Die jagtog…

Ek weet, ek weet, dis ‘n baie sensitiewe saak in ons samelewing. Ek verstaan dit eintlik glad nie, want ons is volgens alle misdaadstatistieke in elk geval die mees geweldadige nasie op die derde planeet rondom Sol. Volgens die Hitchhikers Guide to the Universe kan die Vogons dalk so bietjie erger wees as Suid- Afrikaners, synde dat hulle eendag ons planeet gaan sloop om ‘n intersterlike hoofweg te bou, maar dit lê nog in die toekoms. Ek gaan dit in elk geval waag en weer skryf oor my laaste jagtog.

Nou kyk, jag is ‘n ding waarvoor jy deeglik moet beplan.

In die natuur het die prooi meestal al die sensoriese voordele bo die Regoplopende Aap met Probleme (Ramp). Hulle sien meestal beter. Sommiges hoor beter, omtrent almal ruik beter, ek weet nou nie of hulle beter kan proe nie, ons het immers Masterchef uitgevind… En die meeste teel ook beter as ons… maar dis ‘n ander storie, nie vir sensitiewe kykers nie, netnou rate hulle my blog as “adult content”- o nee wag, dis blogger…

Om te gaan jag moet jy baie goed voorberei. Dis verkieslik om vir ‘n paar dae nie meer te bad, te skeer of tande te borsel nie. Die prooi kan jou mos ruik, sien. Kleredrag is uiters belangrik. Camo’s werk eintlik glad nie, om een of ander rede kan hulle die kleur blou nie sien nie. So kry vir jou ‘n Johnson’s overall by die Koöperasie, die soort wat mekeniks geniet, die een met die broek en die baadjie wat jou bierpens so mooi laat uithang. Skoene is baie belangrik, anders hoor hulle jou ver aankom. Ek vind dat die wit gumboots wat in melkerye en slaghuise gebruik word, se sole die minste geraas maak, dis juis rubbersole om nie te gly in die bloed nie…  Omdat jag gewoonlik in gevaarlike terrein plaasvind, is dit ook wenslik om ‘n hardehoed te dra, die soort wat op die boupersele gebruik word, is perfek. Onthou net om ‘n blou ene te koop, dan kan jy hom ook dra by die Bulle en die Titans se wedstryde.  En die prooi kan jou nie sien nie, sien?

Wanneer jy op die jagtog vertrek, is daar ‘n paar goeters wat die jag aansienlik vergemaklik.  ‘n Man kan dors word langs die pad. Dis hoekom jy by jou plaaslike sportwinkel twee fietsrywaterbottels moet koop, kompleet met die brackets waarin dit kom.  Die fiets is opsioneel ekstra, maar watter aap gaan jag nou met ‘n fiets? En as jy met ‘n fiets wil gaan jag, het jy ‘n fietsrybroek nodig wat keer dat jy nie deurskuur “chafe” nie.  Kan jy dink wat gaan ander jagters sê as jy met ‘n fietsrybroek opdaag by die jagveld? Los die fiets, in hemelsnaam! MAar die waterbottels en die brackets is baie belangrik. Hierdie twee brackets pop rivet jy bo-op die blou hardehoed vas. Luister nou mooi, want hierdie moet ek fluister. Gaan vanaand na jou buurman se tuin toe. Sny so 2 stukke van ongeveer 1 meter elk uit sy tuinslang uit. Maar sny dit in die middel uit, want die kante het dalk net in hondebolle gelê. Die middel is gewoonlik veilig en higiënies.  Ek hoef dit seker nie hardop te sê nie: moenie dat hy jou sien nie!  Anders gaan hy dalk net biltong verwag. Moenie dat hy jou sien nie, dis veiliger…

Jy neem nou die twee waterbottels, en die boor wat jy twee jaar gelede by die ander buurman geleen het vir die middag, en dan boor jy ‘n 12 mm gaatjie in elke fietsrywaterbottel. Dis nou nadat jy die oorspronklike tepel uit hom uitgetrek het, jy vergroot basies net die gat. Hoekom soveel moeite? As jy jag moet jou hande los wees, domkop! Wapenbeheer! Jy druk nou die een kant van die tuinslang in tot onder. Dan vul jy die linkerkantste een met Klipdrift. Die regterkantste een met Coke. EN dan neem jy silikon seëlaar en seël die tuinslang mooi vas in die gat in die waterbottel.  As jy nou fensie wil wees, dan kry jy by die tuinwinkel een van daardie fittings wat een tuinslang in twee laat verdeel. Dit werk nou net andersom- twee tuinslange word een- sit nog so klein stukkie tuinslang aan die een kant- as jy daar suig, gaan jy dan brêndie en Coke kry, jy hoef dit nie eers te gaan skink nie. Plaas dit alles op jou hardehoed.

