Maandagoggende se facebookstatusse…

Ek sit vanoggend gou die rekenaar aan net om seker te maak al my vriende het dit gemaak deur die koue nag. Ysbere loop weer rond en verslind die onverskilliges.  Vanoggend tref dit my: hoe baie motiverende boodskappies my vriende op hulle facebook statusse sit.

Ek het self in my bed gelê en Twitter dat vandag die eerste dag van die res van my lewe is, dalk is dit tyd om vandag iets op ‘n ander manier te probeer doen. Natuurlik in Engels, want ek gebruik my twitter om op hoogte te bly met kerkleiers veral in Amerika, en dan kan hulle soms verstaan wat ek ook probeer sê- goeie ouens soos Lee Strobel en Mike Licona…

Een van die bestes is ‘n sendelingvriend in Swaziland s’n:

The only Christian sport is boxing. It is the only sport where it is more blessed to give than to receive.

‘n Fisioterapeut vriendin in Pretoria:

‘n Onderwyseres van ons dorp:

Give the world the best you have and the best will come back to you!

‘n Medeblogger hier:

‘n Moedelose jong pa in die gemeente: (drie-uur vanoggend)

dis lekker. ek en (my vrou)  gaan maandag begin met 3ure se slaap! (My dogtertjie)  wil nie slaap,net speel!

Oral beleef ek net ons almal probeer moed bymekaar skraap om hierdie week te oorleef. Maandae is maar soos Garfield gesê het- ‘n oorbodige dag in die week.

Hoe lyk jou Maandag, en wat sê jou vriende alles vanoggend?