ek regtig wou doen as mislukking nie ‘n moontlikheid was nie?

Ek het ‘n predikant geword, omdat ek gedroom het oor ‘n wêreld van heel verhoudings.  Dalk was ek baie naief as skoolseun, dalk voortvarend. Ek het regtig gehoop ek sou ‘n positiewe verskil kon maak.  Maar soos die ou Chinese omie  eendag gesê het: toe hy klein was, wou hy die wêreld verander. Toe hy groter geword het, wou hy sy land verander. Nog later wou hy sy provinsie verander. In sy middeljare het hy gedink hy sou bly wees as hy sy dorp kon verander. En toe hy aftree, het hy gehoop om homself te verander…

Ek dwaal af (soos jy kan agter kom…). Wat sou ek wou doen as mislukking nie ‘n moontlikheid was nie?

Ek het nie fenominale insig oor die saak gekry nie, veral nie in die bad soos Archimedes nie, ek het nie kaalgat in die straat afgehol en Eureka geskree nie…

Ek het nie groot drome of planne vir 2014 nie.  Ek het nie die moed van ‘n Malala Yousefzai om die hele land en Die Sisteem aan te pak nie. Wie? Daardie meisie van Pakistan wat deur die Taliban in die gesig geskiet is, omdat sy gewaag het om te sê: Meisies moet ook skool toe gaan en ‘n toekoms kan hê… ek was diep beïndruk deur haar storie- I am Malala- kon die boek nie neersit tot ek half een vanoggend hom klaargemaak het nie. Ek wens ek het daardie moed of kapasiteit gehad om verandering te bring. Maar ek het nie…

Al wat ek wil probeer, is om lief te hê.  Ek weet mislukking is sommer ingebou daarin. Maar ek wil probeer…

Dalk is dit genoeg as daar geloof, hoop en liefde êrens soms teenwoordig is. Maar die grootste hiervan, glo ek met my hele wese, is die liefde…

Wat is liefde?

4 thoughts on “So aan die begin van die nuwe jaar…

  1. Donkie, ek WEET jy maak ‘n verskil in baie mense se lewens.
    Ek het in die week KLein-Karoo. Die fliek gekyk. Tipiese afrikaanse fliek. Maar wat my absoluut geraak het, is die VERSKIL wat daardie meisie in die kinders se lewens gemaak het. Vir die wêreld lyk dit onbenullig, maar vir daardie kinders beteken dit die wêreld.
    Let’s do it!

  2. As mislukking nie ‘n moontlikheid was nie… ek sou al die kinders uit die strate wou haal, elke kind genoeg gee om te eet, elke kind genoeg liefde gee, elke kind ‘n opvoeding gee. Want ons toekoms lê in ons kinders en daar is so baie gebroke kinders, dit breek my hart. Maar dis net ‘n mooi droom. Dalk kan ek begin met net een kind, iewers…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s