Trofeejag…

Ek weet dis deesdae ‘n baie kontroversiële onderwerp.  Die Amerikaanse owerhede probeer hulle bes om die invoer van trofeediere se oorblyfsels te verbied. Die Europese Unie is nie ver agter nie.

En tog is daar so ‘n leë plekkie bo my vuurmaakplek in my lapa. Ek het nou al by my vriend die taksidermis se werkswinkel gesien dat mense die vreemdste diere en reptiele en voëls laat opstop. Daar is glo nie te veel politiek rondom die saak as dit probleem ongediertes is nie. Niemand gee te vreeslik baie om as dit ‘n jakkals was wat tussen die skape doodgeskiet is nie.

Nou kom my groot vraag: wie bepaal wat is ‘n ongedierte? ‘n Probleemdier? Alles is deesdae so relatief- een mens se terroris is ‘n ander se vryheidsvegter, een mens se troetelmamba is ‘n ander se ergste vrees.

Met dit in gedagte was daar nou al geruime tyd wat ek darem ook ietsie wou vermoor en laat opstop. Ek het die ideale teiken gevind- ‘n probleemdier van epiese proporsies. Amper so erg soos die Behemoth en die Leviathan van ouds in die Goeie Boek, meer spesifiek die vertellinge van Job. Job het sy kwota lyding gehad, en hierdie ongedierte het ook al sy kwota wrewel in my lewensruim ingebring.

Met dit in gedagte het ek maar so paar maande gelede daar na Safari & Outdoor toe gegaan in Lynnwoodweg. Die hele winkel is mos een reuse kluis, en hulle het alles daar van die eerste grotman se knuppel tot by die laserguns waarmee Elon Musk se mense Mars toe gaan vertrek.

Ek het so rondgestap en een besondere vuurwapen het dadelik my aandag getrek. Dis die ideale geweer om enige grootte ongedierte mee uit te wis. By nadere ondersoek het dit geblyk ‘n Barrett M82 A1 .50 Cal te wees. Dit kos nou wel R1200 per patroon, maar jy hoef net binne ‘n meter van die dier se kop af te skiet, die skokgolwe wat die projektiel in die lug maak is genoeg om enige ding wat asem haal, dadelik deur die Jordaan te neem.

Daar was toe wel so ‘n ligte probleem met die lisensiestories, oom Bheki Cele wil glo nie hê die burgers moet meer iets gevaarliker as ‘n plastiese swaard van Crazy Store hê vir selfverdediging nie. Ek moes toe maar die langer pad vat- ek het aangesluit by die Jagtersvereniging, en al die kursusse geloop om as toegewyde jagter te kwalifiseer. Dit het ook verskeie interessante werkswinkels meegebring, soos hoe om te bepaal aan die smaak van ‘n koedoebol hoe lank gelede die bok daar verby is, of hoe om die verskillende spore van diere selfs op die rivierbodem in ‘n vloed te volg…

Met baie moeite en verdriet het die SAPS se vuurwapentak uiteindelik gebel: my lisensie is gereed. Ek het die R150 000 oorgeplaas vir my Barrett, en gevra hulle moet ‘n baie goeie Schmidt & Bender teleskoop opsit, ongeag die koste. Ek verneem hierdie kombinasie het al in Irak skote van oor die 2500 meter akkuraat voltooi, die ontvanger van die projektiel was glo nie te gelukkig daarmee nie.

In elk geval, die Barrett het so ‘n oulike Harris bipod op vir ekstra akkuraatheid. Eergisteraand het die groot jag uiteindelik aangebreek. Ek het my donker camo’s aangetrek en van Herman Mashaba se Black is Beautiful oor my gesig gesmeer. Ek kon net drie rondtes bekostig, maar hulle is sorgvuldig gepoleer en in die magasyn gebêre. Ek het met die versigtigheid wat enige professionele sluipskutter sou beïndruk gesorg dat ek in my posisie kom waar ek die ondier sou kon sien as hy nader kom. Die geweer is mooi in posisie gebring op sy pootjies. Daarna het ek begin wag… Dit was ‘n lang wag! ‘n Mens kan nie eens muskiete wegklap nie, die ondier se sintuie is te skerp. Ek moes voortdurend die wind in berekening bring, want windaf ruik die ondier my dalk net en vlug na veiligheid toe. Of kom val my aan.

