1. “… En die GROOTSTE hiervan is die liefde…” 1 Kor 13:13
2. Verhoudinge is baie belangriker as goeters…
3. Ek sal jou met die grootste respek behandel, tot jy vir my wys jy verdien dit nie.
4. As jou horing jou pla, sny hom af en gooi hom van jou af weg… los die renoster s’n uit!!!
5. Jy beledig nie ander bloggers op my blog nie. As jy ‘n probleem met iemand anders het, gaan sorteer dit by hulle blog uit! As jy ‘n probleem met my het, is jy welkom om dit hier te noem. As jy beledigend raak, merk ek jou as SPAM!
Oom Doom, ek het jou hulp nodig! Lees hier en “raas” indien dit geregverdig is. Ek is te onnosel om dit self uit te “figure”. Gaan lees asseblief hier.
http://senings.wordpress.com/2011/12/15/vryheid-van-goeie-maniere/
Ek sien dié een ook nou eers raak, grawe nooit in hierdie bladsye van my blog rond nie!
Ek dink daar is baie ongeskikte mense soos jou voorbeeld, en ek dink dit val in die kategorie van Jesus wat die tempel met ‘n sweep skoongemaak het…
Ons moet ons naaste liefhê, ons hoef nie sulke gedrag van hulle te aanvaar nie.
Ons moet lig in die duisternis wees, en soms dink ek mag ons maar opkom vir die waarheid, en liefdevol dog ferm vir so iemand vertel sy gedrag is totaal onaanvaarbaar.
Baie dankie. Ek slaag net nie altyd daarin om NIE aan die duisternis “oor te gee” nie, en dis wat my kruis swaar maak. Maar die GROOT BOEK sê mos hoeka seëninge is ongeregverdige lyding…
nou maar laat ek injoin in hierdie discussions … klink vir my interessant … 😉
Baie welkom hier Julia!