Genade vir die Verstandelik Gestremdes ook…

 

 

So gebeur dit toe Saterdag dat ek en my geliefde in die Kaap rondwandel na ‘n vriend se heerlike troue Vrydagaand. Ons doen maar die toeriste ding, en gaan Waterfront toe.  Dis mos hier in die Waterfront wat jy gewoonlik Top Gear tipe droomkarre raaksien. Onder in die kelderparkering sien ek hierdie droom Ferrari staan, en ruk dadelik die kamera uit, want my donkievul met my naam geniet ‘n Ferrari enige dag net so baie soos ek… dis darem net so bietjie bo ons vuurmaakplek, verstaan?  Kyk daardie pragtige wiele!

IMG_2495Nog so bietjie nader- kyk daardie fenominale enjin- ek sou darem wat wou gee om een van hulle te kan vat vir ‘n spin! Maar die mense in die winkel lag net as gewone plebs vra…  So stap ek maar verby… en sien toe wat aan die gebeur is… 
IMG_2497

 

 

Hierdie Ferrari behoort aan die man met die Pick ‘n Pay sakkie. En raai- hy het op die Gestremde Parkering gaan stop, dis mos naby Pick ‘n Pay se ingang…  Hy is toe beloon met die dreigende klamp, en hy staan toe woes en stry oor die R250 wat hy nou moet betaal. Shame, wonder waar gaan hy dit kry. Die arme man kan nie lees nie, en nie ver loop nie… ons moenie lelik met die gestremdes wees in onse Suid Afrika nie! IMG_2496

Wat my by die vraag bring: WAT DOEN DIE OU OM SO KAR TE KAN BEKOSTIG???  Seker maar deel van die agtergeblewe Zuma familie?

Nog ‘n stuk ironie… die troue wat ons bygewoon het, was in die pragtige Protea Fire & Ice hotel, waar kamers teen so R1650 ‘n nag begin. Ontbyt gewoonlik uitgesluit, dit kos so R190 per kop vir ontbyt. Ek was op my wittebrood 24 jaar gelede laas in sulke luuksheid, ons het oë toegeknyp en vir een keer in 2 dekades bespreek- dit was ‘n fantastiese vriend se troue…

Die volgende oggend by die ontbyt tafel word ons begroet deur… die EFF Off party se mense. Hulle is baie luiddrugtig daar, en sommiges eet met hulle rooi konstruksiehelmets op… dit kan seker maar gevaarlik raak daar binne…

Wat my net laat wonder oor die ekonomiese vryheid wat hulle so voor suffer- R2000 per nag as jy ontbyt insluit… en daar is maklik 12 van hulle gewees…

Ag, ek is seker net gatvol op die oomblik na die afgelope verkiesing se resultate… ek het regtig gedink Suid Afrika verdien beter… maar dis waarvoor die massas gestem het…

So kom ons wees maar naais met die agtergeblewenes en alles wat hulle al die jare gemis het… dit wat hulle wil hê het ek ook gemis…

 

So aan die begin van die nuwe jaar…

is die Donkie nog maar stil…

En tog is daar so baie, baie dinge aan die gang op die oomblik.

Ek probeer fiks word vir my 20e Argus. EK het nou al die 500 km merk verby gesteek. Maar hierdie is al weer een van daardie weke. Maandag het dit gereën, en ek is soos ‘n kat oor water- hou nie van nat paaie nie, sien nie die pothole nie… Disndag het ek alweer maagmoeilikheid gehad, dit kan gerus nou maar ophou. En vandag reën dit alweer. Ek kla nie, die reën is wonderlik, en bring nuwe lewe (en rus…)…

Vanoggend het ek en my twee kollegas heerlik ontbyt gehad hier in my lapa. Ons het die jaar se Woensdagoggend byeenkomste afgeskop, dis ‘n goeie geleentheid waar ons weekliks saam dink, beplan, bid, grappies maak, preke uitruil, preekbeurte uitruil…

Dis maar net: die jaar begin met so ‘n gejuig, veral volgende week as die skole weer oopmaak. Dan lê daar weer lang, lang dae voor, en baie, baie vergaderings. ‘n Mens kan so vaskyk in die dinge wat ons doen, dat ‘n mens vergeet waarmee jy eintlik besig is.

