Drome wat nie uitwerk nie

Dit was nou vanoggend baie hartseer om van die ballon ongeluk in New Zealand te hoor. Vyf egpare het by ‘n Bucket List tipe ervaring uitgekom.  Dis selfs op my Bucket List- ek kan aan min dinge so romanties dink as om saam met my geliefde en ‘n bottel sjampanje so geruisloos in die oggendmis rond te sweef. Verkieslik oor ‘n wildtuin, waar ‘n mens die dieremanewales so uit die lug kan aanskou en jou verwonder oor hierdie hoek van sig.  Nou vyf egpare het opgestyg op so ‘n droom ervaring in ‘n ballon… daar by Wairarapa.  Nou kyk, my vlieëniervriende het ‘n spreekwoord: “You do’nt have to take off, but you need to land- every time… ” Ek kan my net indink- die een oomblik is dit nog die ervaring van ‘n leeftyd. En dan skielik kom die kragdrade nader, en almal eers versigtig, en dan met al groter paniek, na die gevaar kyk. En dan die absolute skok as daar gesien word dat die ongeluk nie kan vermy word nie. In ‘n ballon gebeur alles seker in elk geval in “slow motion…” Ek dink net Bucket List items is nie veronderstel om jou aan te help om die emmer te skop nie.

 

Nog  ‘n droom is besig om tot ‘n einde te kom. Ja, ons heteroseksuele manne hou baie van borste. En ongelukkig het die Playboy Mansion en Baywatch ons idee van wat mooi borste is, redelik beïnvloed. Baie manne se idee van ideaal is nou daardie groot, koeëlronde mensgemaakte aanhansel A en B, in grote DD. Nou kyk, so rukkie terug moes Toyota in Amerika miljoene karre terugroep, daar was ‘n foutjie wat die kar aan die brand kon laat slaan. Dit kan ‘n mens nog hanteer…

Dink jou nou net in: Dr 90210 skakel jou persoonlik. Uhm, Meneer, daardie Kersgeskenkie wat jy vir mevrou gegee het- jy weet, die speelgoed wat jy ook so geniet-  daar is ‘n fabrieksfout op hulle… ons moet hulle terugroep. Dis nou ‘n gatslag vir enige man- as sy vrou se borste teruggeneem word! Die Franse het eerste daarmee begin, en nou volg die Duitsers hulle voorbeeld. Dit lyk vir my iemand het weer lekker geld gespaar. In plaas van mediese graad silikoon is daar sommer gewone industriële silikoon gebruik, glo die soort wat in matrasse gebruik word.  En al lyk die resultaat ewe pragtig, is dit nie goed vir die draer daarvan as dit lek nie…  Kyk bietjie mooi daar in die BBC artikel- hulle lek makliker, en dit gaan nou deur ‘n magistraat ondersoek word. Ek wonder hoe?

Daar is 300 000 ongelukkige manne in 65 lande wat hulle vrouens moet terugneem fabriek toe… Van volronde volmaaktheid af  gaan dit hulle nou skielik weer teen die bors stuit…

 

Die hele aangeleentheid het my ook al laat wonder. Wat maak die mediese mense as die dame wel die implantate ontvang het, maar nie ten volle klaar betaal nie? Stuur hulle die balju om te kom “reposess”? Is dit ook iets wat op ‘n veiling vir bank teruggeneemde bates kan beland?

 

Miskien is daardie kwaai omie van die Windhoek advertensie tog maar reg- Keep it real! And remember- we are watching…

12 thoughts on “Drome wat nie uitwerk nie

  1. Sover ek weet werk alle plastiese sjirurge net vir cash en kontant. Met die gevolg dat die ontvanger van die nuwe borste ‘n groot kans vat indien iets sou skeefloop met die operasie. My dogter het ‘n goeie vriendin wat eerder nou haar eie kleiner borste sou wou teruggehad het as die mismaaksels waarmee sy nou sit nadat ‘n gewetenlose plastiese sjirurg aan haar gewerk het.

    • So baie hartseer omdat ons manne ‘n hollywood idee het van wat ‘n mooi bors is! So ruk terug op Carte Blanche gesien hoe skeef daardie operasie kan loop, en ek dink nie dis die risiko werd nie. Maar daar is seker maar baie mense wat liggaamsbeeld issues het, wat daarby kan baat. Ek veroordeel dit glad nie, ek dink net ons standaarde van mooi is baie skeef!

  2. Ek sit in Rome en ‘surf’ nou maar die laaste van my internet krediet hier op die skip se komper op terwyl ons wag vir die groen lig om af te klim. Ek is briesend vir die klomp Italianers van MSC Cruises, so wou net dankie se dat jy my nou weer lekker kon laat lag vanoggend. Hartseer van die balon insident maar jou stukkie oor die ‘re-calls’ is briljant geskryf – soos altyd. Hier in Europa is dit elke dag op CNN en BBC – almal baklei hier oor wie gaan betaal vir die uithaal van die beskadigde ware. Soos die Engelsman se – what next?!

  3. Ek verstaan dat mens die beste van jouself moet maak, maar GEEN mooimaakmes sal my lyf / gesig ooit raak nie, dankie. Mens kan jouself oppas en mooi lyk sonder om orals stukke weg te sny of by te las. Oefen genoeg, eet gesond en aanvaar jouself. Die enigste uitsondering is waar ‘n vrou met onnodige groot borste, wat medies probleme veroorsaak, dit laat kleiner maak.

    • Dis hoe ek die ding ook sien! Ja, daar is uitsonderings, daar is herstel na ‘n mastektomie, en gevalle waar die grootte regtig ‘n vrou se selfbeeld lelik kan seermaak. Maar die meeste dink ek is sommer net onnodig- eg is altyd beter as plastiek, dink ekke…

  4. Wat noem ‘n mens hierdie siekte wat die mensdom deesdae het – als moet die grootste beste beterste grandste wees. Die ding dat jou selfbeeld afhang van hoe groot jou swembad, of jy die beste model kar of fiets of rekenaar het, myne is tog beter as joune…. ongelukkig werk dit nie, want net more het iemand anders weer iets beter ontdek… ai

  5. Hmmm

    Ek weet dit was nie jou plan nie, maar nou laat jy my dink aan die psige van borsimplantings. Is daar REGTIG 300 000 vroue wat gaan instem net omdat dit hulle mans se droom is? Hulle is dan seker baie lief vir die drommels. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s