Liewe Ontevrede Restaurant Kliënt in Pretoria…

Jy het vanoggend besluit om te gaan uiteet vir middagete.  By die restaurant was die diens vanoggend baie stadig. Jy het dit verloor, op jou kelnerin gegil, en woedend daar uitgestorm. Ja nee, slegte diens in ‘n restaurant is verseker nie aanvaarbaar nie!

Weet jy, die restaurant wat jy gekies het, het ‘n krisis in die kombuis gehad. ‘n Hele paar personeellede het net eenvoudig nie opgedaag nie.  Dit het die diens vertraag.

Weet jy, daardie kelnerin wat jy so verskree het, is my dogter. Sy is ‘n student wat baie hard probeer om te help betaal aan ‘n baie duur opleiding.

Weet jy dat jou kosbestelling klaar op die sisteem was? Toe jy jou humeur so verloor het en uitgestorm het, weet jy wat het van die rekening geword? Insluitend al die drankies wat jy geniet het?  My dogter moes vir dit alles betaal. Dit was heelwat meer as wat sy in ‘n lang dag verdien…

Jy kon die bestuurder nader geroep het en jou probleem met die diens verduidelik het.  Dalk het dit beter gevolge gehad.

Jou optrede het my kind vandag duur gekos. Ek hoop jy slaap lekker.

Advertisements

18 thoughts on “Liewe Ontevrede Restaurant Kliënt in Pretoria…

    • Dit bly maar net so moeilik om op enige vlak met mense te werk! Veral wanneer daar soveel dinge buite jou beheer is soos in kelnerwerk. My dogter sê gisteraand sy hou nie van mense nie. En ek verstaan dit!

  1. Ons het ‘n vir meer as 5 jaar ‘n restourant gehad. En ons het ook soms sulke krisesse gehad, en ja, ook soms sulke ontevrede klante. Maar ons het nooit – ooit die geld van die kelner afgetrek nie. Ek stel voor julle gaan praat met die eienaar van die restaurant. Alles is nie altyd die kelner(-in) se skuld nie. Die eienaar moet ook sekere verantwoordelikheid dra.

    • Ek sit nou net en wonder: is dit wettig? om die kelner verantwoordelik te hou vir enige skade wat die restourant eiendaar ly? Bel sommer bietjie die departement van arbeid en vind uit. hulle het nogal baie spesifieke reels oor indiensneming, waarskuwings en dissiplinere maatreels

    • Ai Seegogga,sy werk by ‘n gewilde eetplek in Pretoria, uitstekende menu, billike pryse. Maar die kelners word voor kliënte verskree en hierdie is nie die eerste keer nie. ‘n Paar weke gelede het ‘n tafel kontant betaal en geloop. Voor sy daar kon uitkom het ‘n skoonmaker die geld gevat. Sy kon dit nie bewys nie en moes ook die hele rekening self betaal. Ek wil so graag hê sy moet daar wegkom, maar sy kry nog nie ‘n ander werkie wat haar studie omstandighede in ag neem nie…

      • Soms is dit beter om sonder werk te sit. Wat van ekstra klasse vir hoerskoolkinders, koshuisinwoning met dienstye ens/ ek sou steeds sommer vir interessantheid dept arbeid bel en beslis eienaar gaan spreek. Ek weet baie restourante buit kelners so uit, maar daar is nogal baie spesifieke reels in die restourantbedryf,, wat mens die eienaar kan noem, Sy sal dalk haar werk kwyt wees, maar die eienaar sal ook bietjie sy dade vir die toekoms besin.

  2. ja, ek stem saam met toortsie – dit suck dat sy vir die rekening moet betaal. ek voel dit was die bestuurder se plig om na die kliente toe te gaan en te gaan verduidelik, te compensate, of so iets. en ja – die man se attitude suck ook. ons almal raak vies oor goed, maar dis mos hoe ‘n mens dit doen.

  3. Eerstens behoort sy nie verantwoordelik gehou te word vir daardie mense se rekening nie. Tweedens moet alle mens eers self kelners wees, dan sal hulle weet van ordentlik “tip” vir goeie diens en dat kelners nie alltyd kan help vir die kombuis se dinge nie. Derdens dink ek sy moet vir haar probeer werk kry by ‘n restourant wat nie so onredelik met sy kelners is nie. Sterkte daar.

  4. There are a few issues here that you may want to consider:
    Does your daughter receive a minimum wage as stipulated by Labour Law? The current minimum wages in the hospitality sector for employers with more than 10 employees is sitting at R2495.80 per month, while employers with less than 10 employees are paid a minimum wage of R2240.60 . This has increased to R2692.72 and R2415.86 respectively from mid last year. Over and above this, tips are then either shared or pooled OR is for the individual – this depends on her contract.
    A contract has to be in place, whether she is temporary, on contract or permanent which stipulates her conditions of employment and ONLY if she signed that, she may be held responsible for breakages and loss due to HER negligence, and may monies be deducted from her. IF the restaurant experienced a problem in their kitchen and its not due to her negligence, no monies may be deducted from her wages at all.
    She should go and see the local offices of the Dept of Labour to have this sorted out.

    • ek het rtoevallig ook hierdie naweek ‘n man van dept arbeid ontmoet en hy se selfde. Hierdie restourant opereer onwettig en julle kan vir hulle baie moeilikheid maak, wat julle natuurlik nie wil doen nie, maar as jy eienaar gaan spreek en jou fiete neom, moet hy haar betaal en klaar. Sy nhoef nie bang te wees sy verloor haar werk nie, dan kan sy weer kla. Dit is sulke vrese waarop restouranteienaars floreer.

  5. AND … unless they can prove she has been negligent, and given her disciplinary hearings … they may not fire her. She therefore does not need to feel worried that she may lose her job due to the scarcity of work. Workers have water tight rights and she needs to know what it is and resort to that.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s