Baie welkom in Bileam se Donkie se stal! Daar was ‘n tyd toe die profete nie meer geprofeteer het nie, en toe moes die Donkie maar die praatwerk doen, daar in Numeri 22 : 22 in die Goeie Boek. Die beste vraag wat enige donkie nog ooit gevra het, is daar in vers 28.
Hier by my kan jy respek verwag, om anders as ek te dink en te wees. Ek vra net dieselfde- laat my ook toe om myself te wees, en hier te kan sê wat vir my kosbaar is. En verskoon maar, soms hou ek ook van nonsens praat- veral kort voor en na ‘n Kerkraadsvergadering, ‘n Ringsvergadering, ‘n Sinodevergadering en ‘n besoek aan my tandarts.
Bly om jou hier te sien! Polldaddy werk uitsteken op WordPress!
Baie welkom Maankind… lekker om jou ook hier te ken!
Aha, ek sien .. dis soos loop in die donker. Dagsê oom Donkie. Jy het ‘n pragtige blog hier. Geniet jou vertellinge.
Dankie Jagter, ek kuier gereeld daar by joune ook!
Ek probeer altyd ander in hul moedertaal groet. Hoe ek ookal probeer het, het die anamatopee van ‘n donkie se skree my beperkte semantiese vermoëns telkens gesystap.
So, ek sê sommer maar net Hallo oom Bileam, lekker om jou hier te hoor balk.
Baie welkom senings!
Genade, jy het darem laaaaaannk gedink voordat jy my teruggegroet het. Was dit weens ‘n onseker gemoed of al daardie Argus oefening?
🙂 Gister deur my blog geblaai en raakgesien dat ek jou nooit terug gegroet het nie. Jammer- geen bybedoelinge nie!
Toemaar, ek weet! My “baas teen die muur” is myns insiens ook heeltemal te lewendig in sy bewegings…
Wow! Nou het ek lekker gekuier en so hardop gelag dat die huismense kom kyk het wat my so kielie. Ek gaan beslis baie hier kuier.
Baie welkom Jo-Ann, dankie dat jy kom kuier het!
Kyk hierna…. my gunsteling donkies net vir jou… http://picsinpix.wordpress.com/2008/01/30/wonderlike-donkies/