Sewe Skandes, Sondes of Sommernet soos Son gevra het…

Son het my uitgedaag… Die uitdaging is om eers 15 bloggers te identifiseer en uit te daag. Maar tussen haar en Toortsie het hulle almal omtrent klaar gevat wat ek op WordPress ken. Dan moet jy sewe dinge vertel wat mense nie van jou weet nie…

Dit is baie moeilik!  Oh Lord, it is hard to be humble… My geliefde vrou sê ook ek het al klaar al my geheime uitgelap op my blog.

Kom ons probeer maar in elk geval die sewe skandes/sondes/ sommernet beantwoord…

1. Ek het my alie afgeval op my 50 cc toe ek vir ‘n Suzuki ryer van die buurskool ‘n middelvinger gegooi het in ‘n draai op ‘n nat pad in Standerd 9.  Ek was ‘n groot Honda fan, en ons het nie baie van die buurskole in ons dorp gehou nie…

2. My vrou en dogter sê ek vloek…

3.  Die krapmerke op my motorfiets is van een brandewyntjie te veel op verlede jaar se Poison Rally, en ‘n kol sand… eerste val van 1986 af…

4. Ek het een hele oggend spandeer om tannie Koekie te soek, wat ‘n boodskap gelos het dat ek haar dringend moet help. Dit blyk toe my eie dogter te wees, wat haar broers ‘n poets probeer bak het. Ek  sukkel om stemme te herken op ‘n telefoon…

5. Ek sukkel regtig na al die jare nog steeds om voor mense te praat…

6. Ek kan glad nie pak vir ‘n reis nie, en my vrou weier om dit vir my te doen. Ek het altyd te veel bagasie…

7.  Ek is verskriklik bang vir naalde en hospitale. Na my geboorte was ek net een nag in die hospitaal toe ek 6 was met ‘n gebreekte arm, en toe my verstandtande 4 jaar gelede uitgehaal moes word. Verder vermy ek dokters en naalde so ver ek kan, behalwe dat ek wel bloedskenk…

Ek dink nie ek het naastenby genoeg aangejaag in my lewe om interessant te wees nie!

‘n Baie belangrike vraag ten bate van die nasionale dier van Botswana.

Ek wil net graag die “Poll-” funksie uittoets, en wonder al jare oor die volgende saak- dalk kan jy meer lig op die onderwerp gee met jou eerlike opinie! Kommentaar onder is ook welkom!