C. Geloof versus Wetenskap?

Daar word baie vyandig gesels in party forums oor die onmoontlikheid om geloof en wetenskap te versoen met mekaar. Sommige ateïste sê alle Christene glo die aarde is plat, 6000 jaar oud, en alles in die Bybel moet ons letterlik verstaan.

Tog is daar ook wetenskaplikes wat op grond van hulle ontdekkings begin glo het in God.

Ek hou nie van die aggressiewe stand van die gesprek op baie van die forums nie. Ek wil nie in strydgesprekke betrokke raak nie. Hier wil ek net bronne deel wat vir my baie help in my eie soeke na die Waarheid.  En volgens my verstaan op die oomblik is wetenskap en geloof regtig nie teenoorgesteldes nie. Hierdie lys is net om soekende mense van nog inligting te voorsien, om uiteindelik jou eie keuses in die lewe te maak.

Boeke (kan gewoonlik baie goedkoop in Amerika gekoop word by http://www.betterworldbooks.com, gratis aflewering! )

  1. Brown, Michael L- 2000; Answering Jewish Objections to Jesus; Grand Rapids, Baker Books ISBN 0-8010-6063-X
    Michael Brown is self ‘n Jood, wat spesialiseer op die Messiaanse profesie in die Ou Testament.   Michael Brown se persoonlike getuienis: https://askdrbrown.org/about-dr-brown/personal-testimony
  2. Collins, Francis S; 2007; The Language of God; Simon & Shuster, Sydney- ISBN 978-1-84739-092-9 Leier van die span wat die menslike genoom (DNA struktuur van die mens) ontsyfer het.  Lees meer oor hom by http://en.wikipedia.org/wiki/Francis_Collins
  3. Mc Grath Alister; 2004;  The Twilight of Atheism; New York, Doubleday ISBN0-35-50062-9  Was eers ‘n dosent in Mikrobiologie, leer die Here ken en word ‘n Teologie Professor, voorheen by Oxford, nou byKings College in Londen.
    http://en.wikipedia.org/wiki/Alister_McGrath
  4. McGrath Allister & Joanna Collicutt McGrath; 2007; The Dawkins Delusion? Atheist Fundamentalism and the Denial of the Divine, Downers Grove, IVP Books (Intervarsity Press Books), ISBN 978-0-8308-3721-2
    ‘n Uitstekende boek vir almal wat Richard Dawkins se God Delusion gelees het, en daardeur laat wonder het oor al die “leuens” van godsdiens.  Luister net na die ander kant van die argument ook!
  5. Mc Dowell, Josh; 2005; Bewyse vir die Christelike geloof; Vereeniging, Christelike Uitgewersmaatskappy. ISBN 1-86829- 996-1  ‘n Dik boek vol baie interessante leesstof oor hoe die Bybel saamgestel is, moontlike foute, en ander vraagstukke wat gereeld as aanvalle teen die kerk gebruik word.  http://en.wikipedia.org/wiki/Josh_McDowell, http://www.josh.org/site/c.ddKDIMNtEqG/b.4023555/k.BE5B/Home.htm
  6. Strobel, Lee; 1998, The Case for Christ, Grand Rapids, Zondervan.  ISBN 978-310-20930-0   Lee Strobel was ‘n ateïs, opgelei as regsgeleerde, en was die Regsjoernalis van die Chicago Tribune. Sy vrou was eerste ‘n gelowige, en hy wou sy regsagtergrond gebruik om haar geloof uit die water uit te blaas met “feite”. Toe blaas die feite hom…
    http://en.wikipedia.org/wiki/Lee_Strobel
  7.  Strobel, Lee; 1997; God’s Outrageous Claims, Grand Rapids, Zondervan ISBN 978-0-310-28577-9
  8.  Strobel, Lee 2007, The Case for the real Jesus; ISBN 978-0-310-24061-7        ‘n Opvolg op The Case for Christ, met nuwe onderhoude met top wetenskaplikes in verskeie velde…

Blogs:

Ander Webwerwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s