Net na drie-uur gisteroggend skrik ek wakker, en daar, in die maanlig, staan die objek van my nagmerries. Hy maak die mees onaardse geluide. Sy oë lyk demonies swart, sy asem stink soos die poorte van die hel, en sy tande is die aakligste Hollandse kaasgeel kleur. Gelukkig gaan staan die dierasie vir ‘n oomblik om die lug te snuiwe, maar die wind waar reg vir my…

Ek maak soos die histeriese korporaal jare gelede op die skietbaan met baie donker Afrikaanse woorde my geleer het. Ek haal diep asem in. Blaas saggies halfpad uit. Die veiligheidsknip is af, die kruisie van die teleskoop soek die perfekte kol op die blad. My hand druk stadig toe, ‘n mens pluk nie aan ‘n sneller nie! Wanneer die skoot klap, verbaas dit my, en seker die teiken ook…

Dit was raak! Daar, in die maanlig, lê Behemoth en Leviathan se gelyke- ‘n trofeedier! Dit was soos van ouds- mens teen dier, sintuig teen sintuig, oorlewing van die sterkstes…

Die euforie van oorwinning het deur my gespoel- ek is die een wat hierdie battle oorleef het, ek kn huis toe gaan en die storie vertel. Nou het ek ‘n trofeedier se kop vir my lapa…

Ek gaan nader, en katrol die lewelose karkas tot op my sleepwa. Ek sit en wag tot die son opkom met ‘n beker koffie, die adrenalien loop nog te hoog om te gaan slaap.

Opgewonde ry ek na my vriend die taksidermis se werkswinkel toe, vandag gaan ons besigheid doen. Ek hoop nie my trofeedier se opstopkoste gaan te veel kos nie- daar is net ‘n kopmontering ter sprake, die res van die liggaam het nie die aanslag van die .50″ projektiel goed gevat nie…  Ek reverse in die plek waar die trofeediere ontvang word, en hulle staan gereed met die blok en takkel… triomfantelik ruk ek die seil weg van die trofeedier af, dat almal kan deel in my vreugde…

My taksidermis vriend het al alles in sy lewe gesien. Maar ek sien hy word bleek, en pers sy lippe styf saam om te keer dat hy hiperventileer…  Ek word effe benoud, het ‘n mens dan permitte nodig vir hierdie klas van ondiere?

My vriend sukkel om sy woorde uit te kry…

“Wat het jy met my skoonma se Maltese Poedel gemaak?!!!”

Hier in die tronksel is daar geen blaffende keffertjies nie.

As julle weet van iemand wat ‘n Barrett .50 Cal met ‘n Schmidt & Bender scope en 2 rondtes ammunisie teen ‘n goeie prys wil hê, kontak asb die staatsaanklaer, ek kort dringend bailgeld.

 

PS… Geen ware diere is seergemaak tydens die verfilming hiervan nie…

Die begin van 2013- die Maya kalender herontdek…

Na die groot skrik van die 21e Desember 2012 het die geleerdes van verskeie top universiteite weer teruggegaan om die Maya kalender beter te ontsyfer. Hulle het diep en nederig om verskoning gevra vir die ligte glipsie in hulle vertaalwerk, wat die wêreld so op hol gesit het.  Hier is enkele wysigings op die verskriklike negatiewe interpretasie van die Maya kalender.

Maar eers- hier is die kalender, vir diegene van julle wat wel Maya kan lees en die dieper nuanses van elke woord met insig kan interpreteer:

Die volgende voorspellings is reeds hieruit ontsyfer:

  • Jy sal hierdie jaar uit die voëlvanger se wip bly.
  • Jy sal onder veilige vlerke geneem word.
  •  Jy sal bewaar word van peste in die dag en aanvalle in die nag
  • Jy sal oor leeus en slange loop
  •  Die onheil sal jou nie tref nie en geen plaag naby jou woonplek kom niie…

Ekskuus, die dokumentasie tussen fakulteite het effens deurmekaar geraak! Bogenoemde het eerder hieruit gekom- meer betroubare profetiese materiaal:

Beter bekend as Psalm 91!

