Namens die eerwaarde Boukommissie…

Reeds van die vroeë Middeleeue was dit ‘n formidabele projek om aan te pak. Katedrale kon honderde jare neem om gebou te word, en baie, baie, baie jare se salarisse van baie, baie, baie mense kos om klaar te maak.

En tot vandag toe is dit die groot uitdaging vir sommige: om ‘n Huis vir die Here te bou. ‘n Gebou wat waardig gaan wees om iets van God se grootheid aan die mensdom rondom te vertel…

Dit bly ‘n verskriklike duur projek. Daarom moet dit met die nodige omsigtigheid aangepak word, en met die gepaste erns en toewyding.

‘n Boukommissie moet op die been gebring word. Hierdie mense moet by die Here en die argitek gaan hoor: hoe moet ons tempel nou daar uitsien. Die bourekenaar moet betrek word, daar moet deeglik begroot word.  Maar geld is ook nie alles nie, hoor, ons moet geen koste ontsien vir onse Here nie. Die Susters moet koeksisters bak, daar moet so ongeveer drie miljoen koeksisters verkwansel word om die tempel te laat verrys uit hierdie aardse stof ver benede…

Die broers moet Saterdae kom help met hulle tuiningenieurs, daar moet baie sand en klip rondgeskuif word. Die broers wat kan houtwerk doen, moet kom banke maak. Maar net as jy dit baie, baie netjies kan doen, geen afskeepwerk word in onse tempel geduld nie.

En dan, dalk na jare se harde werk- een dag is die tempel klaar. Daar is ‘n gemeentefees, die argitek oorhandig die sleutel aan Dominee of Pastoor. Die rooi lint by die voordeur word geknip. die gemeente stroom binne om aanbiddend te gaan verkeer. “God is in sy tempel, hemelpoorte bewe…”

Die droom het waar geword! Die tempel het verrys… ons het God verheerlik…  Nou gaan ons Hom aanbid, op ons manier…

So paar jaar later…

2014-10-09 09.05.08

Die deure is nou oop vir almal…

2014-10-09 09.04.36

Die boukommissie het toe inderdaad die mooiste stene na baie gevegte gekies…

2014-10-09 09.05.15

Kom gerus binne, en kom word stil…

2014-10-09 09.05.48

Hier verkondig ons… kom luister!

2014-10-09 09.06.07

Ons tuinbouklub se trots…

2014-10-09 09.05.40

Erens moet die duiwe uitvlieg…

2014-10-09 09.05.45

en tog, kyk mooi, daar sit die duif nog steeds…

 

Dit was vir my net so hartseer om die einde van ‘n droom te sien toe ek my skoonma verlede week besoek het. Ek weet nie eers watter soort kerk se gebou dit was nie, en ek vra nederig om verskoning vir enige oud lidmate. Die dorp se ekonomie het drasties agteruitgegaan. Dalk het die oorspronklike lidmate oud geword, of weggetrek agter beter geleenthede aan.

Ek het maar net gedink aan Jesus se woorde in Johannes 4- daar kom ‘n dag dat God nie meer in tempels belang stel nie, maar in Gees en in waarheid aanbid wil word. Ons sloof ons so af om tempels te bou wat God sal verheerlik. Maar die Here woon nie meer in mensgemaakte tempels nie, Hy woon in die harte van mense… Die Here het uit die gebou uit getrek. Hy stel nie belang in Real Estate nie, Hy is lief vir mense… dalk was die stukkende vensters nodig…

 

8 thoughts on “Namens die eerwaarde Boukommissie…

  1. Daar is nie ‘n beter illustrasie dat die Here se woning eintlik mense se harte is en dat die kerk eintlik net mense is nie. Ek weet ek trap op tone, maar geen kerk (instelling) behoort ‘n bouwerk aan te pak nie, ‘n kerk moet nie ‘n groter venue soek as daar te veel mense is nie, maar eerder meer en meer klein plekkies (not expasion, but multilication) waar God se kinders bymekaarkom soos huise, kantore en skole en ander werksplekke.

  2. Ek sien ook nou die dag is daar so aanbidding plek … (nie ‘n kerk soos ons ‘n kerk ken) wat op ‘n veilig verkoop word. Baie hartseer, maar dan stem ek saam met Vega ook … ons moet ons lewe ‘n plek van aanbidding maak en elkeen waarlik ‘n tempel wees?

  3. She said, What is history?
    And he said, History is an angel
    Being blown
    Backwards
    Into the future
    He said: History is a pile of debris
    And the angel wants to go back and fix things
    To repair the things that have been broken

    But there is a storm blowing from Paradise
    And the storm keeps blowing the angel
    Backwards
    Into the future

    And this storm, this storm
    is called
    Progress

  4. En tog (soos jy dit stel op die een foto ) “daar sit die duif nog” … Simbolies van die Gees wat ons nooit sal verlaat nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s