Genade vir die Verstandelik Gestremdes ook…

 

 

So gebeur dit toe Saterdag dat ek en my geliefde in die Kaap rondwandel na ‘n vriend se heerlike troue Vrydagaand. Ons doen maar die toeriste ding, en gaan Waterfront toe.  Dis mos hier in die Waterfront wat jy gewoonlik Top Gear tipe droomkarre raaksien. Onder in die kelderparkering sien ek hierdie droom Ferrari staan, en ruk dadelik die kamera uit, want my donkievul met my naam geniet ‘n Ferrari enige dag net so baie soos ek… dis darem net so bietjie bo ons vuurmaakplek, verstaan?  Kyk daardie pragtige wiele!

IMG_2495Nog so bietjie nader- kyk daardie fenominale enjin- ek sou darem wat wou gee om een van hulle te kan vat vir ‘n spin! Maar die mense in die winkel lag net as gewone plebs vra…  So stap ek maar verby… en sien toe wat aan die gebeur is… 
IMG_2497

 

 

Hierdie Ferrari behoort aan die man met die Pick ‘n Pay sakkie. En raai- hy het op die Gestremde Parkering gaan stop, dis mos naby Pick ‘n Pay se ingang…  Hy is toe beloon met die dreigende klamp, en hy staan toe woes en stry oor die R250 wat hy nou moet betaal. Shame, wonder waar gaan hy dit kry. Die arme man kan nie lees nie, en nie ver loop nie… ons moenie lelik met die gestremdes wees in onse Suid Afrika nie! IMG_2496

Wat my by die vraag bring: WAT DOEN DIE OU OM SO KAR TE KAN BEKOSTIG???  Seker maar deel van die agtergeblewe Zuma familie?

Nog ‘n stuk ironie… die troue wat ons bygewoon het, was in die pragtige Protea Fire & Ice hotel, waar kamers teen so R1650 ‘n nag begin. Ontbyt gewoonlik uitgesluit, dit kos so R190 per kop vir ontbyt. Ek was op my wittebrood 24 jaar gelede laas in sulke luuksheid, ons het oë toegeknyp en vir een keer in 2 dekades bespreek- dit was ‘n fantastiese vriend se troue…

Die volgende oggend by die ontbyt tafel word ons begroet deur… die EFF Off party se mense. Hulle is baie luiddrugtig daar, en sommiges eet met hulle rooi konstruksiehelmets op… dit kan seker maar gevaarlik raak daar binne…

Wat my net laat wonder oor die ekonomiese vryheid wat hulle so voor suffer- R2000 per nag as jy ontbyt insluit… en daar is maklik 12 van hulle gewees…

Ag, ek is seker net gatvol op die oomblik na die afgelope verkiesing se resultate… ek het regtig gedink Suid Afrika verdien beter… maar dis waarvoor die massas gestem het…

So kom ons wees maar naais met die agtergeblewenes en alles wat hulle al die jare gemis het… dit wat hulle wil hê het ek ook gemis…

 

12 thoughts on “Genade vir die Verstandelik Gestremdes ook…

  1. Ek wonder ook waar kom die skielike weelde vandaan. Wat my hartseer maak is dat hulle nooit as te mimmer die geld wat hulle onwettig bekom het gaan terugbetaal Die sake word net uitgestel en uitgestel tot hulle weer genoeg van ons belastinggeld bymekaar gemaak het.

    Wag laat ek ophou. Ek is bly julle het die naweek geniet

  2. Weet jy wat sou nou baie goed wees? ‘n Foto van daai geklampte wiel. Dit krap my mos lelik om as mense dit doen (op gestremde parkering stop, nie wiele klamp nie).

    Ek het ook maar net ‘n siniese laggie gegee toe ek verlede week lees die EFF gaan nie hul parlementêre salarisse en byvoordele prysgee nie, maar “dit aanwend in die stryd teen armoede”. Mens kan immers nie vir die armes veg as jy ongemaklik slaap en sleg eet nie.

  3. Jy was in uitgelese geselskap. Die EFF parlementslede bly in sulke hotelle totdat die regering vir hulle huise voorsien. Die parlement is nou so groot en daar is nie genoeg regeringshuise nie. Hulle bly mos 6 maande in die Kaap en 6 maande in Pretoria. Dis jou belastinggeld wat daarvoor betaal🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s