Terug na Maya- Verdere verwagtinge wat aan die ontsyferaars gestuur is, was versoeke dat hulle baie hard moet soek daar vir die volgende dinge:

  •  Die vet seun van Venda wat hierdie jaar met stomheid geslaan word, en deur harde werk in sy eie brood voorsien…
  •  die koning van die suide wat besluit om te abdikeer, en saam met sy vyf tot nege vroue (die maya syfers is glo baie moeilik om van mekaar te onderskei) en vyf en twintig tot 37 1/2 kinders (ditto) politieke asiel te gaan soek by die land in die noorde wat deur die ou ou man met die middelnaam van ‘n engel en die liefde van die duiwel regeer word…
  • Die antieke gefossileerde swart sappies wat van die middel van die ooste af kom, word vanjaar tot rus gelê want die mens leer dat water meer energie bevat.
  • dat Kersvader asseblief tog met meer aandag na die lysies moet kyk wat aan hom gestuur is- die Bugatti Veyron het toe nie gearriveer nie. Nie eers die Toyota Hilux dubbelkajuit nie…
  • Is wêreldvrede net vir skoonheidskompetisies ‘n wens, of kan die Mayas iets daaroor sê? (Ek persoonlik dink nie so nie, hulle het darem te veel van menslike offers gehou…
  •  Hoe vind ‘n mens ware innerlike vrede?
  •  Hoeveel minder moet middeljarige mans eet om nie so duidelik op die vakansiefotos te wees nie?
  • Watter roetes moet die donkies met die twee wiele hierdie jaar aanpak om die wêreld te geniet?

Hierdie lys is natuurlik baie dun, daar is soveel meer wat nog ontsyfer moet word.  Maar baie van julle verstaan die kuns, voel vry om aan te las by die lys van goeie dinge wat hierdie jaar jou maar mag tref…

My wens vir al my vriende en selfs my vyande is dat 2013 ‘n wonderlike jaar vir julle elkeen sal wees. 13 is natuurlik ‘n baie gelukkige nommer in die Maya manier van dink.

Al bogenoemde het Maya mooi vir my verduidelik:

Goeie genugtig- my vrou dreig my!

My vrou gaan vir die volgende 10 dae my selfoon konfiskeer.

Daarom, as julle my nie hier rond sien nie, ek is wel in goeie hande!

As die wêreld nou nie Vrydag eindig nie, is my wens vir elkeen van julle vrede en liefde in oorvloed in hierdie Kersfeesseisoen.

Baie dankie vir so baie goeie vriende wat ek hier in die blogwêreld gemaak het, en so baie van julle wat meer as blogvriende geword het- mag julle almal baie geseënd wees!

Tot heelwat later,

julle vriendelike Donkie!

Skoollied vir Hoërskool Warmwater

Ek sien vanoggend op Volksblad se Twitter dat Steve Hofmeyr ‘n skoollied vir ‘n nuwe Hoërskool, Vereeniging-Gimnasium, geskryf het. Hierdie skool is ‘n nuwe samestelling van Hoërskool Vereeniging en die Hoër Tegniese Skool Vereeniging , wat in 2013 begin met nuwe skooldrag, -wapen en -lied.  Die inhoud van die nuwe skoollied het my skoon verstom!

Nuwe skoollied

1. Ken ons aan die vrugte van
Bravade in ons tyd van nood
Waar in U arms aan U boesem
Elke sterfling steeds behoort
Ken ons aan die breek van brood
Ken ons aan ons taal ons woord
Gee dat as ons opkyk Heer
Hierdie dak ons doel verwoord
Ons strewe na sukses gehoor!

2. Plant in my O God die saad wat
Wortel skiet in U Genade
U Lelieblom wat skadu gooi
Oor harde werk en goeie daad
Ken ons aan ons erfenis
Twee spore vêr wat loop tot hier
Ken ons aan dié kentenis
Ons toekoms steeds deur U bestier
Ons strewe na Sukses gevier – S. Hofmeyr

Respek, Steve! Die man het darem net ‘n wonderlike talent met woorde en note!

_____________________________________

Nou kyk, ek is geen Steve Hofmeyr nie, nie naastenby nie. Ek het maar gedink wat sou gebeur as twee buurdorpe se skole sou saamsmelt. En sê nou maar hulle vra my as die onpartydige donkie om hulle nuwe skoollied te skryf? Sou ek dit kon doen?

Hier is nog maar ‘n eerste, vinnige draft van die voorstel- voorstelle vir verbetering is altyd werkom!