So sien my vrou gisteraand iets op televisie raak wat sy nie kan wag om met my te deel nie. Een van die karakters vra: Wat sou jy hierdie jaar gedoen het as mislukking nie ‘n moontlikheid was nie? Sy het eers gewag op my antwoord, en toe die tweede deel gesê: “Now go and do it…” (Ek dink nie dit was Bart Simpson nie… dalk Homer?)

Dit het my nogal woes laat dink gisteraand… Wat sou ek regtig wou doen as mislukking nie ‘n moontlikheid was nie?

Ek het ‘n predikant geword, omdat ek gedroom het oor ‘n wêreld van heel verhoudings.  Dalk was ek baie naief as skoolseun, dalk voortvarend. Ek het regtig gehoop ek sou ‘n positiewe verskil kon maak.  Maar soos die ou Chinese omie  eendag gesê het: toe hy klein was, wou hy die wêreld verander. Toe hy groter geword het, wou hy sy land verander. Nog later wou hy sy provinsie verander. In sy middeljare het hy gedink hy sou bly wees as hy sy dorp kon verander. En toe hy aftree, het hy gehoop om homself te verander…

Ek dwaal af (soos jy kan agter kom…). Wat sou ek wou doen as mislukking nie ‘n moontlikheid was nie?

Ek het nie fenominale insig oor die saak gekry nie, veral nie in die bad soos Archimedes nie, ek het nie kaalgat in die straat afgehol en Eureka geskree nie…

Ek het nie groot drome of planne vir 2014 nie.  Ek het nie die moed van ‘n Malala Yousefzai om die hele land en Die Sisteem aan te pak nie. Wie? Daardie meisie van Pakistan wat deur die Taliban in die gesig geskiet is, omdat sy gewaag het om te sê: Meisies moet ook skool toe gaan en ‘n toekoms kan hê… ek was diep beïndruk deur haar storie- I am Malala- kon die boek nie neersit tot ek half een vanoggend hom klaargemaak het nie. Ek wens ek het daardie moed of kapasiteit gehad om verandering te bring. Maar ek het nie…

Al wat ek wil probeer, is om lief te hê.  Ek weet mislukking is sommer ingebou daarin. Maar ek wil probeer…

Dalk is dit genoeg as daar geloof, hoop en liefde êrens soms teenwoordig is. Maar die grootste hiervan, glo ek met my hele wese, is die liefde…

Wat is liefde?

Unexpected- Weekly Photo Challenge

http://dailypost.wordpress.com/2013/11/22/photo-challenge-unexpected/

_MG_1724

When I went to a Game Lodge to conduct a wedding, I was driving along a scenic road across the Lodge. The next moment this Impala ram jumped across the road. It was totally unexpected, I grabbed the camera and shot the photo, but would have loved a second more to focus better! But the moment was beautiful!

Wat se soort mens was Pa?

Ek en my kollegas het gister by ‘n pragtige plek ons stukkie jaarbeplanning gaan doen vir volgende jaar. By dié plek is daar ‘n groot liefde vir antieke meubels en allerhande ander oudhede. Dit is keurig ingespan om die plek ‘n heerlike outydse gevoel te gee.

In die kombuis van die 4 ster gastehuis het ek ‘n antieke advertensie gesien van Burma sous, wat my nogal ernstig laat dink het oor die heelwat ouer geslagte. Was Burma sous ‘n internasionale verskynsel, of was dit ‘n plaaslike produk? Ek weet niks daarvan af nie. Maar kyk hierdie advertensie…

IMG_1546

Kinders was baie bang vir hulle pa’s in die ou dae in ons land. Ek sien die effek daarvan nou nog wanneer ek met die ouer manne in die gemeente praat!  Kinders is gesien en nie gehoor nie, geslaan maar nie vermoor nie…   Wie weet enige iets meer oor Burma Sous?  Daardie pa lyk so bietjie skylie vir my…

Dan ‘n ding wat my gefassineer het. Was dit ‘n antieke vorm van ‘n poloniesnyer? Was daar ooit toe al polonie? Of wat het die mensdom met hierdie pragtige voorwerp aangevang?

