Op hierdie koue dag…

  •  is ek wakker gebel deur die Ouetehuis- die dame oor wie ek verlede week geskrywe het in “Die prys van die liefde” is nou baie na aan die einde van haar lewenspad. Sy het verlede week bietjie opgeflikker na al haar kinders daar was en haar gevra het om nog so bietjie te baklei teen die naderende einde. SY is nou moeg baklei…
  •  vertel jongkollega ons van sy nuwe status op facebook- hy is nie meer “single”nie maar in ‘n “relationship”… Hou dop, ek glo ons gaan die nuwe liefde in die Olimpiese spele van 2016 in Rio sien- hou dames padfietsry dop, sy is VINNIG!
  • moet ek ‘n pa van vier dogters gaan begrawe- een se man is nou al self  30 dae in die Intensiewe sorg eenheid van Pietersburg se Provinsiale hospitaal- die siek skoonseun is nou maar 39 en dodelik siek na ‘n maagsweer begin bloei het, verkeerd deur die Kubaan behandel is, en septisemia opgedoen het wat sy organe aanval.
  •  gaan my dogter Oppikoppi toe en in ‘n tent bly terwyl sy nog nie gesond is nie, en nie vir haar bejaarde vader wil luister nie…
  • Is ‘n baie goeie vriendin uit die Kaap uit in ons dorp, en hoop ek ons kan vandag na al die hartseer gebeure lekker kuier.
  • Begin my vrou en kinders se langnaweek, ek is aan diens vir die naweek.
  •  Val die sneeu op die dorpe rondom ons, maar steeds nie by ons nie. En my vrou het nog nooit self sneeu beleef nie.
  •  Moet my twee hoërskoolseuns begin leer vir Maandag se toetsreeks, hulle albei se gemiddelde lê rondom 42%. Hoe de hel kry ‘n mens ‘n hoërskoolseun om oor ‘n langnaweek te leer?
  • Eintlik maar ‘n doodgewone dag in die lewe van die plattelandse predikant…

Die kennisgewingbord in ons kombuis sê gewoonlik hoe die gesin voel…

5 thoughts on “Op hierdie koue dag…

  1. ” Heart is where the Home is ” en dit klink vir my of hierdie huis sin Warm klop ~ ten spyte van die koue….. Waardeer elke oomblik intens!
    Soos in ‘n Jonkwees-Olimpiese-hoogtepunt-“relationship” status- update oomblik, beweeg almal van ons nader aan òns wenstreep!
    Koester die familie saamwees tye, gee maar die 2 Seuns bietjie meer as gewone “af-tye” vir die lekker langnaweek! Soos blits is hulle uit die huis, begin hulle eie pad stap, en veral ons seuns, wat ‘bietjie’ verder beweeg….na die skoonmense se kant (“,) ~ en soos myne wat al 13 jaar in Londen woon….. Die verlang toe àlmal nog in die huis was, is onbeskryflk groot….
    Wil net gou die staaltjie vertel:
    Met my Seun se eerste kuier na ‘n jaar in Londen, kom daar vroeg een aand die vreèslikste luide musiek uit sy kamer, die kamerdeur wat ‘n glas-paneel bo het, tril soos iets in ‘n aarbewing, my oorlede man wou dit eers gaan stilmaak, maar draai terug, glimlag en sê: “ek sal liewers nìks sê nie! – hy is by die huis!, daar kom weer lewe uit ‘n eens stil kamer, en ek sal maar môre vir hom vra om vir my te probeèr verduidelik hoekom musiek sò hard moet wees, en/of die geblyery in Londen hom doof gemaak het..”

    Ns: Pretoria is ook bibber koud….

  2. Geniet elke oomblik van pa-wees en ja gee so bietjie ‘slack’ hierdie lang naweek. Sterkte met die ‘aan diens’ hierdie naweek – glo dit gaan rustig wees.

  3. ai jai jai – die dinge van die lewe ne.

    het gesmile toe jy praat van die tieners – my stiefseun is nou by ons vir ‘n paar dae en hy het sy notas vir sy assignment by sy ma se huis gelos …

    sterkte met die ander swaar goed waarmee julle moet deel … 😦

Lewer kommentaar