Skoollied vir Hoërskool Warmwater:

Hier op onse skool se heilige grond,
loop daar van die mooiste girlkies rond,
behandel hulle altyd met respek
anders gaan aasvoëls aan jou bene lek…

Op die sportvelde is ons baie gedug.
behalwe as ons nou en dan vir Nylstroom vlug,
In ons rugbykouse is daar die spanner van ‘n lorry,
in die kleedkamers later sê ons net- sorry…

Ons het wel gehoor van akademie en boeke.
onse opinie is: dis vir papbroeke,
wiskunde en wetenskap maak ons nervous
veral as Blackberry sê: no service…

Playstation en X-Box ken ons goed, en Wii,
Pythagoras en Homeros en Shakespeare nie.
facebook en twitter en whatsapp het ons bemeester,
Skyfall se temalied het ons begeester

So wanneer word ek eendag 18 pa,
ek wil gaan kar oppas saam met ma,
terwyl ek droom van my eerste gaar ou Ford,
en sal wonder wat het van my lewe geword…

Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid Afrika…

http://googlefizz.com/wallpaper/funny-beggar-cartoon-jokes-funny-jokes/

Soul Surfer- Respek!

Ek moet bieg my vertroue in die mensdom, selfs in die Here se kindertjies, is bietjie op ‘n laagtepunt op die oomblik.

Vanoggend, so op my afdag, het ek nogal bietjie inspirasie nodig. Ek het “toevallig” die televisie aangesit, en dit is “toevallig” op MNet.

En so begin die fliek Soul Surfer  “toevallig” net toe ek aansit. Die see, die branderplanke, die mooi mense trek dadelik my aandag.

En wat ‘n aangrypende storie is dit van sukses, verlies, geloof, nuwe kanse, en ‘n nuwe bediening.

Ek het sommer dadelik begin Internet Surf, en afgekom op die webwerf van Bethany Hamilton, oor wie hierdie fliek gaan.

Wat ‘n moedige mens. Wat ‘n getuienis!

lees ook meer op haar webwerf- bethanyhamilton.com

In die weermag…

Om een of ander onverklaarbare rede bly hierdie gediggie vandag in my kop maal. Ek het die laaste twee verse die afgelope week in drie verskillende boeke raakgelees… Miskien moet ek hom maar uit die gestel uit kry.

The Young British Soldier

 When the ‘arf-made recruity goes out to the East

 ‘E acts like a babe an’ ‘e drinks like a beast,

 An’ ‘e wonders because ‘e is frequent deceased

 Ere ‘e’s fit for to serve as a soldier.

       Serve, serve, serve as a soldier,

       Serve, serve, serve as a soldier,

       Serve, serve, serve as a soldier,

          So-oldier _of_ the Queen!

 Now all you recruities what’s drafted to-day,

 You shut up your rag-box an’ ‘ark to my lay,

 An’ I’ll sing you a soldier as far as I may:

 A soldier what’s fit for a soldier.

       Fit, fit, fit for a soldier . . .

 First mind you steer clear o’ the grog-sellers’ huts,

 For they sell you Fixed Bay’nets that rots out your guts —

 Ay, drink that ‘ud eat the live steel from your butts —

 An’ it’s bad for the young British soldier.

       Bad, bad, bad for the soldier . . .

 When the cholera comes — as it will past a doubt —

 Keep out of the wet and don’t go on the shout,

 For the sickness gets in as the liquor dies out,

 A’ it crumples the young British soldier.

       Crum-, crum-, crumples the soldier . . .

 But the worst o’ your foes is the sun over’ead:

 You must wear your ‘elmet for all that is said:

 If ‘e finds you uncovered ‘e’ll knock you down dead,

 An’ you’ll die like a fool of a soldier.

       Fool, fool, fool of a soldier . . .

 If you’re cast for fatigue by a sergeant unkind,

 Don’t grouse like a woman nor crack on nor blind;

 Be handy and civil, and then you will find

 That it’s beer for the young British soldier.

       Beer, beer, beer for the soldier . . .

 Now, if you must marry, take care she is old —

 A troop-sergeant’s widow’s the nicest I’m told,

 For beauty won’t help if your rations is cold,

 Nor love ain’t enough for a soldier.

       ‘Nough, ‘nough, ‘nough for a soldier . . .