Melkstewels, Johnsons oorpak, hardehoed met brêndie en Coke- nou is jy geklee vir die jag. Amper vergeet ek- los maar die onderbroek uit- hy kan jou dalk ook net deurskuur, en as ‘n man jag, moet daar so min as moontlik irritasies wees wat jou verhinder om by jou einddoel seëvierend te arriveer. Maar dis net kleredrag. Nou het jy bykomstighede nodig: jy moet ‘n skerp mes saamneem. Elke jagter weet hoekom, ter wille van sensitiewe lesers sal ek nie uitbrei nie. Maak hom met sy skede vas aan jou belt. Dan ‘n flits- ‘n mynwerkerslamp op jou hardehoed hou ook jou hande los as dit ‘n nagjag is, soos hierdie een wat ek probeer uitkom by om die storie van te vertel. ‘n Lamp is baie belangrik, want hulle sien baie beter as jy in die donker. In jou gatsak moet jy ‘n halwe rol toiletpapier sit, Haal net die rolletjie uit, dan druk hy plat. Hoekom? Ag kom nou! Wil jy eerder ‘n doringtak gebruik?  Ek beveel ook daardie pienk pilletjies van my vrou aan om saam te neem- daardie wat sy drink as ek haar so opstress. Hulle werk soos betablokkers, en maak dat jy nie so bewe as jy aanlê nie. Dit help baie om ‘n “steady hand” te hê as jy jag. En as jy van nature senuweeagtig raak as jy jag, is pienk pilletjies noodsaaklik. Gaan sien jou apteker of die kinders by die skool se vriendelike drugdealer.

Wat is daar nog? Wapens! O hemel tog, jy moenie wapens vergeet nie. Behalwe as jy nou regtig die prooi kaalhande wil aanpak, maar sedert die eerste mens die eerste boomtak afgebreek het, doen ons dit nie meer so nie. Jou keuse van wapems  hang natuurlik baie af van die prooi wat jy moet gaan aanpak. Gaan na die winkels toe wat hierdie goeters verkoop, hulle sal jou baie beter as ek kan inlig oor wat die beste stopkrag gaan hê vir jou prooi.

Nou uiteindelik: die JAgtog. Skies ek het so gedraai om by die punt uit te kom, ek was net bang iemand gaan probeer dit tuis herhaal sonder om deeglik voorbereid te wees. Ek sal so sleg voel as jy seerkry omdat jy nie reg voorbereid was nie.

Dit was gisteraand 11 uur. Ek het eers Hemelvaart meditatiewe nagmaal gehou van 18h00- 21h00. Dit was pragtig- die rustige musiek, die mooi aanbieding op Powerpoint, en al die mense wat… ekskuus- die Jagtog.  Sorry! Ek het seker nog steeds ADHD. My graad 2 juffrou het altyd gesê…

Die jagtog. Gisteraand was ek uiteindelik aangetrek vir die jag. Ek het presies geweet watter prooi vir my wag. Ek het die nodige wapentuig gaan aankoop, en die toepaslike klere aangetrek, Ek het vir dae lank nie geskeer of tande geborsel nie- is dit hoekom almal by die nagmaal my so skeef aangekyk het?  Maar ek wou nie hê hulle moet my ruik nie. Ek het die jagveld saggies bekruip, in pikdonkerte- ek wou nie hê hulle moet my sien nie. Die wit gumboots se rooi rubbersole was geruisloos, hulle het my nie gehoor nie. Hulle het my verseker ook nie geproe nie.  Dit was mens teen dier, die oudste stryd , sintuig teen sintuig, instink teen instink. Saggies, o so saggies het ek nader gekruip, wapen gereed, tot ek in trefafstand was.

O ja, op hierdie punt moet ek net ietsie sê oor snellerbeheer. Jy moet nooit ‘n sneller trek nie, dan is jy dadelik van teiken af. Jy moet stadig, egalig druk toepas met die voorvinger.  Wanneer die wapen afgaan, moet dit jou eintlik verbaas. Asemhaling op hierdie punt is krities belangrik. Ek vind dit help om diep asem in te trek, ‘n oomblik vas te hou, en dan stadig uit te blaas. Halfpad deur die uitblaas behoort jou vinger instinktief die sneller te aktiveer om sy werk te doen.

Daar was ek toe, na ‘n baie sagte, netjiese benadering tot die jagterrein. Ek het windaf bekruip, dat hulle my nie hoor nie, tot ek in trefafstand was. Toe het ek die mynlampie vinnig aangeskakel, aangelê, en sewe van hulle uitgehaal!

En dit, liewe vriende, is die storie van die sewe kakkerlakke wat ek gisteraand in die kombuis uitgehaal het met die blikkie Doom. ..

Resep vir kakkerlakbiltong, vir as die buurman jou gevang het: Ekskuus dis in Engels…

Ingredients needed:

  • Cockroaches- as much as needed
  • Rock Salt
  • Coarse Ground Black Pepper
  • Coarse Ground Coriander
  • Vinegar (preferably Apple-Cider vinegar)

First, be sure to sterilize all your hooks, knives, and working surfaces by washing well in hot water and soap.

Get some half-inch thick strips of Cockroach. Make sure it’s cut with the grain. The pieces should be about 6 inches long. Liberally sprinkle rock-salt on each side of the pieces of meat and let them stand for an hour. The longer you let it stand the saltier it will become.