IMG_1535 IMG_1538Ja, ons voorouers was goeie mense… maar dalk nie almal nie. Ons voorouers was harde mense, maar gelukkig nie almal nie. Maar die goeters wat hulle destyds gemaak het, lyk of dit die toets van die tyd deurstaan…

IMG_1539So watse ding is dit?

 

Eerie, Weekly Photo Challenge

Weekly Photo Challenge: Eerie

by Cheri Lucas Rowlands on November 1, 2013
Eerie. This word swirled in my head as I explored Merilee Mitchell‘s moody monochrome world in Tuesday’s post on black and white photography. Her reflection shot above, “Ghost Child,” gives me shivers. Look closer, and you’ll see faint evidence in the background of a ghost town — as well as a child, walking mysteriously across the frame.
______________________________________________________________________________________
This is a difficult challenge!  So what do I have in my archives…  Maybe this Rat Bike on the Poison Rally in South Africa is not entirely eerie…
IMG_0714 IMG_0759So I doctored a photo of a part of the Camino de Santiago just a little. Who knows, with a pilgrimage route older than 1000 years, what might be lurking around the next corner?

Vrolike Vrydag

Iemand het die Donkie in die stal vergeet, Moet die dekselse Ruiter wees!

In elk geval, hier is dit nou weer Vrydag- die mooiste dag van die Week. Veral na Gisteraand.

Ons sit gisteraand so in die Hoërskool se saal, en bewonder die talente van die leerders tydens die Kultuuraand. Ons skool het ‘n jonge dame wat “Wrecking Ball” darem baie mooier as Miley sing, en dit met klere aan!  My oudste seun het sy ou vader ook bewoë gehad, want in die een toneelstukkie dans hy galant met ‘n pragtige blondine, en hy het dit so grasieus gedoen, en met soveel respek.

Maar een van die groot oomblikke in die konsert het die natuur voor gesorg. Dit is oom Paul Kruger se verjaardag gewees gister, en dan mag dit begin reën, volgens die spesiale dekreet van die ou Zuid Afrikaansche Republiek van Transvaal.  Amper soos die ander wet van Transvaal.  Dit MOET reën, anders dooi ons. En gisteraand het dit te heerlik gereën.

Ek kon weer met ‘n lied in my hart vanoggend die klein kameratjie gryp, en in die tuin gaan wandel.  Eers vir my tuiningenieur aan die werk sit met al die werkies in my groentetuin wat ek eerder voor betaal as om dit self te doen- soos onkruid uitspit, omspit en dies meer…

Die natuur is weer vars en nuut vanoggend…

IMG_0803

Hmm- ek sal ‘n meer fotovriendelike stal vir die Donkie moet kry… ek hou net so van hierdie ene se uitleg… Enige raad?

IN elk geval- hierdie naweek vat ons die belydenisklas bietjie Bos toe. Ons gaan kamp. Ons gaan nie tande borsel en skeer nie. Ons het nie meer geld om hulle Drakensberge toe te vat nie, maar ek sien nogal baie uit na hierdie naweek saam met die jong klomp. Ons het ‘n paar oulike monstertjies in ons gemeente.  Daar behoort ook lekker foto geleenthede te wees op die plek waarheen ons gaan, ek sien al so uit om weer in die veld te gaan stap met die Kanon.

Ons gaan ook eet… en ekke het so 4 groot varkboude van die Basaar gevat vir die doel. Saterdagaand maak ek vir die kiddies lekker gerookte varkboude in my Weber. Enige voorstelle om dit nog lekkerder te maak?

So, liewe getroue 3 lesers- Die Donkie Leef…   Dankie vir jou kuier hier. Kom ons skink nog ‘n koppie moerkoffie…

IMG_0805