 If the wife should go wrong with a comrade, be loath

 To shoot when you catch ’em — you’ll swing, on my oath! —

 Make ‘im take ‘er and keep ‘er:  that’s Hell for them both,

 An’ you’re shut o’ the curse of a soldier.

       Curse, curse, curse of a soldier . . .

 When first under fire an’ you’re wishful to duck,

 Don’t look nor take ‘eed at the man that is struck,

 Be thankful you’re livin’, and trust to your luck

 And march to your front like a soldier.

       Front, front, front like a soldier . . .

 When ‘arf of your bullets fly wide in the ditch,

 Don’t call your Martini a cross-eyed old bitch;

 She’s human as you are — you treat her as sich,

 An’ she’ll fight for the young British soldier.

       Fight, fight, fight for the soldier . . .

 When shakin’ their bustles like ladies so fine,

 The guns o’ the enemy wheel into line,

 Shoot low at the limbers an’ don’t mind the shine,

 For noise never startles the soldier.

       Start-, start-, startles the soldier . . .

 If your officer’s dead and the sergeants look white,

 Remember it’s ruin to run from a fight:

 So take open order, lie down, and sit tight,

 And wait for supports like a soldier.

       Wait, wait, wait like a soldier . . .

 When you’re wounded and left on Afghanistan’s plains,

 And the women come out to cut up what remains,

 Jest roll to your rifle and blow out your brains

 An’ go to your Gawd like a soldier.

       Go, go, go like a soldier,

       Go, go, go like a soldier,

       Go, go, go like a soldier,

          So-oldier _of_ the Queen!

Rudyard Kipling

Die Bemoediging van die vyand… (verskoon taal…)

Terwyl my stem nou heeltemal ingegee het, kan ek gelukkig nie my werk doen nie. Nie die mensdeel daarvan nie. So voordat ek gaan voorkom op so sewe preke, net eers hierdie enetjie met julle deel.

Ek was by ‘n Uitstekende Onverbeterlike Vreedsame Sosiale plek op universiteit.  Ek het my eerste vier jaar in ‘n beroemde generaal se koshuis gebly. Reg voor my gang het ‘n straat geloop, waar ‘n nog meer bekende Boere-oorlog generaal se koshuis was, met die deesdae gehate apartheidsleier s’n reg oorkant die straat.

Eksamentye was gewoonlik baie gespanne tye daar waar vyf van die manskoshuise so bymekaar was. Gereeld, met die minste provokasie, staan die studente hier rondom middernag met baseballbats, gholfstokke en derglike sportapparaat in die straat, besig om mekaar se karakter, moeders, koshuise en bedenklike omstandighede van oorsprong te debatteer. Gewoonlik net voor daar bloed begin vloei het daar darem iets of iemand, gewoonlik die HK lede,  die situasie ontlont, en dan is almal maar weer terug na die teksboek van die chemie, grieks, privaatreg, boekhou 2 of watter nagmerrie daar ook al sou volg in die eksamen. Spanningsvlakke was baie hoog in eksamentye.

En toe gebeur hierdie pragtige verhaal een aand. Ek en my kamermaat sit op die betonbankie wat uitkyk op die ander twee koshuise, elk met ‘n bierbeker vol koffie in die hand- daardie Grieks gaan ons in elk geval tot vyfuur besig hou…

In albei die koshuise voor ons brand omtrent al die ligte nog. Die gordyne is oopgetrek, en jy sien soveel koppe buig oor die onverstaanbare teks. Dis na middernag.  En skielik, uit die een kamer aan die linkerkantste koshuis, kom ‘n wanhoopskreet, soos die roep van ‘n gefolterde siel in die hel, wat oor die koshuise weergalm: “EK FOKKEN KAN NIE MEER NIE…”  ‘n Emosie wat menige oud-student dadelik sal herken…ons was seker almal daar. Behalwe nou julle dux-pliggies!

GEwoonlik sou die vyandige koshuis skree iemand moet sjarrap, of f-of, of die baseballbats kry om hulle te gaan stil dreig. Maar nie daardie aand nie. Daar was so drie sekondes stilte na die wanhoopskreet. Toe kom dit uit een van die vensters uit die regterkantste koshuis: JY FOKKEN MOET MAAR NET…

Met soveel deernis het iemand raakgehoor wat die nood is, en sy bes probeer om met empatie die lydende persoon aan te moedig tot volharding…  Dis wat ek nou noem: Naasteliefde in aksie!