After the hour, scrape off all the excess salt with a knife (don’t soak it in water!). Then get some vinegar – preferably apple-cider vinegar, but any vinegar will do. Put some vinegar in a bowl and brush (do not dip) the strips of meat with the vinegar – just so that the meat is covered in the vinegar. Hold the biltong up so that the excess vinegar drips off.

Then sprinkle ground pepper and ground coriander over the meat on all sides.

If you want that special tasting biltong which you remember from back home, then you may like to try the special spice mixtures used by South African butchers which is available from our online store (UK only) at http://www.biltongbox.com/shop/. These spice mixtures give excellent and consistant results with no salting necessary – just sprinkle the spice on, and hang.

Once you have done this, the meat is ready to dry. There are several methods of drying. One is to hang it up on a line in a cool place and have a fan blow on it. This method is a bit difficult because if the air is humid the meat can spoil. The method I use is a home-made ‘Biltong Box’. This is basically a sealed wooden box (you can use cardboard if you like) with holes in it and a 60w lightbulb inside. Just hang the meat at the top of the box, and leave the lightbulb on at the bottom. The heat from the lightbulb helps dry the meat (even in humid weather) in about 3-4 days. Remember, the box must be closed on all 6 sides except for a few holes (as per the diagram below). The whole theory behind this method is that hot dry air rises thus drying the biltong. The holes are quite important as they promote good air circulation in the box.

Ter wille van deursigtigheid moet ek net noem dat daar ongemerk produkplasing plaasgevind het in hierdie blog. Dit is geborg deur onder andere Klipdrift, die Coca Cola Botteling Company, Johnsons Workwear, Doom, daardie ouens wat wit gumboots met rooi rubbersole maak (hulle borgskap wys nog nie op my bankrekening nie, daarom word hulle naam weerhou)  en Biltongbox.

Ek gee graag ook erkenning aan die Biltongbox vir hierdie uitstekende resep, gaan probeer dit gerus tuis. Indien kakkerlak nie genoeg is nie, kan in ekstreme gevalle bees of wildsbok probeer word as alternatief.

9 thoughts on “Die jagtog…

  1. Doom Donkie skiet hulle morsdoodvrek met Target! So was daar darem ‘n Roland Word trofee tussen die spul?

    Sommer so ter aansluiting:
    – Die mynhelm help ook sommer om jou noggin te beskerm teen trauma sou jy steier en val as gevolg van ‘n oordosering uit die fietsrybottels.
    – Moet nooit gaan jag saam met ‘n ou wat sy helmkroeg volmaak met Red Heart en Raspberry koeldrank nie
    – Maak seker jy “point” jou wapen in die regte rigting. Veral in die donker. Target brand jou oë vreeslik en nie eers brannas en couk kan daai smaak uit jou mond was nie.
    – Voor jy ‘n blou Johnsons speelpakkie aantrek, vergewis jouself eers of daar nie ander manne in die jaggroepie is wat onlangs ‘n sleg ervaring met ‘n mekaniek gehad het en moontlik ‘n wrok koester nie. “Ongelukke” gebeur
    – En heel belangrikste, maak seker jou skietgoed is gelaai as jy aanlê. Niks soos die klik van slagdoppie op ‘n leë patroonkamer/blikkie om jou dag op te voeter nie.
    – O wag, daar is nog een. Wanneer die wild die klik van jou ongelaaide wapen hoor en besluit om te storm eerder as weg te hardloop, gee altyd eers een tree sywaarts voor jy omdraai om te hardloop. Selfs met gumboots kan jy steeds in jou eie stront gly. En onthou, as jy gil soos ‘n dogtertjie verloor jy spoed.

    Happy hunting!

      • Klink vir my na ‘n gawe idee, maar jy gee nie om as ek eerder maar net cammo’s dra nie? Na die moeilikheid met moutergoeters die laaste ruk weet ek nie hoe jy oor ouens met blou oorpakke voel nie. Mamma het boonop gesê as ek nou weer met ‘n skiet-of meswond bloed op haar skoon vloere kom mors gaan sy my iets aandoen . . . en vir haar is ek bang!

        En terwyl ek nou poog om my vel heel genoeg te hou sodat ek ‘n canoe kan word: Roland Word is natuurlik niks anders as ‘n Roland Ward nie. Honest mistake, Truesbob. Moet asseblief nie skiet nie…
        Die klikgeluid is natuurlik van die slagpen, en nie die slagdoppie nie, en dit sal nog steeds jou dag opfoeter…gespel met ‘n kierrietjie ef … net soos in fok. Maar hou nou op om my uit te vra daaroor, ek het mos gesê ek wil nie oor daai dag praat nie.

        As julle my nou sal verskoon, ek moet my leeuloop gaan oefen saam met my secret weapon: Die luiperdsluip

        • Dis nie ‘n goeie idee om hierdie post en julle 2 se comments te lees terwyl ek in training is nie.
          Bo-en-behalwe die mond vol koffie oor die laptop se skerm en keyboard, giggel ek onbeheerbaar en is bloedrooi in die gesig (soos giggel in die kerk – dit word net al hoe snaakser hoe meer mense vir jou kyk, en jy kan nie ophou nie).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s