Wat sou ‘n mens alles kon doen…?

As jy nooit bang was vir mislukking nie?

As jy nooit die ervaring gehad het dat jy gesig eerste in die modder val nie?

As al jou foute langs die pad leerervarings was om dit volgende keer beter te kan doen?

Dis die tipe vrae wat hierdie middeljarige Donkie besig hou op die oomblik.

Die kerk se finansiële posisie laat mens soms in die nag wakker word, en wonder: wat anders kan ek doen om vir my gesin te sorg?  Wat moet ek maak as ek die dag my werk verloor, en vir niks anders opgelei is nie?

Ek het 8 jaar se universiteitsopleiding om vir 1 “firma” te werk. Daardie “Firma” het skynbaar steeds te veel personeel en te min vakatures.

Ek kyk op die oomblik na ‘n advertensie in Die Kerkbode. ‘n Groot gemeente in die stad is op soek na iemand om daardie stukkie bediening te kom doen waarin ek ‘n Meestersgraad het.  Hulle spesialiseer duidelik daar in elkeen se gawerigtings.  Die gemeente lyk regtig indrukwekkend op hulle webwerf! Daar is lewe, daar is groei, hulle maak ‘n verskil!

Ek kyk na die advertensie. Ek hoor ‘n roepstem. Maar ek is bang. Ek is nou 20 jaar op die platteland. Hier spesialiseer ons nie- hier doen ons sommer alles self.  Omdat ons so by alles betrokke is, is ‘n mens later regtig “Jack of all trades, Master of none…”

Ek probeer myself indink hoe dit moet wees om in my belangstellingsveld te kan spesialiseer. Daar is ‘n reuse honger in my om dit te doen. Maar iets hou my terug. Sê nou maar net… sê nou maar ek het nie genoeg om hulle te bied nie. Sê dit nou maar: sê nou ek is nie goed genoeg vir die grênd stadsmense nie? Sê nou maar ek pas nie in nie?

Ek wens ek het geweet hoe om daardie tipes gedagtes te kon nek omdraai. Ek wens ek kon met groter selfvertroue enige iets aanpak, en sonder twyfel klaarmaak daarmee.

Die afgelope paar maande was weer ‘n steil leerkurwe in my lewe. My gesondheid het my die eerste keer begin dwing om radikaal anders te begin dink aan eet, en nou oefen ook. Ek word geforseer om gesonder te leef. Ek gaan dit gebruik as springplank om so fiks as moontlik ook te word, as ek net hierdie lastige kopverkoue oorwin kry.

Al die vrae in my gemoed oor my huidige posisie laat my wonder: Hoe kan ek in elk geval beter doen waar ek nou is- wat kan ek anders, meer effektief doen om ‘n groter bydrae te lewer tot my huidige beroep.  Ek het ‘n al groter wordende behoefte om te ervaar wat ek doen, maak ‘n verskil.  Ek wil so graag beter doen…

En soos een van my blog vriendinne aanstuur: Miskien wil ek ook weer vir ‘n slag ‘n sexy ass hê!

6 thoughts on “Wat sou ‘n mens alles kon doen…?

  1. Aj die Here wil he jy moet die werk doen, sal hy dit vir jou gee. As hy dit vir jou gee, sal hy jou help om dit reg te doen. Dit klink baie eenvoudig, maar eers oet ju weet of jy belangstel – jy sowel as jou gesin. As julle onseker is, doen aansoek. As jty nie die werk moet kry nie, sal jy nie

  2. Hier is hoe ek dink DonkieDoom – ‘n mens is altyd bang. Bang jy neuk op. Bang mense dink snaaks van jou. Bang jy hoor verkeerd. Bang vir ‘n magdom goed. Vir een of ander rede is daardie in ons. Die bang ding. Wees bang, vra vrae, wonder oor waar jy inpas, want daarsonder sal jy nooit soek, groei en veranderinge maak nie.

    Doen dit DonkieDoom. Soms is dit waarlik so eenvoudig soos dit.

    ‘n Mens is nie veronderstel om in te pas nie DonkieDoom ….. jy het jou eie jy-wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s